NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Langenhoven het 'n baie waar uitdrukking gehad dat 'n man van weining woorde se solder te klein is vir 'n klomp kaf. Daarby moet ons onthou dat iemand wat loop en skinder en laster, baie meer oor homself daarme sê as oor sy slagoffer...

WAT ‘N VOORREG!

Hannes Ollewagen

1 Joh. 3:1-24

“KYK wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.” (:1)

‘n Mens kyk soms na die samelewing rondom jou en dan kan jy nie help om te wonder  wat op dese aarde jy nog hier doen nie.  ‘n Mens voel menigmaal nie baie welkom in ‘n samelewing waarin daar min plek vir God en sy gebooie is nie.  Dit laat tog soms, onnodig, die vertwyfeling by ‘n mens onstaan of daar nie dalk fout met jou is nie.  Die hele wêreld kan tog nie verkeerd wees en ek die enigste een tussen soveel mense wat heeltemaal anders dink nie?

Dit is juis dan wanneer jy moet besef dat jy weliswaar iets reg doen, want jy staan uit in die samelewing.  Jy staan uit in die wêreld omdat jy anders is, omdat daar ‘n ander gees in jou is as wat daar in die wêreld is.  Nadat Jesus Christus uit die dood opgestaan het, het Hy sy Gees op sy volgelinge uitgestort wat beteken dat Hy in elke ware bekeerde gelowige se hart en lewe voortleef.  Wanneer ons waarlik tot bekering gekom het in Jesus Christus, stel ons ons harte tot troon vir Hom sodat Hy in ons kan lewe.

‘n Baie groot fout wat menige belydende lidmate maak, is om te dink dat hul geloofsverantwoordelikheid afgehandel is sodra hulle belydenis van geloof in ‘n kerk afgelê het.  Mense reken dat wanneer hulle geloofsbelydenis in ‘n kerk afgelê het hulle die geloofsaangeleentheid afgehandel het en kan voortgaan met die res van hul lewe met ‘n skoon gewete dat hulle saligheid gewaarborg is.  Hierdie is ‘n verskriklike wanpersepsie aangesien die ware geloof in Jesus Christus en die bekering tot Hom ‘n lewenslange verbintenis aan Hom is.  Wanneer ek waarlik Jesus Christus as my Verlosser en Saligmaker aanneem, stel ek my lewe tot sy beskikking, maw myself onder God se heerskappy.  Dit beteken dat ek Hom toelaat om my lewe te dikteer (deur sy Woord) en dat ek streef daarna om volgens sy voorskrifte te leef en Hom te gehoorsaam.  Dit beteken dat ek in Hom sal bly.

Ons samelewing stort in duie terwyl menige “kerke” mense aanmoedig om in hul sonde te volhard in plaas daarvan om mense tot bekering te roep.  Die kerke wil niemand aanstoot gee nie en daarom word verskonings uitgedink waarom mense maar eerder in hul sondes kan volhard as om mense te vermaan en te berispe.  As God diegene tugtig wie Hy liefhet, is die kerk nie veronderstel om dieselfde te doen nie?  “Almal wat ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.”  (Open. 3:19).  “...want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos ‘n vader die seun in wie hy behae het.”  (Spr. 3:12).  As die Here ons met die roede besoek en ons land lamlê met ‘n allesverwoestende droogte wat mens en dier laat versmag, kan talle teoloeë nie wag om mense te verseker dat die droogte geensins met sonde verband hou nie.  Wanneer ons land uitmekaar geruk word deur ‘n onbevoegde  regering wat die voltrekking van God se strafgerig oor ‘n wederstrewige volk is, moet ons maar glo dat die son weer sal skyn wanneer die onbevoegde staatshoof tot ‘n val gebring word.  Niemand is so blind soos hy wat nie wil sien nie.

Dit is belangrik dat ons sal besef dat daar ‘n groot verskil bestaan tussen godsdienstige mense en Godvresende mense.  Dit is niks besonder om ‘n godsdienstige mens te wees nie, want daar is weinig mense op hierdie aarde wat nie een of ander godsdiens beoefen nie.  Selfs diegene wat hulself as verhewe bo enige vorm van godsdiens beskou, is ironies genoeg besig met die godsdienstigheid van individualisme (“eie-ek” godsdiens).  Daar is egter net ‘n handjievol mense wat bevoorreg is om die enigste ware en lewende God van hemel en aarde te aanbid.  Hy wie van alle ewigheid af was en tot in alle ewigheid sal wees.  Dit is daardie handjievol mense wat ag gegee het op die roepstem by die deur van hul harte en Hom in hul lewens ingenooi het om die troon van hul harte te bestyg.  “Kyk, ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.”  (Open. 3:20).  Dit is hierdie mense wat nie meer in beheer van hul eie lewens wil wees nie, maar hul lewens vrywillig aan God se gesag onderwerp en na sy Wil in hul lewens streef.  Dit is hierdie mense wat uit dankbaarheid en liefde aan Hom diensbaar en gehoorsaam is, vir wie Hy kinders van God gemaak het.  Dit is diegene wat verstaan dat Hy nie sommer maar net om moedswillig te wees die skepping van droogte sal laat vergaan nie.  Dit is diegene wat verstaan dat ‘n goddelose regering nie toevallig oor ‘n volk aangestel word nie.  Dit is diegene wat verstaan en erken dat Hy volkome in beheer is.

‘n Groot verskil tussen godsdienstige mense en kinders van God is natuurlik dat godsdienstige mense baie passief in hul godsdiensbeoefening is.  Godsdienstige mense hou nie daarvan dat hul lewens verontrief word nie en oppofferings is ook nie juis hulle idee van pret nie.  Godsdienstige mense wil gedurig sake só rankskik dat hulle in beheer van sake sal wees, maar kinders van God probeer sake só rangskik dat Hy in beheer van sake sal wees.

Die kinders van God besef sekerlik dat daar baie werk is wat in sy koninkryk hier benede gedoen moet word en dat Hy ons ook nie ledig wil vind wanneer Hy kom om sy eiendom te kom haal nie.  Dit is waarom sy kinders hulle besig hou met die werk waarin Hy hulle uitstuur en derhalwe daagliks hul lewens daaraan toewy om Hom diensbaar te wees .  Dit beteken nie dat ons almal predikante moet word of in Afrika moet invaar op allerhande sendingveldtogte nie – allermins!  Dit beteken dat ons ons hemelse Vader moet dien daar waar Hy ons geplant het.  Dit beteken dat ons alles wat ons daagliks doen, moet doen asof in diensbaarheid aan Hom sodat Hy in alles wat ons doen, verheerlik sal word.

Ons wonder soms waarom God se kinders feitlik oral in die minderheid is – nie net in die minderheid nie, maar meestal verreweg in die minderheid.  Die antwoord is eenvoudig: sodat ons nie in eie krag sal kan roem nie, want God se krag word in swakheid volbring.

Ek wil vandag die kinders van God bemoedig om nie moeg te word in u ywer nie, moenie moedeloos raak en voel dat u ‘n verlore stryd stry nie.  Die stryd is eeue gelede reeds gewen en ons werk gaan nie ongesiens voor die oë van onse HERE verby nie.   “Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke,…”  (Open. 2:19).  Net soos wat Hy bewus was van die doen en late van die gemeente in Thiatíre, is Hy ook bewus van elkeen van ons se werke.

Wanneer u voel dat u nie tuis hoort hier op aarde nie, onthou dat ons maar net tydelik hier is.  Moet ook nie die tyd hier benede omwens nie, want ons het net eenkeer die voorreg om hier op aarde vir God diensbaar te wees en ons moet derhalwe ons allerbeste vir Hom gee nadat Hy ons die onverdiende geskenk vandie ewige lewe gegee het.

Onthou, die eenkeer wat Jesus Christus as mens die aarbodem bewandel het, het Hy niks minder as sy allerbeste vir ons gegee nie en ons daardeur kinders van God gemaak!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2479 gaste aanlyn