NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Is daar onmin in u gesin, dalk verbitterde familie met verharde harte wat weier om met mekaar te praat, dalk kinders wat sukkel om die reguit pad te stap? Kom ons bid gereeld: "Ons Vader in die hemel, ons pyn is werklik maar U ken dit. Laat ons asseblief u troostende aanraking in ons harte voel. Help ons om die mense wat mekaar en vir ons so seermaak, lief te hê met die liefde waarmee U ons liefhet. Vervul hulle en ons harte met u vergifnis. In Jesus se Naam. AMEN".

Sý KONINKRYK EERSTE!

Hannes Ollewagen

Matt. 6:19-34

“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” (:33)

Dit is net vroeër in dieselfde hoofstuk van hierdie evangelie dat Jesus Christus sy dissipels geleer het hoe om te bid.  Die gebedspatroon van die modelgebed (die Onse Vader) stuur dieselfde boodskap uit as wat Jesus vir ons leer in Matt. 6:33.  Die boodskap is duidelik om seker te maak dat ons in ons lewens God se Koninkryk voorop stel.  Sy Koninkryk is veronderstel om voorrang te geniet in ons lewens.

Ons kyk na ‘n samelewing, ‘n land en ‘n volk en ons wil soms sommer net ons hoofde in moedeloosheid laat sak, a.g.v. die groot ellende hiervan.  Ons sien hoedat huwelike en gesinne uitmekaar geskeur word.  Ons sien hoedat die jeug op ‘n glybaan van sedelose verval beland wat hulle ongetwyfeld in ‘n modderpoel van ellende sal laat opeindig sonder ‘n tydige ingryping.   Ons sien ‘n land se gesondheidsdienste, ekonomie  en infrastruktuur uitmekaar val terwyl elke persoon ywer om net sy eie koninkrykie staande te probeer hou.  Ons sien hoedat mens en dier smag na hemelse reëns, maar hoedat God ook nie hierdie jaar die reën in oorvloed gebied nie.  Ons kyk na ons eens wonderlike vaderland en wonder of God sy Aangesig hiervan weggedraai het?

Mense vra hoedat ‘n God van liefde soveel ellende kan toelaat?  As mense maar net wou besef dat God nie die rede en oorsaak van hierdie ellende is nie,maar dat die rede vir soveel ellende juis gesetel is in die feit dat God in ons samelewing en vaderland die rug gekeer is en verag word.  Hy word verag op staatkundige gebied, in menige kerke, in die onderwysstelsel en op soveel ander lewensterreine.  Daar is nie plek vir Hom op enige gebied nie, maar wanneer ons reën benodig om die bankrekeninge te sterk, kan daar vinnig byeenkomste gereël word om te bid.

Wat beteken dit om eers die Koninkryk van God te soek?  Sou dit beteken dat ek voor ‘n gemeente my geloofsbelydenis aflê en daarna is hierdie saak van my lewe ook afgehandel?  Beteken dit dalk nie veel eerder dat ek op ‘n deurlopende grondslag besig moet wees om God se wil in my lewe na te streef nie?  Dit beteken dat ek ywerig betrokke moet wees in my gemeente, in my gesinslewe, in my volkslewe en ook in my beroep om God in alles te behaag.  Dit beteken dat ek sy wil sal laat seëvier op elke lewensterrein van my lewe.  Dit kom daarop neer dat my verhouding met God en my diensbaarheid aan Hom (gehoorsaamheid aan Hom) die hoofsaak van my lewe sal wees en nie maar ‘n bysaak tussen al die ander dinge in my lewe nie.

Wanneer God die hoofsaak in my lewe is, sal ek ook my prioriteite agtermekaar kry.  Ons sal begin om ons verantwoordelikhede na te kom o.g.v. die voorregte wat aan ons geskenk is deur sy genade.  Ek sal my verantwoordelikheid as man en priester-koning van my huisgesin nakom om in liefde oor my huis te heers wat deur God se ryke seën aan my geskenk is.  Die vrouens sal hul mans eerbiedig en ondersteun in hierdie saak en kinders sal leer om hulle verantwoordelikheid na te kom om hul ouers te gehoorsaam en nie voor te skryf en te manipuleer nie.  Ons sal verder as ‘n huisgesin ons verantwoordelikheid rondom die huisaltaar nakom terwyl die  televisie vir ‘n slag opsy geskuif word.  Dit is daardie selfde kassie waarop God se heilige Naam belaster word sonder dat dit ons meer ontstel wat veroorsaak het genoegsame gesinstyd en Godsdienstyd ontbreek.

Wanneer ons geloofslewe die hoofsaak van ons lewens word, sal ons as ‘n volk weer begin lééf!  Die groot meerderheid Afrikaners het ongelukkig opgehou om te leef en voer maar net ‘n dag-tot-dag bestaan.  Behoed ons dat ons hele volk hierdie mentaliteit sal aanneem, want daardie dag is die dag waarop die Afrikaner sy hoof neerlê.  Mag ons barmhartige hemelse Vader verhoed dat ons volkie sy laaste asem uitblaas en ons oë open om te sien dat daar vir ons nog soveel rede is om te leef.  Ons het ‘n verlore erfenis om te herwin, ‘n vervalle en geplunderde volkshuishouding om te herbou.  Ons het steeds ‘n doel, steeds ‘n roeping aan die suidpunt van Afrika.  Daar is steeds ‘n Koninkryk waarvoor ons moet ywer totdat ons elkeen van aardse diens hier ontslaan word.

Ek hoop van harte dat ons ‘n volk sal sien wat die lewe sal kies en sy rug sal draai op die weë van die dood.  Ek hoop om ‘n volk te sien wat uit liefde vir homself, sy naaste en sy God met sy optrede sal uitbasuin : “Op jou roepstem sê ons altyd, altyd JA!”.  Ek glo dat wanneer ons optrede weer sal getuig van mense wat leef soos knegte van die Allerhoogste en ons as ‘n volk gedurigdeur voor sy troon pleit om ons in die lewe te hou, dat Hy sy barmhartigheid van ons nie sal terughou nie.

Ek hoop, ek glo en bly lief vir ‘n volk en ‘n Koninkryk waarin ek so bevoorreg is om in te deel. Dit is met hierdie drie eienskappe van geloof, hoop en liefde wat ek vandag berusting vind dat ons toekoms veilig in God se hand rus, want ons weet dat Hy nooit die werke van sy hande laat vaar nie.  Daarom, geliefdes in die Here Jesus Christus, behou die geloof, behou die hoop en behou die liefde vir sy Koninkryk!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2487 gaste aanlyn