NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In die tyd waarin ons nou leef word daar nie meer groot waarde geheg aan die huwelik soos God dit bedoel het nie. Elke keer wanneer iemand so ligtelik skei en met 'n ander trou, pleeg hy/sy egbreuk, 'n Gebod van God wat oortree word. Lees weer Mat 19: Jesus self sê dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor owerspel, en met 'n ander vrou trou, pleeg egbreuk.

EER HOM BO ALLES!

Hannes Ollewagen

1 Samuel 2:27-36

“…want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.”

Sien u in hierdie gedeelte hoe die almagtige God wat hemel en aarde geskape het, onderneem om aan die mens eer te bewys?  Ja, Hy onderneem om diegene te eer wie Hom eer, maar weë diegene wie weier om Hom te erken en te eer.

Hierdie woorde van God val soos hammerslae op humanistiese- en individualistiese afgodsteologie.  God stel die boodskap met hierdie woorde weereens onomwonde – Hy eis om geëer te word bo alles in ons lewens.  Wanneer ons sê dat ons Hom moet eer bo alles, beteken dit letterlik bo enigiets wat ek besit en liefhet in my lewe, selfs bo my gesin en my familie.

Dit is dalk nodig dat ons vir ‘n oomblik stilraak by hierdie boodskap uit God se Woord om te besin tot watter mate Hy in ons volkshuishoudings geëer word.   Ons lees dat in Eli se huishouding sake nie na God se wil verloop het nie en daarom het God vir Eli gewaarsku dat Hy ‘n einde aan sy huis gaan maak.  Eli se kinders het die eer van God skade aangerig deur hul verkeerde optrede, maar Eli het geweier om hulle te tugtig.  Eli het verkies om homself blind te hou vir die foute van sy kinders, al het dit beteken dat hierdie optrede van hom God se eer sou skaad.

Wanneer ons na die volkshuishouding in die breë kyk en dit onder eerlike beoordeling bring, wonder ek of ons nie dalk beter begryp waarom daar soveel vervalle huishoudings is en gesinne wat uitmekaar geskeur word nie?  Die vaders wat as priester-konings van hul huishoudings moet optree, is in menige gevalle te besig met allerhande sekulêre aangeleenthede om voldoende aandag aan hul huishoudelike sake te gee.  Die feit dat my kinders oneerbiedig teenoor grootmense optree, skeel my min.  Dit is jammer om te sê dat sommige ouers selfs hulle kinders sal aanspoor tot hierdie verkeerde optrede in plaas daarvan om hulle tereg te wys.  Wanneer kinders by die huis kom en kla oor die onderwyser(es) wat hulle aangespreek het weens huiswerk wat nie gedoen is nie, sal die fout by die onderwyser(es) uitgesnuffel word terwyl die kind se ontrouheid om sy plig na te kom, oor die hoof gesien word.

Dit is bejammeringswaardig om te sien hoedat ouers in sommige gevalle byna oor hul voete val om hul kinders ter wille te wees.  As hierdie gesindheid maar in ons harte was om God ter wille te wees, sou ons die Afrikanervolk seker binne ‘n dekade uit ons ellende kon ophef tot die oorwinnaarsvolk wat God ons geroep het om te wees, maar sy Roepstem val telkens op dowe ore. . .

Kinderopvoeding is geen maklike taak vir ‘n ouer nie en daarom is dit natuurlik ook ‘n sensitiewe saak vir die meeste ouers.  Dit is natuurlik dan ook so dat ouers nie kritiek wil aanvaar wanneer dit by hul kinders se opvoeding kom nie.  Hierdie is egter ‘n kwessie wat nie sondermeer gaan verdwyn deur dit dood te swyg nie.  Inteendeel, sou ons daaroor swyg, sal die probleem net hoe langer, hoe groter word.

Dit het dalk tyd geword vir elke ouer in ons volkshuishouding om vandag opnuut ag te gee op die toedrag van sake in u huishouding.  Wanneer u met ‘n eerlike oog na u kinders se lewens kyk, kan u sien dat hulle God eer in hulle lewens?  Dit is noodsaaklik dat ouers sal onthou dat kinders nie net moet hoor van reg en verkeerd nie, maar dat die voorbeeld ook vir hulle gestel moet word deur die ouers se goeie lewenswandel.  Die omgekeerde is egter ook waar dat ‘n goeie voorbeeld van die ouers alleen nie genoegsaam is nie, maar dat dit aangevul moet word deur vermaning en lering en om laasgenoemde op ‘n aanvaarbare standaard te kry, is kennis van die Woord van God onontbeerlik.

Dit is belangrik dat ouers sal onthou dat hul kinders as ‘n geskenk van God aan hulle toevertrou is en dat Hy ook in hul opvoeding geëer behoort te word.  Ouers is nie veronderstel om hul kinders te eer en vir God in hul gebede voor te skryf wat Hy aan hulle behoort te doen en aan hulle behoort te gee nie.  Ouers is veronderstel om God te eer en hul kinders voor te skryf wat hulle vir God behoort te doen en dat hulle hul lewens aan Hom behoort te wy as ‘n offer van dankbaarheid.

Ons is as ‘n volk vuisvoos geslaan hier in ons verlore erfenis aan die suidpunt van Afrika.  Die bekende kommunis, Nelson Mandela, se eie woorde was “Education is the most powerful tool that one can use to change te world”, maar ons het hierdie blatante dreigement teen ons kinders nie gesien nie, want die geld, sport en vermaak van hierdie wêreld het ons blind gemaak vir hierdie bedreigings.

Ons is verward en bid en smeek God om genade, maar sommige dae voel dit vir ons asof ons gebede geen vrugte afwerp nie.  Is dit nie dalk tyd dat ons ook ons gebede met handeling opvolg en begin optree as ‘n volk wat berou het oor die foute van die verlede nie?  Wanneer sal ons begin LEEF soos ‘n volk wat homself beywer om sy foute reg te stel voor Hom?

Ons het dalk baie meer om te bied in ons ellendige toestand as wat ons besef.  Is een van die eerste offers wat ons as Christenouers voor God kan bied vandag dalk die besluit om op te hou om ons kinders aan die wêreld met sy begeerlikhede te offer en hulle aan God te bied as ‘n dankoffer of sal ons soos Eli die waarskuwings hoor, maar nie ag gee daarop nie?  Onthou, Eli was priester voor God, maar dit het nie gemaak dat God sy ongehoorsaamheid en ongeêrgdheid oorgesien het nie.  Dit geld ook vir my en u vandag – ongeag u aansien in die samelewing, God eis van elkeen van ons die eer wat aan Hom verskuldig is.

Onthou, wanneer ons Hom eer, sal Hy ons eer!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2621 gaste aanlyn