NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons het nie vrede met mekaar nie omdat ons nie vrede met onsself het nie. En ons het nie vrede met onsself nie omdat ons nie vrede met God het nie. Maak vrede met God en jy sal volkome vrede in jou hart ervaar.

UIT DIE VUUR GERUK...

...EN MET FEESKLERE BEKLEE!

Hannes Ollewagen

Sagaría 3:1-10

“Toe sê die HERE aan die Satan:  Mag die HERE jou bestraf, o Satan!  Ja, mag die HERE, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf!  Is hierdie een nie ‘n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?”

Was elkeen van ons nie maar soos ‘n brandhout in die vuur voordat ons tot geloof in Christus gekom het nie?  Ons het ook maar gelê en smeul terwyl die wêreld en sy begeerlikhede ons lewens stukkie vir stukkie weggeteer het totdat Hy ons soos ‘n brandhout uit die vuur geruk het!

Die Satan sal ons dan ook gedurig probeer aankla maar mag God hom ook in ons lewens bestraf.  Wanneer ek my skuld voor die voete van Jesus Christus neergelê het met opregte berou daaroor, wie is die Satan dat hy my verder sou beskuldig?  Wanneer die Regverdige Regter my vrygespreek het, is daar geen skuld meer oor nie.

  Hy het die volle losprys betaal om my vry te koop van my sonde en daarom het Hy die mag om sondes te vergewe en my vry te spreek, ja, vir ewig vry te spreek van my sondelas.  “...omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos”.  Hierdie dure prys is betaal om my deel te maak van ‘n nuwe verbond met God – ‘n verbond waarin ek nie meer ‘n dienskneg van die sonde is nie, maar ‘n vrygekoopte kind van God. “Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sonde.” (Matt. 26:28).

Ek word deur die genade inderwaarheid ‘n Koningskind wat met feesklere beklee en met ‘n rein tulband versier word.  “...Neem die vuil klere van hom weg.  Toe sê Hy vir hom:  Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere.” Dit alles val my te beurt omdat Hy met my ‘n ooreenkoms gesluit het na die rykdom van sy genade!  Ek word met ‘n skoon feeskleed beklee wat beteken dat ek die vuil en sondige natuur laat staan en my lewe as ‘n Koningskind voortsit op die pad van heiligmaking.  Ek besef dat ek deel is van sy koninkryk ook hier op aarde en dat my lewe derhalwe aan sy standaarde (soos opgeteken in die Woord) moet voldoen.  Ek besef dat sy koninkryk nie alleen die lewe hierna behels nie, maar dit ook nou reeds my lewe inkom wanneer ek Hom as Hoof van my lewe toelaat.

Dit sou veragtelik wees om hierdie rein en skoon kleed wat deur Hom aangebied word te weier, nie waar nie?  Is dit egter nie presies wat mense, en in besonder dwaalleraars, doen wanneer die soenbloed van Christus goedkoop gemaak word om ‘n lewe van losbandigheid te probeer regverdig nie?  Dit is om tevrede te wees met die vuil kleed, maar tog wil jy deel wees van die koninkryk?  Jy sal ‘n skandvlek wees wanneer jy met jou skuldbevlekte kleed rondloop tussen diegene wat oorklee is met skoon feesklere en rein tulbande.  Diegene wat oorklee is met skoon feesklere, is diegene wat die kosbaarheid van Christus se soenbloed verstaan en ook in die krag daarvan glo.  Dit is die mense wat besef dat Hy nie wil hê dat ons vrede moet maak en tevrede moet wees met die sonde en verkeerde in ons lewens nie, maar dat ons daarteen moet veg en dit moet oorwin!

Ons moet egter nooit vergeet dat ons nie op meriete deel van sy verbond geword het nie, maar uit genade.  Dit moet ons dryf om ALTYD TE ONTHOU dat Hy die reëls van ons ooreenkoms neerlê en dat diegene wat só verwaand is om na hartelus aan hierdie ooreenkoms te gaan wysig, hulself onder ‘n verskriklike oordeel sal bring.  Ons is nie deelgemaak van die verbond omdat ons dit verdien het nie, maar Hy het juis sy hand na ons uitgestrek terwyl ons besmette en verlore sondaars was.  Dit is veronderstel om ‘n oorweldigende dankbaarheid en nederigheid in ons harte te wek wat ons ywerig die pad van heiligmaking sal laat bewandel.

Die feit dat Hy ons geroep het om deel te word van sy koninkryk, beteken dat ons volgens sy reëls gaan werk.  Daar is in sy koninkryk geen plek vir onderhandeling en/of versoening met die ongeregtigheid nie.  Daar is geen verdraagsaamheid teenoor die sonde nie, hoewel daar medelye met die mens is wat teen die sonde stry.  Daar is ‘n ewigdurende vyandskap teen die sonde en die vader van die sonde wat die mens deur ‘n sondige natuur probeer vernietig.  Daar is egter in God se koninkryk ‘n ewige oorwinning behaal wat ons verseker dat ons aan die Oorwinnaar se kant stry, al raak die stryd ook hoe fel.  Die duisternis sal die lig nooit oorweldig nie, maar sal tot die dag van finale oordeel nie ophou probeer nie!

Ek wil u opnuut herrinner aan wie ons as gelowige Afrikaners is wanneer u waarlik glo in ons Verlosser en ons Koning, Jesus Christus.  Dit sluit egter nie diegene in wat Hom verag en nie onder sy koningskap wil staan nie, desnieteenstaande die feit dat ons tot dieselfde volk behoort.  Die verskil tussen die Afrikaner wat onder God se gesantskap wil leef en die Afrikaner wat nie daaronder wil leef nie, word duidelik in onderstaande identifisering geïllustreer.

Ons is nie die vuilskuim van die aarde wat tot in ewigheid moet verskoning aanbied vir sogenaamde onregte van die verlede nie.  Ons is nie besete sportfanatici wat alle beginsels oorboord gooi vir twee ure se plesier op ‘n Saterdag nie.  Ons is nie dronklappe wat in kroeë rondlê ná die sportbyeenkomste oor naweke nie.  Ons is nie dobbelaars wat nie kan wag om die Lotery-kaartjie te koop wanneer ons Sondag by die kerk uitstap nie.  Ons is nie egbrekers en egbreeksters wat nie ons oë van ander se huwelikmaats kan afhou nie.  Ons is nie mense wat so min vir ons kinders omgee dat ons nie ‘n duit omgee watter skadelike leerstof in skole in hulle kele afgedruk word en na watter skadelike programme hulle op TV kyk nie.  Ons is nie dienaars van Mammon wat alle respek vir myself en ander verloor net om ‘n paar rand te maak nie.

Ons is weliswaar ingesleep in ‘n goddelose samelewing in ons vaderland waarin hierdie smet wat genoem is in bogenoemde paragaaf aan elkeen van ons kom kleef het, maar God dank dat Hy ons die verlossing daarvan aanbied om die eer van sy Naam.  Ons hoef nie in hierdie goddelose bestel weg te kruip agter verskonings waarom ons in vuil klere rondloop terwyl ons onsself skaam daarvoor nie, want Hy bied vir ons ‘n vlekkelose feeskleed aan, maar wee diegene wat hierdie liefdevolle en genadige aanbod van die hand wys!

Mag Hy ons as volk opnuut suiwer en reinig volgens sy belofte in Sagaría 13:9: "Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos ‘n mens silwer smelt en hulle toets soos ‘n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor.  Ek sê:  Dit is my volk!  En hulle sal sê:  Die HERE, my God!”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3081 gaste aanlyn