NUUTSTE BYDRAES

LEEF EK MET CHRISTUS?

Hannes Ollewagen

Titus 2:11-3:11

“Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het – nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.” (:4-7).

Ons leef in ‘n samelewing waarin mense amper verleer het om verantwoordelikheid vir hul eie optrede te aanvaar.  Mense sal verskonings en verwyte uitdink oor waarom hulle in slegte omstandighede verkeer, maar weinig sal erken dat dit as gevolg van hul eie optrede en besluite is.  Dit is makliker om die verskoning van moeilike kinderomstandighede te gebruik om ‘n lewe van verslawing te probeer regverdig as wat dit is om daarteen te veg en die mag van die bose te oorwin.   Dit is maklik om  kollega’s en werkgewers te blameer vir jou finansiële verknorsing terwyl jy gedurig na geleentheid soek om nie deur harde arbeid jou brood te verdien nie.  Dit is makliker om die skuld vir jou verkeerde optrede en gedrag op ander te plaas en die fout by ander te soek om sodoende jouself te verontskuldig en jou persoonlike verantwoordelikheid te probeer ontduik.

Die maklike uitweg, is selde die regte uitweg.  Die maklike uitweg kry jou dalk uit die onmiddellike spervuur, maar laat jou meestal in ‘n groter verknorsing beland waar jy weer sal moet bontstaan om verskonings uit te dink om jouself te verplaas na ‘n ander plek waar jy kort-voor-lank weer op hete-kole gaan staan.  Dit is egter heeltemal onnodig om jou lewe soos ‘n voortvlugtige te leef deur op die vlug te slaan vir jou omstandighede en probleme.  Die antwoord lê daarin dat jy vrede sluit met jou Skepper en die geskenk van saligheid uit sy Hand sal aanneem.  Dit is nie nodig dat jy jou hele lewe prysgee om ‘n sendeling in Afrika te word en daar te gaan soek na die geskenk wat Hy bied nie.  Inteendeel, daar is niks wat jy kan doen wat verdienste aanbetref om hierdie geskenk te verdien nie, maar die keuse is egter of jy dit wil aanvaar of nie.

Die reddende genade wat aan die mense bewys is deur die versoening wat Jesus Christus vir elke ware gelowige bewerk het op Gólgota, word jou onverdienstelik aangebied.  Dit is egter nodig dat jy jou hand sal uitsteek om dit te neem.  Dit is nodig dat jy daadwerklik in jou lewe sal ondersoek instel of jy werklik wedergebore is in Jesus Christus of nie?  Dit is van kardinale belang om doodeerlik te wees met uself in die beantwoording van laasgenoemde vraag, want , onthou! :  daar is inderdaad ‘n verskil daartussen om van Jesus Christus te weet en om Hom waarlik te ken.  Onthou tot watter ontnugtering Nikodémus moes gekom het onder Jesus se Woorde in Johannes 3:10: ”Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?”  Ons kyk ook na Jesus se Woorde in vers 3 van dieselfde hoofstuk :  “Jesus antwoord en sê vir hom:  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”  Laasgenoemde teksvers bevestig vir ons dat hierdie vraag, antwoord en keuse wat elke individu vir homself moet maak, met die hoogste eerlikheid en diepste selfsondersoek gemaak moet word om te verseker dat jy jouself nie misgis met die ware stand van sake in hierdie verband nie. Hierdie is ‘n saak van die hoogste erns, aangesien daar dalk nie ‘n kans is vir regstelling op ‘n latere stadium nie.

Daar is soveel mense wat hulself as Christene beskou, maar tog is hul eie eer en heerlikheid  vir hul van groter belang as die eer van God en Christus.  Die Afrikanervolk is byvoorbeeld ook as ‘n Christenvolk gekenmerk, maar ons eie eer en tradisie is verhef bo ons God se eer en in die proses het ons vergeet dat ons sy volk en eiendom is, aangesien die klem te hard daarop geval het dat Hy mos ONS God is wat ons eintlik maar kan voorskryf soos wat ons Hom nodig het.  Ons het vergeet dat ons deur Hom in die lewe geroep is as ‘n volk om sy eer en deugde te verkondig en ywerig in goeie werke voor Hom te leef.  Ons het vergeet dat ons veronderstel is om dood te wees vir die wêreldse begeerlikhede en sinsgenot en lewendig moet wees om ywerig vir Hom te leef om saam te bou aan God's huis en koninkryk hier benede, soos wat ons plegtig beloof het.

Ons lees in 2 Tim. 2:13: ”As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie. ”  Wanneer ons hierdie woorde lees, word mens eintlik skaam as ons dink aan ons lewenswandel voor Hom.  Ons besef hoedat Hy die reg in stand hou en dat katastrofies sou wees as Hy maar sou toegee soos wat ons as sondige mense toenemend afvallig en sondig raak.  Hy is egter getrou en daarom bly Hy onbeweeglik  staan om in sy trou - menigmaal met sware straf en tug - ons tot inkeer te dwing wanneer ons nie vrywillig tot inkeer wil kom nie.  Hierdie is mos ware liefde – dit is ware trou, want as Hy sy standaarde sou verslap en verlaag het, sou dit veroorsaak het dat ons verder en verder kon wegsink in ellende.  Hy verlaag egter nie sy standaard nie, maar tree in goedertierendheid en trou tot ons beswil op deur ons in liefde te dryf tot die hoogtes waar Hy graag wil hê dat ons moet beweeg – sou ons tog maar net in gehoorsaamheid sy leiding volg.

Dit is vir ons so maklik om volgens God se riglyne te leef wanneer dit vir ons gerieflik is.  Ek kan my beginsels maklik by die kerk en in my huisgesin uitleef, want die mense hier voel immers soos ek en praat ook soos ek.  Inteendeel, ek kan dalk vir myself ‘n lang sedepreek op die hals haal wanneer ek op hierdie terreine anders as Christelik optree.  Die toets van opregtheid kom egter daarby in of ek bereid is om op elke lewensterrein ‘n getroue dienskneg vir my Heer te wees.  Ons lees maklik met ‘n hofvaardige houdig van Petrus se verloëning van Christus en dink hoe gemeen dit van hom was om skaam te wees om te moes erken dat Hy ‘n volgeling van Christus was.  Dit is seker waar, maar doen ons nie menigmaal dieselfde nie?  Bevind jy en ek nie onsself ook somtyds in situasies en op lewensterreine waar ons ook te skaam is om openlik en opreg te erken dat ons volgelinge van Christus is nie?

Dit is van uiterste belang dat ons weereens sal ag gee op die wekroep om in waarheid ons eie lewens in oënskou te neem om vas te stel wat die ware verhouding van myself met Jesus Christus is – Weet ek van Hom, of ken ek Hom regtig?  Kan ek met versekering sê dat ek met Hom gesterf het en van daardie oomblik af met Hom lewe of is ek nog besig om op die wêreld se dwaalweë te soek na die weg van die lewe?

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2625 gaste aanlyn