NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Inbors is soos reukwater vir vroue en naskeermiddel vir mans.  Diegene wat dit gebruik, is beswaarlik bewus daarvan, maar ander wel.

DIE AFRIKANER SE DAE GETEL?

Hannes Ollewagen

2 Timótheüs 3:1-9

“...mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. ...”

Was die Afrikanervolk nie vroeër  ‘n volk wat allerweë beskou is as ‘n Godvresende volk nie?  Ons was ‘n volk wat geleef het uit die krag van ons geloof in God Drie-enig.  Ons geloof in God was die dryfkrag agter alles wat ons aangepak het en sy Woord was die rigtingwyser waarmee ons koers gehou het.

Die Afrikanervolk sal nie die eerste volk wees wat die Woord iewers verloor het en op ‘n dwaalweg geraak het nie.  Die krag van ons geloof het al swakker begin raak totdat daar maar net ‘n leë dop oorgebly het wat met die kleed van godsdienstigheid oorgetrek is – anders gestel, het die gedaante van godsaligheid stand gehou, maar die krag van die geloof en Godsvrees verlore gegaan.

Ons lees in hierdie gedeelte van eienskappe wat by mense te bespeur sal wees in die laaste dae.   Dit is vir my skrikwekkend om te sien hoeveel van hierdie eienskappe gesetel is in die lewens en karakter van my medemens – my volksgenote.  Ons lees in verse 2-4 van hierdie eienskappe wat verdere bespreking verdien.

Mense sal liefhebbers van hulleself wees.  Alhoewel die Woord van God dit pertinent stel dat ‘n mens jouself moet liefhê, is hieraan ook perke.  Die mens is veronderstel om God bo alles lief te hê en daarnaas moet hy sy naaste en homself ook liefhê.  ‘n Mens se liefde vir homself moet egter spruit uit die besef dat jy ‘n unieke skepsel van God is en dat jy jouself liefhet as sy kosbare eiendom.  Jou liefde vir jouself is nie veronderstel om ooit in ‘n verwaandheid te ontaard wat van jou ‘n verdorwe skepsel sal maak nie.  Wanneer ons kyk na allerhande giere wat mense beetpak wat strek van persoonlike nommerplate op hul voertuie tot die bohaai wat ‘n persoon kan opskop wanneer sy ego ‘n bietjie gekrenk word in die openbaar, besef ons dat menige mens se selfliefde ongetwyfeld die oorhand oor sy liefde vir God gekry het.

Die ekonomie het weliswaar in ons land al beter gelyk as vandag.  Dit is egter hartverskeurend om te sien hoedat mense mekaar sal verorber vir ‘n paar rand – ‘n klinklare bewys dat mense dit dalk sê, maar nie werklik glo dat alle goeie gawes uit God se Hand kom nie.  Indien jy laasgenoemde werklik glo, sal jy dit nooit nodig ag om iemand anders te “oorwin” ten einde jou besitting in te palm nie.  Inteendeel, jy sal oortuig wees dat God ook vir jou ‘n afgemete erfdeel uitgemeet het en sal vergenoeg wees met dit wat Hy aan jou toevertrou.

Dit is eintlik bejammeringswaardig om te hoor hoedat mense hul eie selfbeeld moet streel deur allerhande stories van die grootste suksesse (wat gewoonlik net in rand en sent gemeet word) te vertel.  Dit is seker die gevolg van ‘n geslag wat soek na aanvaarding en hoop dat hul prestasies mense genoeg sal beïndruk om hulle lief te kry en te aanvaar.

Wanneer ons sien tot watter mate die dissipline in die skole tekort skiet, besef ons dat hierdie kinders ook in hul ouerhuise nie die toonbeeld van gehoorsaamheid is nie.  Die blaam word egter op die onderwysers en die regering geplaas dat kinders nie meer gedissiplineer mag word nie.   Dit is mos ‘n al te lekker verskoning waaragter die ouer kan wegkruip om sy eie versuim om sy kind te dissiplineer te verbloem.  Min besef ouers watter groot impak hulle op hul kinders se lewens kan maak deur vir hulle ‘n voorbeeld van gehoorsaamheid te stel.  Indien kinders kan sien dat hul ouers ook aan hul hemelse Vader gehoorsaam is, sal hulle ook makliker hul ouers gehoorsaam – aangesien die voorbeeld vir hulle versinnebeeld word.

Die aaklige eienskap van ondankbaarheid kleef soos ‘n melaatsheid aan ‘n groot meerderheid van ons mense.  Mense soek werk, maar net totdat hulle dit kry.  Hulle omhels nie hierdie geleentheid met die grootste dankbaarheid vir uitkoms uit hul ellende nie, maar begin dadelik te kla oor kollega’s,  onbillike werksomstandighede, swak betaling en dies meer.  Mense het selfs verleer om dankbaar te wees teenoor God vir dinge soos gesondheid, lewenskrag, die gawes van verstand, ‘n gelukkige gesin, ‘n eie en pragtige moedertaal, die Bybel in ons eie taal en ja, die voorreg om ‘n Bybel van my eie te besit.   Dit is alles dinge wat ons vir geen oomblik verdien nie.

Hierdie ondankbaarheid is natuurlik die gevolg van die propaganda in ons onderbewuste dat al hierdie dinge ons mensereg is en dat ons geregtig is op dit alles en nog meer.  Wanneer ek dan my mensereg uitoefen om te gaan studeer, kan ek maar tot watter tyd in die nag in nagklubs rondhang, want ek sal ook kan aandring op goeie punte aan die einde van die jaar, want dit is my reg.  Daar is niks om voor hard te werk en dankbaar te wees nie, want ek moet dit mos net vanself kry.

Die bandeloosheid, roekeloosheid en liefde vir genot bo ‘n liefde vir God, is besig om hierdie volk se siel weg te vreet.  Daar is vir mense soveel dinge wat hulle moet geniet, want die lewe is dan so kort.  As jy jou lewe verkeerd leef, is dit inderdaad onsettend kort, want jy haas na die dood wanneer jy die pad van die lewe verlaat.  Wanneer ‘n persoon Maandag tot Donderdag verby wens sodat die naweek met sy pret moet aanbreek en dan Vrydagaand en Saterdag geniet tot so ‘n mate dat jy Sondag moet om slaap om lewe te kry vir die week wat voorlê, is die lewe inderdaad baie kort.  Jy het slegs twee dae van lewe uit ‘n volle week van sewe dae.  Elke dag is ‘n geskenk uit die Hand van God, maar word dit as sulks aangesien en waardeer?

Mense ag dit nie meer van belang om tyd te maak vir die heilige (gewyde) dag van God nie.  Daardie een dag waarin ek rustig moet wees om te dink hoedat Hy dinge in my lewe wil hê.  Daardie dag waar ek voor die Allerheiligste en Alwetende kan ondersoek instel of my lewe nog op die regte koers is – of ek darem nog besig is om ‘n godvrugtige lewe in Jesus Christus te leef en of ek ook maar net oorklee is met ‘n lagie van godsaligheid terwyl ek die krag van die geloof verloën het.  Dit is darem te veel gevra om ‘n dag hiervoor af te staan, veral wanneer ek Saterdag só  geleef het dat ek nie lewenskrag oorhet vir die volgende dag nie.

Wanneer ons die Afrikanervolk in die breë, se lewenstyl langs hierdie onfeilbare maatstaf van die Woord neerlê, besef ons met ‘n skok dat die dae van só ‘n volk moontlik getel is.  Dit is dalk die rede waarom daar so ‘n groot kloof in ons volk se geledere ontstaan wat daagliks al groter word, aangesien diegene wat hierdie dreigende onheil sien aankom, hulle afskei van diesulkes teen wie gewaarsku word in die gelese gedeelte.

Dit is belangrik dat ons as Godvresende volksgenote sal besef dat die oordeel ons nie toekom nie en die dag van die oordeel ook nie vir ons bekend is nie.  Dit is egter duidelik dat die tekens van die tye nie misgekyk kan word nie en die verantwoordelikheid rus op ons om ‘n lewe te leef wat ‘n goeie drag Godsvrug sal oplewer, want wanneer die Landbouer kom ondersoek instel na sy wingerd en dit lewer nie oorvloedig vrug op nie, sal dit dalk uitgeruk word om te verdroog en te vergaan.

Ons ken Hom egter nie as ‘n onbillike Meester nie.  Sou daar dalk ‘n paar lote wees wat belowend vrug oplewer, kan Hy moontlik besluit om nie die wingerd geheel en al uit te ruk nie. Sal Hy nie dalk net met ‘n deeglike snoei suiwering bring om hierdie wingerd op die proef te stel of dit nie in die komende seisoen dalk ‘n groter opbrengs sal lewer nie?

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2531 gaste aanlyn