NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer jy iemand kan vergewe vir iets wat hy teen jou verkeerd gedoen het, is dit 'n bewys van oorwinning – die oorwinning van die Gees oor die vlees, en suiwer genade. As jy nie kan vergewe nie sal die skerp klip van wrok en haat in jou hart, jou mettertyd verteer.

LAAT ONS VOOR HOM KNIEL

Hannes Ollewagen

Psalm 95:1-11

“Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.”

Een van die grootste uitdagings van ons tyd is sekerlik om lewensperspektief te behou.  Die media, die samelewing en selfs menige kerke is só deurspoel met die besmetting van individualisme en humanisme dat hierdie smetlike en veragtelike denkwyse soos ‘n kanker versprei.

Daar is min dinge wat só suksesvol gebruik word om mense se individualisties-humanstiese denke te bevorder as die skepping van sport-ikone en filmsterre.  Hierdie mense word gedurigdeur voorgehou as mense wat “ware vreugde” in die lewe smaak deur hul glansryke lewens.  Daar kan nie genoeg berigte geplaas word van hul pragtige vakansies, uitspattige feesgeleenthede en eervolle bekronings nie.  Die een na die ander “ster” word geskep, gepoets en na ‘n rukkie weer vergeet.

Hierdie mense word aangewend om mense se denkrigting te kanaliseer dat alles in die wêreld net rondom jouself en jou eie geluk wentel.  Dit is seker nie toevallig dat hierdie “ikone” selde uitgebeeld word saam met mense vir wie hulle waarlik lief is en saam met wie hulle ware lewensvreugde ervaar deur vir hulle iets te beteken nie?  Dit is omdat hulle juis vir die teendeel in die samelewing aangewend word.

Die enigste onfeilbare Ikoon wat hierdie aardbodem bewandel het, nl. Jesus Christus, leer ons dat alles in die lewe juis nie rondom onsself draai nie.  Inteendeel, Hy leer  ons dat God die middelpunt van ons lewens moet vorm en dat ons lewens rondom Hom moet wentel.  Ons is veronderstel om ons gehoorsaamheid aan Hom en liefde vir Hom daadwerklik te betuig deur dit in dade aan ons medemens uit te leef.  Was daar nog iemand wat só onselfsugtig as Jesus geleef het?  Kan ons dink aan nog  iemand in die wêreld se geskiedenis wie soveel mag gehad het en só min daarvan vir sy eie selfsugtige voordeel aangewend het as wat Hy gedoen het?  Hy wat die mag gehad het om met een versoek twaalf legioene engele tot sy beskikking en verdediging te kry toe Hy gevange geneem is, was so onderdanig en onselfsugtig dat Hy nie van hierdie mag gebruik gemaak het nie.

Ons dink aan die konings van die Ou Testamentiese tyd wat menigmaal so onselfsugtig begin het in hul heerskappy, maar mettertyd het die “eie-ek” en die selfsug tot gevolg gehad dat hul afgesien het van hul onderdanigheid aan God ten einde hul selfsugtige strewes na te jaag.  Dit het sonder uitsondering tot gevolg gehad dat hierdie magtige heersers almal lewensperspektief verloor het en hul heerskappy tot ‘n einde gekom het.   Weereens was die enigste Een wat lewensperspektief behou het van die wieg tot aan die graf die Een wat in sy grootste neerlaag as Oorwinnaar kon verklaar “Dit is volbring!” (Joh. 19:30).  Hy het nie ‘n millimeter afgewyk van die opdrag wat Hy vanaf God ontvang het nie en was tot die dood getrou en onderdanig aan die wil ons hemelse Vader.  Dit het tot gevolg gehad dat Hy ook verhoog is tot die Een aan wie alle mag oorgegee waar Hy sit as Heerser aan die regterhand van God die Vader.

 

Dit was egter nie net die konings van Israel en Juda wat lewensperspektief verloor het a.g.v. selfsug nie.  Ons samelewing gaan ten gronde a.g.v. mense wat lewensperspektief verloor.  Mense se ingesteldheid het verskuif van ‘n lewensbeskouing van diensbaarheid en gehoorsaamheid aan God na ‘n lewensbeskouing waar die mens verhef is tot die middelpunt van sy eie bestaan.  Dit raak dus vir mense onmoontlik om skuld te beken en derhalwe sal daardie foute ook nie reggestel word nie.  Alvorens ‘n fout nie erken word nie, kan daar nie aan gewerk word nie.

Dit het ongetwyfeld tyd geword dat ons lewensperspektief sal herwin in die lewe ten einde staande te bly.  Dit is geen wyse mens wat reken dat hy in eie krag in die onstuimige lewensomstandighede sal kan staande bly nie.  Dit is slegs diegene wie se fondament op die Rots gelê is wat teen die storms van die lewe in sal kan bly bestaan.  Dit is egter krities dat ons ons perspektief sal toets aan die onfeilbare Raad van die onfeilbare Ikoon wat nooit lewensperspektief verloor het nie!  Dit beteken dat ons nie die Woord sal hervertaal of oorskryf wanneer dit nie meer by ons veranderde lewensbeskouing inpas nie.  Dit beteken dat ons nie slegs daardie gedeeltes in die Woord sal lees wat ons in die gehoor streel nie.  Dit beteken dat ons nie slegs uit gewoonte die Bybel sal lees nie, maar eerder indringend sal bestudeer ten einde die dwalinge in ons eie perspektief te kan uitken, erken en regstel.

Ons ken almal die roerende verhaal van Job wat deur soveel teëspoed aan God getrou kon bly.  Job het egter op ‘n stadium in sy uiters ellendige toestand ook begin om lewensperspektief te verloor toe hy ten bloede toe probeer weerstand bied het teen die aanklagte van sy vriende.  Hy het só hard probeer om sy onskuld te bewys dat Hy vir ‘n oomblik vergeet het van die soewereiniteit van God wat geen verduideliking aan enige skepsel verskuldig is nie.  God het Job dringend aangespreek in Job 38 – 40 en hom selfs uitgedaag om Hom dan as raadgewer te dien aangesien hy wat Job is dan beter as God weet hoe om die wêreld te regeer.  “Gord dan soos ‘n man jou heupe – dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My.” (Job 38:3).

Kom, laat ons dan ook vandag die besluit neem om ons weer tot die regte lewensperspektief te wend.  Dit sal vir ons ‘n wyse keuse wees om weer ‘n lewensperspektief te huldig wat deur die Woord dikteer word en nie deur ons eie en selfsug-besmette lewensbeskouings nie.  Dit sal vir ons die lewe en behoud beteken as ons ook opnuut besluit om onsself voor Hom neer te buig en te besef dat daar inderdaad vir ons ‘n doel hier benede is wat veel groter as net onsself is.

Daardie doel is om volgens die wil van God te leef.  Daardie doel is om ons lewens as ‘n dankoffer en lofoffer aan Hom toe te wy.  Dit sal ons weer die gevoel van waardigheid laat beleef aangesien ons weer opnuut sal besef hoe hoog-geëerd ons is om geroepe te wees en in diens te staan van die Allerhoogste God en Koning van alle eeue!

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2801 gaste aanlyn