NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Laat ons uit die krisisse waar ons troos van ons hemelse Vader kry, nog iets leer: Hy troos ons NIE om ons te vertroetel nie maar om weer van ONS troosters vir ander te maak.

HOE VOL IS U LAMP?

Hannes Ollewagen

Matt. 25:1-13

“Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.” (:13)

Ons lees in hierdie gedeelte van tien maagde wat gewag het op die koms van die bruidegom om hom te ontmoet.  Die een helfte het die saak en die koms van die bruidegom met groter toewyding en gereedheid as die ander helfte aangepak.  Hierdie toewyding en gereedheid was einde laaste hulle behoud en het vir hulle die vreugde van die bruilofsmaal ingehou terwyl die maagde met minder ywer die geleentheid misgeloop het.

Dit gaan in ons hedendaagse lewe ook nie anders nie.  Daar is soveel mense, organisasies en kerke wat hulself besig hou met godsdienstigheid omdat hulle bewus is van ‘n bruidegom wat dalk een of ander tyd sy opwagting moet maak.  Die vraag is egter of die nodige erns egter gemaak word om ‘n gemeente as ‘n kosbare bruid te versier vir Jesus Christus se wederkoms na die aarde?  Ek wonder hoeveel lidmate en gemeentes daar is wie se vlammetjie maar effens brand in ‘n wêreld waar ‘n mens dit hot-agter kry wanneer jou geesdrif en ywer vir Hom hoog brand?

Ons moet onthou dat die vyf verstandige maagde wat die nodige erns en toewyding in hierdie saak gehad het, nie kon instaan vir die vyf onverstandige maagde wat die saak nie met die nodige erns aangepak het nie.  Dit is ook ‘n kosbare les vir elkeen van ons wat betref ons persoonlike saligheid.  Elke mens gaan persoonlik voor die Regterstoel van Christus verskyn en ons kan nie daar vir mekaar intree nie.  Daar gaan geen dominee, pa, ma, broer of suster wees wat vir ons kan intree nie en ook geen aardse regsverteenwoordiger nie.  Ons het maar een Middelaar voor God die Vader en dit is sy Seun, Jesus Christus, ons Here.  Die vraag wat egter van lewensbelang is, is of Hy u by die naam ken as sy  kind en of Hy ook aan u sal sê:  “Gaan weg van My af, want ek ken jou nie.”?

Dit klink al te verskriklik dat die God van liefde iemand kan wegwys in só ‘n kardinale tyd, nie waar nie?  Hy sal egter nie lukraak ‘n persoon met hierdie antwoord wegwys nie, maar slegs diegene wat gedurende hul lewe hier op aarde verkies het om Hom weg te wys uit hul harte en lewens uit.  Dit is diegene wat nie die deur van hul harte vir Hom wil oopmaak nie wat aan die deur van die koninkryk wil gaan hamer wanneer dit te laat is, wat hierdie ontstellende antwoord van Hom te wagte kan wees.

Synde dat ons vanoggend tot die besef kom hoe ontsettend belangrik dit vir elke individu is om ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus te hê, is dit dalk tyd om in eerlikheid vas te stel hoe my verhouding met Hom regtig daaruit sien.  Kom ons kyk ‘n bietjie hoe vol is my kannetjie met olie vandag ten einde vas te stel hoe gereed ek vir Sy koms is.  Ek wil vanoggend die modelgebed, nl. die Onse Vader, gebruik as ‘n maatstaf om u geestelike prioriteite te toets ten einde die maat van u geloofsbrandstof te meet.

In die Onse Vader het Christus sy dissipels geleer om te bid, maar dit bied ook vir ons ‘n riglyne hoe ons prioriteite in die lewe behoort te lyk.  Elkeen moet vir hom-/haarself die volgende vrae in sy hart met eerlikheid beantwoord en dan vasstel hoe en waar u prioriteite vanoggend regtig lê.  Onthou, daar waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.  (Verw. Matt. 6:21).

  • In die afgelope week, hoeveel maal het u regtig spesiaal tyd ingeruim om in opregte gebed met God te verkeer?  Wanneer ek praat van opregte gebed, praat ek daarvan dat u Hom met opregtheid dank vir onverdiende guns en gawes, maar ook probleme, hartseer en bekommernis voor Hom gaan neerlê met die geloof in u hart dat Hy u kan help?
  • In die geval waar u darem getrou en met geloof ywerig in gereelde gebed met God verkeer het, hoeveel keer het u gebid dat Sy Naam geheilig mag word in ‘n wêreld en onder ons volk waar Sy Naam onteer word?  Het u darem meer male gebid vir die heiliging van sy Naam as wat u die belastering daarvan oor ‘n televisieprogram moes aanhoor in u huis in die afgelope week?  Het dit u enigsins gepla om na programme te kyk waarin sy Naam DOELBEWUS ontheilig word?
  • Hoeveel maal het u gebid vir sy koninkryk hier benede?  Was daar tyd in u besige skedule om besorg te wees oor die feit datsy koninkryk in hierdie wêreld so sterk teëgestaan word soos wat tans die geval is?  Besef u dat in ons eie volk en Vaderland Sy koninkryk (die Christelike lewensbeskouing) met felle aanslae afgetakel word en dat wette soos aborsie, onsedelike en buite egtelike verhoudings, homoseksualisme, humanisties gedrewe onderwysstelsels, ens. alles DOELGERIGTE aanslae op Sy koninkryk is om mense te laat afsien daarvan om Sy gebooie te bewaar en te onderhou om sodoende hulle liefde vir Hom te laat verkoel?  “As julle My liefhet, bewaar my gebooie.”  (Joh. 14:15).  “En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.”  (Matt. 24:12).
  • Hoeveel maal het ek my eie selfsugtige begeertes voor Hom uitgeryg en selfs opstandig geraak wanneer ek nie my sin kry nie en hoeveel maal het ek stil geraak en met opregtheid vir Hom gevra dat sy Wil eerder as my eie moet geskied?  Was ek bereid om selfs offers te bring ten einde sy Wil in my lewe te eerbiedig?
  • Lewe ek met die ingesteldheid dat ek die bewerker van my eie heil en lot is of leef ek daagliks in afhanklikheid van Hom?  Probeer ek dalk om só hard te werk ten einde finansieël onafhanklik te wees sodat ek nie meer nodig het om te bid en Hom hoef te vra vir dit wat ek nodig het nie?
  • Bely u met opregtheid u foute en terkortkominge voor Hom met die nodige smeking vir skuldvergifnis om te vorder op die pad van heiligmaking?  Indien wel, glo ek dat die dankbaarheid vir Sy barmhartigheid u ook sal oorweldig om sodoende diegene van harte te vergewe wat u in die lewe verontreg.
  • Bid u om teen geestelike aanvalle beskerm te word net so hard as om veilig en behoue te bly in die vlees?  Verskans u uself en u gesin met die nodige geestelike wapenrusting soos wat u u huis beveilig met allerhande sekuriteitsmaatreëls te einde veilig te bly?
  • Ek hoop ten laaste ook dat daar nog die geestelike reinheid in u lewe aanwesig is om God gedurigdeur te loof en te prys in u gebede in die diepe besef dat u doel op aarde immers is om Hom te dien, te eer en te verheerlik.

Ek hoop van harte dat u hierdie vrae met eerlikheid sal beantwoord in u hart.  Dit is nie nodige dat u dit teenoor enige mens, u predikant of wie ookal sal antwoord nie, want dit is ‘n saak tussen u en die Here Jesus Christus alleen.  Moet Hom egter nie probeer bedrieg nie, want Hy ken die diepste gedagtes van u hart en weet wat werklik daarin aangaan.

Indien u dalk vanoggend besef dat u lampie baie naby aan dolleeg is, is die goeie nuus dat daar nog tyd en geleentheid is om die voorraad betyds aan te vul!  Moenie dieselfde fout maak as wat soveel mense op aarde al gemaak het nie, want indien u die Woord ken, sal u versuim nie as ‘n fout beskou word nie, maar eerder as ‘n keuse, aangesien u van beter behoort te weet.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3074 gaste aanlyn