NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons sê dat ons magteloos is teen die onreg, pyn en kwaad in die wêreld. Gebed is 'n magtige wapen wat God sy kinders gegee het om in so 'n wêreld te oorleef.

DIE ROTS WAARUIT ONS GEKAP IS

Hannes Ollewagen

Jesaja 51:1-16

“LUISTER na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.  Aanskou Abraham, julle vader, en Sara, wat julle gebaar het; want as eenling het Ek hom geroep en hom geseën en hom vermenigvuldig.” (:1&2).

Onthou ons nog die rots waaruit ons gekap is?  Ons moet dalk terugdink sover as die begin om te onthou dat die mens geskape is na die beeld van God.  “En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.” (Gen. 1:27).  Ons moet dink hoedat God die mensdom vernietig het deur die sondvloed, maar deur sy genade agt siele in die lewe gehou het.  Ons moet dink hoedat God aan Abraham se nageslag in Egipte gedink het en hulle deur ‘n sterke Hand uit slawerny verlos het.  Ons moet dink hoedat God hierdie verloste volk deur die see laat trek het op droë grond en hulle vir veertig jaar in die woestyn onderhou het.

Ons dink terug hoedat die volk van God in die OT gedurig van Hom afvallig geword het, maar wanneer hulle ellende hul begin verteer het, hul weer na Hom gewend het en beloof het om Hom getrou te dien.  Wanneer die swaarkry vergete was, het die volk Israel maar weer teen God gesondig en van hulle voornemens om Hom getrou te dien, vergeet.  Hierdie verskynsel het homself telkens herhaal totdat God ‘n finale oordeel oor Israel en Juda uitgespreek het en hulle oor die aarde heen versprei is omdat hulle nie instaat was om Hom getrou in liefde te dien nie.

Ons dink terug aan sy ontferming deur die volmaakte Koning vir sy volk na die aarde te stuur wat alle gelowiges in Hom kom verlos het van die mag van sonde.  Ons dink hoedat Hy ‘n vlekkelose lewe gelei het en vir ons die voorbeeld gestel het om ‘n lewe van geregtigheid te lei.  Ons dink hoedat Hy, sy vlekkelose lewe ten spyt, deur die wêreld verag en aan ‘n vloekhout vasgenael is om daarna selfs die mag van die dood te oorwin en op te vaar na die hemel waar sy troon gevestig is.

Ons dink op eie bodem hoedat God in sy voorsieningheid die Evangelie van Jesus Christus (die volmaakte Koning) van vernietiging gered het uit Europa en ‘n klein groepie mense aan die suidpunt van Afrika kom vestig het om hierdie hierdie Evangelie in die lewe te hou.  Ons dink op eie bodem aan die Bloedrivier-wonderwerk en roemryke geskiedenis van die Afrikanervolk as draer van die Christendom as ‘n lig vir die nasies om die deugde van Hom in ons midde te kon verkondig. . .

Dit is ons gedagtes aan hierdie wonders uit die verlede wat ons harte vinniger laat klop en vir ons laat voel asof ons ‘n bestaansreg het hier op aarde.  Dit is die gedagtenis aan ons geskiedenis, wat ons herrinner aan ons roeping en doel, wat ons nie laat skuldig voel oor onsself nie, maar laat hoop op die krag en genade, goedertierenheid en verlossing van ons God.  Dit is die herrinering aan ons oorsprong, wat ons herrinner dat ons ‘n verdere eindbestemming as net môre en volgende week en volgende jaar het.  Dit is die besef en fokus op ons werklike eindbestemming wat ons laat besef dat ons ‘n verantwoordelikheid teenoor God hier benede het om na te kom.

Is dit nie hartseer hoeveel mense reken dat jou geskiedenis van geen belang is nie?  Mense reken verkeerdelik dat geskiedenis dinge is wat gebeur en afgehandel is en geen verdere invloed op jou lewe kan uitoefen nie en derhalwe vergeet moet word. Myns insiens is die groot rede hiervoor dat mense bang en skaam is oor hul foute en dit maar doodeenvoudig wil doodswyg, maar nooit bely en laat staan nie.

Dit is inderdaad so dat almal van ons verkeerde dinge in ons lewens doen en/of gedoen het waaroor ons (hopelik) baie skaam voel en dit liefs wil vergeet.  Dit is egter van kardinale belang dat ons hierdie dinge nie probeer onder die mat invee nie, maar dit aan die voete van Jesus gaan neerlê terwyl ons Hom om vergifnis vir hierdie verkeerde optrede smeek.  Dit is hier waar die keerpunt in my lewe kan plaasvind waar hierdie verkeerde dinge in my lewe my nie meer rondjaag nie, maar my laat terugdink aan die wonderlike genade wat Hy aan my bewys het deur my daarvan te verlos!  Dit is dan wanneer ek wel van my slegte dade wil vergeet, maar nooit van my geskiedenis nie, want my geskiedenis sluit dan my wonderlike verhaal van bekering in wat my toekoms vir my ‘n hoopvolle toekoms maak om na uit te sien!  My geskiedenis sluit dan my ontmoeting met my Saligmaker in – hoe durf iemand verwag dat ek daarvan sal vergeet!

Dit is ‘n fatale fout om te dink dat ‘n mens nie hoef te weet waar jy vandaan kom nie, want dit sal veroorsaak dat jy nie kan bepaal waarheen jy oppad is nie.  Is die Bybel nie ook (alhoewel met groter Gesag) ‘n Boek wat vol geskiedenis is nie?  Wat sal die uiteinde daarvan wees indien gelowiges die geskiedenis in hierdie Boek ook maar net vergeet of ignoreer as dinge wat gebeur het en geen verdere invloed op die toekoms kan uitoefen nie?  Dit sal wees asof Christus weereens hier op eie bodem verag word, nie waar nie?  “Wie die Woord verag, moet dit ontgelde;…” (Spr. 13:13).

Die vraag wat dan nou aan ons gestel word, is of die Afrikaner die rots kan onthou waaruit hy gekap is?  Kan ons die wonderwerke in ons volksgeskiedenis onthou en die lotsbeskikking van God Drie-enig in die vorming en onderhouding van ons volk?  Kan ons as volk ons Gelofte aan God onthou  - dat ons onderneem het om vir Hom ‘n volkshuishouding op te rig tot sy eer?

Die antwoord op bogenoemde vrae is voor-die-hand-liggend wanneer ons die samelewing rondom ons aanskou.  Daar is net ‘n baie klein oorblyfsel wat wel hierdie geskiedenis onthou en vashou aan die Rots waaruit ons gekap is.  Dit is hierdie klein oorblyfsel wat in ‘n smelkroes geplaasi is om die onreinheid wat aan ons kom kleef het van ons af te smelt en om ons te louter en te suiwer as kosbare edelstene, ‘n egte diamant as versiering van ons Koning se kroon.  “Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die HERE toets die harte.” (Spr. 17:3).

Die antwoord op die vraag of ons sterk genoeg is om hierdie foltering en suiwering as volk deur te maak, word deur die geskiedenis aan ons gelewer – defnitief nie, want daarvoor is ons as mense te swak en nietig.

Die bemoedigende boodskap dat sy genade, goedertierenheid en trou egter groot genoeg is om ons as sy eiendom deur hierdie smeltkroes met liefdevolle Vaderhande te dra, is ook te lese uit die geskiedenis.  Dit is nie bevestigend uit die geskiedenis van die Afrikanervolk alleen nie, maar uit die ganse geskiedenis vanaf Génesis!  Dit is juis alles te danke aan die klipharde Rots waaruit ons gekap is, dat onse God vir Homself diamante hieruit kan vorm.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2582 gaste aanlyn