NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons sê dat ons magteloos is teen die onreg, pyn en kwaad in die wêreld. Gebed is 'n magtige wapen wat God sy kinders gegee het om in so 'n wêreld te oorleef.

ONS LEWENS- WANDEL...

...TOT SY EER

Hannes Ollewagen

‘n Mens hoor so gereeld hoe mense die kerk die skuld vir hul verkeerde lewenswandel gee. Die verskoning dat die kerk hulle nie van beter geleer het nie is maar 'n deursigtige een.

Die feit dat die kerke in Afrikanergeledere lelik ontspoor het, is nie te betwyfel nie.  Dit kan egter nie deur gelowiges misbruik word as ‘n verskoning om ‘n lewe van sondigheid en obsessiewe sinsgenot te leef en dan agter die verskoning weg te kruip dat jy nie van beter geweet het nie omdat die kerk  jou  nie geleer nie.  Het ‘n mens dan net op ‘n Sondag by die kerk toegang tot jou Bybel of is dit die enigste plek waar ‘n mens kan bid en God in gedagtenis kan bring?  Is daar geen ander tyd gedurende die week om Bybelstudie te doen nie?

Hoe dit ookal sy, ons kyk hier na die suiwer lering in Titus 2 om te sien wat dit is wat God van sy kinders verwag. 

  Ons gaan hierdie gedeelte bestudeer om die instruksies wat Hy aan ons openbaar, te leer ken.  Dit word duidelik aan ons gestel in verse 11-14 van die Skrifgedeelte dat God van sy kinders verwag om hulle af te keer van die sekulêre wêreld met sy bose en vleeslike begeerlikhede.  Ons word duidelik voor die eenvoudige keuse gestel:
  1. Verloën God om die wêreld te behaag OF
  2. Verloën die wêreld om God te behaag.

In die geval waar ons die verstandige keuse maak om die wêreld te verloën ten einde ‘n toegewyde lewe aan God te leef, word ons deur Hom aangeneem as sy eiendom.  Wanneer ons dus antwoord op sy liefdevolle roepstem om na Hom te kom, sal Hy ons reinig om ywerig te leef in goeie werke tot eer van sy wonderlike en heilige Naam.  Hy sal nie alleen vir ons die opdrag gee om goeie werke voor te staan nie, maar ons selfs onderrig in dit wat as goeie werke voor sy Aangesig geld.

Daar word van die ou manne die volgende verwag:

  • Hulle moet nugter wees.  Hulle moet m.a.w. op hul hoede wees teen die bose verleiding en aanslae van die satan en nie vir een oomblik op hul louere rus nie.  Die ou manne is veronderstel om in nugterheid as priesterkonings van hul huisgesinne op te tree ten einde hul huise te beskerm teen die felle en listige aanslae van die satan.
  • Hulle moet hulself waardig en ingetoë gedra, en;
  • gesond wees in die geloof, liefde en lydsaamheid.  Dit sal onmoontlik vir ‘n man wees om as ‘n getroue priester van sy huis op te tree, sonder ‘n gesonde geloofslewe.  Dit is onontbeerlik dat die hoof van die huis se geloofslewe deurgaans op ‘n gesonde vlak sal wees.

Die man moet in hierdie moeilike tye waarin ons leef, gedurigdeur verseker wees dat hy nie alleen die las van ‘n huisgesin op sy skouers hoef te dra nie, want wanneer die las te swaar word, kan hy sy Hoof, Jesus Christus, raadpleeg om raad, krag en leiding.  Die hoof van die huisgesin is veronderstel om te alle tye daarna te streef om die beeld van Christus deur sy lewe ten toon te stel vir sy gesinslewe sodat die geloof vir hulle ‘n werklikheid sal wees en nie ‘n leë, godsdienstige lering nie.

Enige mens wie gesond wil wees in die geloof, sal daadwerklik erns moet maak met sy geloofslewe.  Dit sal behels om gereelde en getroue Bybelstudie te doen en ‘n gesonde gebedslewe te handhaaf.

‘n Gesonde geloofslewe sal die man, as hoof van sy huis, die vrymoedigheid skenk om probleme en bekommernis voor die voete van sy Hoof, Jesus Christus, te lê in die vertroue dat Hy almagtig is en ons uit alle gevaar kan red.

Die manne moet verder toesien dat daar in hul huise ‘n liefde vir God en hul naaste gekoester word en behoort lydsaamheid uit te straal in tye van beproewing, volgens die voorbeeld van Jesus Christus.

Daar word van die vroue verwag om te leef soos wat dit heiliges betaam en om hulself te weerhou van kwaadsprekery en drankmisbruik.  Hulle word aangesê om die jong vroue te onderrig in wat welgevallig is voor God.  Ons leer uit die Woord van God dat die vrou moet swyg in die gemeente, maar sien in hierdie gedeelte dat daar wél vir die gelowige vrou ‘n plek is om as lerares op te tree – in hul eie huise.  Hier moet hulle die jong vroue onderrig in wat welgevallig is voor God m.b.t. die lewenswandel van ‘n vrou en dit is die volgende:

  • Hulle moet versigtig wees;
  • Hulle eie mans en kinders liefhê;
  • Ingetoë wees;
  • Kuis;
  • Huislik en goed;

en dan die laaste opdrag wat in die moderne sekulêre wêreld seker die grootste uitdaging vir vroue is:

  • Aan hul eie mans onderdanig wees.

Ons leer in vers 5 van die gelese gedeelte dat vroue wat op hierdie opdragte ag gee en dit uitleef, voorwaar die eer van God kosbaar ag.  “...sodat die woord van God nie belaster word nie.”

Die jongmanne word aangesê om ingetoë te wees.  Dit beteken dat die jongmanne die nodige nederigheid en sagmoedigheid moet weerspieël, maar deurgaans ook beskeie moet wees.

Daar word van leraars verwag om nie alleen te preek en te leer nie, maar om ‘n voorbeeld te wees vir mede-gelowiges in dit wat geleer word.  Die opdrag om deurgaans Skrifgetrou te wees in die lering en die woord van die waarheid reg te sny, word ook gemeld in verse 7&8.  Wanneer leraars dit uitleef wat deur hulle geleer word, sal die getuienis vir die hoorders ‘n bevestiging wees dat die leraar oortuig is van sy lering en dit nie bloot aanwend tot eie eer en persoonlike gewin nie.

Die riglyne in die Woord van God word aan ons gegee ten einde ons te roep om tot God se eer te leef en om ons te beskerm op ons pelgrimsreis hier op aarde.  Elke mens kan kies om sy tyd te verkwis op wêreldse begeerlikhede wat mettertyd sal kwyn, of hy kan kies om hierdie tyd aan te wend om sy Middelaar, Jesus Christus, elke dag beter te leer ken deur ‘n toegewyde lewe in sy skadu te leef.

Ons moet onthou dat ons elkeen op aarde net met geleende tyd hier is en dat dit wat ons met hierdie tyd maak, aan ons menslike keuse oorgelaat word.   Laat ons dan daagliks die regte keuses maak.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2458 gaste aanlyn