NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons beleef in hierdie dae soveel dinge wat pyn veroorsaak dat ons gerus kan leer om daarna op te let by diegene vir wie ons omgee; en dit is nie moeilik om raak te sien nie want pyn is anders as dinge soos hardheid van die hart wat agter geveinsde vreugde en gelag weggesteek kan word – pyn dra nie 'n masker nie, dit wys duidelik in die vensters van 'n siel.

SY KONINKRYK BINNE ONS

Hannes Ollewagen

Lukas 17:20-37

“...want die koninkryk van God is binne-in julle.” (:21)

Net soos in die tyd wat Jesus Christus as mens op aarde gewandel het, is daar vandag ook soveel mense wat ywerig probeer uitvind wanneer die koninkryk van God dan sal kom.  Dit is ongelukkig hartseer dat baie mense na hierdie antwoord soek, nie omdat hulle met reikhalsende verwagting daarna uitsien nie, maar eerder omdat hulle ‘n vrees het vir die skielike koms daarvan wat hulle onverhoeds sal betrap.

Daar is mense wat nie die sinlike genot van hierdie wêreld wil prysgee ten einde die koninkryk van God te dien nie, maar ook nie hierdie koninkryk wil misloop nie.   Hulle probeer dus vasstel wanneer die koninkryk van God sal kom, omdat hulle reken dat hulle mos dan hul ydele lewenswandel kan voortsit tot net voor die dag van finale oordeel aanbreek om hulle dan tot God te bekeer en sodoende die koninkryk van God inderwaarheid te kan binnedring.

Bogenoemde ingesteldheid is regtig bejammeringswaardig, aangesien mense met hierdie siening ‘n totale wanpersepsie van God se koninkryk het.  Hulle sien dit as ‘n eng stel reëls wat ‘n mens moet nakom wat jou geluk en vryheid ontneem.  Laasgenoemde getuig daarvan dat hulle God nie waarlik ken nie, want dan sou hulle besef het dat die reëls en insettinge wat God vir ons deur Sy Woord gee, tot ons beswil en beskerming is.  Dit beskerm ons teen die aanslae van die duiwel wat soek waar en hoe hy verwoesting kan aanrig.  Wanneer hy dit regkry om ‘n mens weg te rokkel van die regverdige verorderinge van God waardeur Hy ons beskerm, kan hy daardie persoon in sy weerlose staat ordentlik verniel en skade berokken.

Die woorde van vers 21 van die gelese gedeelte laat ons opnuut besef dat die koninkryk van God nie iets is wat maar net in die verre toekoms vir gelowiges wink nie.  Dit is ook nie iets wat eers sal aanbreek wanneer ons eendag doodgaan nie.  Die koninkryk van God is nie beperk tot die hemel nie, maar Sy koninkryk is ook hier op aarde.  Ons hoef nie te wag om dood te gaan om te begin deel in Sy koninkryk nie.  Hy leef en regeer in elke wedergebore kind van Hom se hart en se lewe.  Wanneer ons Hom in ons lewens inlaat as die Hoof en Heer van ons lewens, sal Hy plaasneem op die troon van ons harte om vandaar ook ons lewens te regeer.  “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop.  As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.”  (Open. 3:20).  Dit is dan wanneer ons ons liggaam as tempel stel vir Hom om in te woon sodat Hy deur my lewe Sy koninkrykswerk kan verrig.  Dit is dan wanneer ek deelvorm van die liggaam van Christus hier op aarde waarvan ons lees in 1 Kor. 12 en wanneer ek ywerig die taak wat my toebedeel is, verrig.

Ons weet dat God met die individu, huisgesin en gemeente werk, maar dat ons ook in volksverband geskape is om tot Sy eer te leef.  Wanneer ons rondom ons kyk en sien hoe aan flarde die tempel van God onder die Afrikanervolk vandag is, besef ons dat Sy koninkryk waarlik in ons harte sal moet kom, want dit is nie sigbaar wanneer ons rondom ons kyk nie.  Hoeveel mense in ons eie geledere stel nie uit om hul lewens vir Hom beskikbaar te stel as woonplek nie?  Daar is soveel mense wat ook die klop hoor by hul hart se deur, maar nog nie oopmaak nie, want hulle is nie seker hoe dramaties hul lewens gaan verander wanneer Hy daar instap nie.  Hulle ignoreer eerder die klop of probeer dalk uitstel om Hom binne te nooi, want ek moet net eers dit of ek moet net eers dat afhandel waarna ek God met ‘n volkom hart sal begin dien.

Die feit is egter dat ek God nie met ‘n volkome hart sal dien voordat ek Hom nie in my lewe ingenooi en aan Hom die ereplek gegee het om myself aan Hom ondergeskik te stel nie.  Daar sal altyd die verskonings wees dat ek net eers moet afstudeer, of my kinders deur die skool moet kry of dat ek net eers hierdie laaste sake-transaksie moet beklink waarna ek finansiële vryheid sal beleef en daarna sal ek oorgenoeg tyd hê om Hom met oorgawe te dien.  Ons moet dalk eers net onderhandel vir ‘n vrye grondgebied in ons Vaderland, want wanneer ons dít eers ontvang het, sal ons Hom met oorgawe dien soos wat ons voorouers gedoen het.

Hoe lank sal ons nog mank gaan onder ongesonde denkrigtings soos hierdie en die wêreld bly dien terwyl God se koninkryk afgeskeep word en skade ly?  Hoe lank sal ons toelaat dat die sekulêre wêreld en die satan die begrip by ons laat posvat dat God die onregverdige Een is wat ons niks gun hier benede nie en ons vryheid aan bande wil lê?  Hoe lank sal ons weier om te aanvaar dat Hy die een is wat die mens se heil soek van die grondlegging van die aarde af, maar dat gehoorsaamheid aan Hom ‘n vereiste is vir die mens om hierdie heil te smaak?  Hoe lank sal ons kies om in vyandskap met Hom te leef en dan ons lot te beklae dat dit so bitterlik sleg gaan met ons hier aan die Suidpunt van Afrika?  Ja, maar ons leef nie in vyandskap met Hom nie?  Wel, dien ons Sy koninkryk of nie?  As ons nie Sy koninkryk dien nie, wie se koninkryk word dan gedien?  As ek nie gehoorsaam is aan Hom nie, is ek dan nie ongehoorsaam nie?

Dit is dalk tyd dat elkeen van ons opnuut sal stil raak in ons lewens en alle aspekte van ons lewens in oënskou moet neem en onsself die vrae afvra wie gedien word in elke faset van my lewe?  Hierdie is dalk die keerpunt in baie van ons se lewens waneer ons begin om alles waarin Hy nie gedien word in my lewe nie, daaruit te verwyder sodat daar meer tyd en plek sal wees om Hom waarlik te dien.

As u God nie vertrou met u lewe hier benede nie, kan u werklik met reg sê dat u Hom werklik volkome vertrou met u sieleheil in die ewige lewe hierna?  As u Hom regtig wil dien in die ewige lewe hierna, waarom wil u Hom nie hier bende ook dien nie?

Ek kan nie vanoggend in u lewe instap en die deur van u hart oopskop en sodoende verseker dat Hy ingang vind in u lewe en op u hart se troon gaan plaasneem nie.  Ek kan u egter waarsku om asseblief nie die gunstige tyd wanneer Hy u besoek en aan u hart se deur gaan klop, te laat verbygaan en Hom nie in te laat nie!

Ek kan vrymoedigheid vanoggend voor u getuig dat Hy die enigste, die waaragtige, die regverdige en die heilige God van hemel en aarde is en dat daar geen Koning hoër is as Hy nie.  Dit is nie ‘n straf om Hom te dien nie, maar ‘n voorreg wat in woorde nie weergegee kan word nie.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2881 gaste aanlyn