NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wie is verstandig? Hy wat by almal leer.
Wie is magtig? Hy wat sy hartstogte beheer.
Wie is ryk? Hy wat tevrede is .
Wie is hy? Niemand nie.
Benjamin Franklin

BESNY DAN DIE VOORHUID VAN JOU HART!

Hannes Ollewagen

Deut.  10:10-22

“Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie.”  (:16)

Die besnydenis was natuurlik die sigbare verbondsteken wat God aan Abraham gegee het.  Hierdie teken het ‘n duidelike onderskeid getref tussen die uitverkore nageslag van God, deur die aartsvader Abraham, en die heidendom.  Hierdie verbondsteken was dus onder andere ‘n teken van andersheid, van afgesonderdheid van die heidendom om aan God gehoorsaam te wees.

Die gebruik in Israel was dat ‘n persoon deur die besnydenis in die volkslewe van Israel ingelyf word.  Dit was dus ‘n teken van wyding aan God in die Ou Testamentiese tyd.  Ons lees egter in die Ou Testament al van die vroegste tye dat God meer van sy kinders verwag as bloot 'n uiterlike godsdienstige vertoon.  Hy verwag dat sy kinders Hom sal aanhang, Hom sal liefhê met hul hele hart, siel en verstand.   Hy verwag dat sy kinders Hom sal dien en eer en aan Hom gehoorsaam sal wees.  (Verw. na :12&13).  Die HERE onse God verwag van ons as sy kinders dat ons Hom sal vrees met ‘n heilige Godsvrees en dat ons begeerte na Hom sal wees, m.a.w. dat ons Hom sal aanhang.

Wanneer ons vooruitbeweeg in die geskiedenis na die Nuwe Testamentiese tyd, kom ons by ‘n leraar van Israel by wie ek vir ‘n oomblik wil stilstaan.  Hierdie man se naam was Nikodémus en hy was ‘n geleerde Fariseër en ‘n leraar van die volk Israel.  Ons lees egter in Johannes 3 van Jesus se onderrigting aan Nikodémus juis in hierdie saak - dat diens aan God meer as net verstandellike begrip en kennis behels.  Om God te dien, beteken baie meer as om maar net van Hom kennis te dra en godsdienstige rituele uit te voer.  Jesus leer baie duidelik vir Nikodémus dat dit vir die mens noodsaaklik is om God van harte en in gees en waarheid te dien en nie volgens menslike gewoontes nie.

Die rede waarom menig mense verkies om tevrede te wees met uiterlike godsdienstigheid, is toe te skryf aan gemaksugtigheid en ongeërgdheid in hul geestelike lewens.  Wanneer ek nie erken dat daar fout(e)/tekortkominge in my geestelike lewe is nie, hoef ek mos nie tyd en moeite aan hierdie aspek van my lewe te spandeer nie?  Ek kan mos my tyd veel eerder voor die televisie verkwis as om aandag te skenk aan die probleme in my geestelike lewe.  Ek weet mos dat Jesus vir my sondes gesterf het en daarom gaan ek hemel toe wat beteken dat hierdie saak in my lewe afgehandel is.  Ek kan nou voortgaan met “my eie lewe.”...

Dit maak egter nie sin dat ‘n persoon wat werklik glo in die volkomenheid van Jesus Christus se soenoffer sy of haar ongeregtighede wil ontken of probeer verberg nie.  Is die logiese optrede vir ‘n ware gelowige nie juis dat hy sy ongeregtighede en tekortkominge na die voete van Jesus Christus sal neem om dit weg te was eerder as om hierdie ongeregtigheid in sy lewe te koester nie?  ‘n Mens wat Hom waarlik ken en in Hom glo, is ook veronderstel om verymoedigheid te hê om met Hom te praat in gebed en sy swakhede voor Hom te bely.  Jesus het medelye met ons swakhede, maar ongeloof en volharding in sonde, stuit Hom teen die bors.   “Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.  Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.” (Joh. 3:18&20).

Suid-Afrika se geskiedenis getuig van ‘n volk wat met toegewydheid aan God Drie-enig ‘n wildernis omskep het in ‘n beskawing en ‘n modelstaat vir die wêreld.  Hierdie voorsate van ons was nie sondelose en volmaakte wesens nie, maar hulle was wel anders.  Hierdie mense was afgesonderd van die wêreld met sy sondige begeertes in hul lewensbeskouing en lewenswandel en daarom was hulle toegewyd om vir God te leef.  Hierdie afgesonderheid was nie ‘n hoogmoedige en hofvaardige houding nie, maar veel eerder ‘n doelgerigtheid om nie hul oë vir ‘n oomblik van hul Meester af te haal nie.  Hierdie mense was afgesonderd in hul toewyding aan God – nie maar bloot godsdienstige mense nie, maar Godvrugtige mense.  Hierdie mense het na sy wil gevra in hul kerke, onderwysstelsel, staatkunde, kultuurverrigtinge, ens.

Ek wonder hoeveel van ons lewens getuig vandag steeds van ‘n Godvrugtige lewe in Jesus Christus?  Onthou ons nog daagliks dat ons as wedergebore kinders van God nie instaat is tot goeie dinge sonder Hom nie?  Onthou ons dat Hy die wynstok en ons maar net die lote is?  “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.” (Joh. 15:5). Ons lees van soveel inisiatiewe en goeie planne vir die redding van ons volk uit sy ellende, maar ongelukkig vorm Hy selde die hoeksteen en fondasie van hierdie inisiatiewe en dan wonder mense steeds waarom hulle planne telkens op niks uitloop?

Dit is belangrik dat elkeen van ons dalk weer opnuut vir onsself die vraag afvra of ons besig is met “n lewe van my eie” waarin ek en my selfsugtige begeertes sentraal staan of leef ek ‘n lewe van toegewydheid aan Hom waarin ek Hom as my Skepper en my God aanhang, dien en eer?  Dit is belangrik om te onthou dat ons nie die een dag die een ding en die volgende dag die ander kan doen nie, want God eis van ons onverdeelde trou . “Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê:  Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon.” (Jak. 4:5).

Dit is dalk tyd om die besluit te neem dat ek nie meer ‘n selfgerigte doellose lewe wil lei nie, maar eerder die voorhuid van my hart te besny.  Hierdie besluit sal tussen my en Hom ‘n teken wees dat ek my selfgerigte en selfsugtige lewe aflê om ‘n doelgerigte lewe in Hom en vir Hom te begin leef.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2318 gaste aanlyn