NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In hierdie moderne tyd dink ons dat die Bybel se betekenis soos al die ander dinge verander het, maar dit is die een saak wat so vas soos 'n rots staan: die Bybel het vandag nog presies dieselfde betekenis as al die eeue. Met betrekking tot egskeiding sê Jesus vir sy dissipels: "Wat God saamgevoeg het mag geen mens skei nie". Ook dat die man en die vrou egbreuk pleeg wanneer hulle weer met iemand anders trou – lees Markus 10. Wie dínk ons ís ons om hierdie woorde van Jesus in die wind te strooi asof dit nie meer vandag op ons van toepassing is nie – wat maak óns geslagte so besonders dat óns los en vas mag trou en skei!

IN U LIG

Hannes Ollewagen

1 Johannes 1:1-10

“EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig:  God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.” (:5&6)

Ons hoor gereeld in die media hoe donker die toekoms van Suid-Afrika lyk.  Hierdie uitsiglose en donker toekomsverwagting wat geskep en gepropageer word, veroorsaak dat talle mense elders in die wêreld na ‘n heenkome gaan soek.  Hulle voel asof daar vir hul geen toekomsvooruitsig is nie en wanneer hulle die toekoms inkyk, is daar vir hul ‘n donker tonnel met geen ligpuntjie nie.

Ek is egter van mening dat dit nie nodig is om tot aan die uithoeke van die aarde te vlug opsoek na ‘n beter toekoms met ‘n helder toekomsverwagting nie.   Die lig vir ons lewens is veronderstel om in elke Godvresende volkshuishouding teenwoordig te wees in die vorm van die Woord van God.  Was die begin van die donker toekoms vir die Afrikanervolk en ook vir Suid-Afrika nie juis die tydperk net nadat ons afstand gedoen het van ‘n Godvresende grondwet in die land nie? Is die feit dat die duisternis soos ‘n donker wolk oor ons land en volk hang nie juis te wyte aan die feit dat ons as volk ons roeping as ligdraers van God versaak het nie?

Ek beskou dit as geen toeval dat in die jare nadat die oorgrote meerderheid van die Afrikanervolk ons pand as diensvolk van God neergesmyt het, die gety in hierdie land begin draai het nie.  Dit is opgevolg met ‘n groterwordende sekulêre lewensbeskouing en sedelose lewenswandel.  Mense het gesê dat hulle Christene is (m.a.w. gemeenskap met Hom het), maar hul lewenswandel het nie meer getuig van mense wat met Hom wandel nie.  Die geloofseenheid is uitmekaar geskeur, families en gesinne is aan flarde geruk, ons ekonomiese, militêre, onderwys en feitlik elke ander prestasie het uitgeloop op volslae mislukkings.

Mense verkies om hulself maar eerder doof te hou vir hierdie harde waarhede.  Dit is omdat die mens nie wil erken dat hy verkeerd is nie, want ons voel mos gewoonlik dat ons verloor wanneer ons ons foute erken.  Die een fout wat ‘n mens kan maak wat meer rampspoedig is as om van God en sy Woord afvallig te raak, is om te ontken dat jy skuld het en sodoende in jou sondigheid te volhard.  Ons dink maar aan Saul wat alle moontlike verskonings wou uitdink om sy ongehoorsaamheid aan God te probeer ontken teenoor Samuel wat hom oor sy ongehoorsaamheid aangespreek het.  Hierdie verharding van Saul het hom op die einde van die dag die koningskap wat God aan hom toevertrou het, gekos.

Ons sien so dikwels mense wat dieselfde dwaalweg van duisternis bewandel.  Die gevolge is dan ook ongelukkig duidelik sigbaar in die lewe van ‘n persoon wat in sy sonde volhard.  Ons dink maar aan ‘n persoon wat dalk ‘n drankverslaafde is.  So lank as wat die persoon sal ontken dat hy ‘n probleem in sy lewe het, so lank sal die satan op hierdie weg van duisternis verwoesting saai.  Die volharding in sonde kan die persoon bes moontlik sy huwelik, sy werk en sy gesin kos so lank as wat hy kies om daarin te volhard.  Die persoon kan ook die teendeel kies en sy gebrokenheid voor God in opregtheid bely en Hom om genade smeek vir genesing en verlossing uit die mag van die duisternis om sodoende in gemeenskap met Hom te leef.

Die Woord leer ons dat daar nie een mens op aarde is wat sonder sonde is nie.  “AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.”  (:8).  ‘n Persoon wat reken dat hy geen sonde het nie, ontken eintlik dat hy Christus as Verlosser nodig het.  Die Woord leer ons egter dat deur die genade van God wat in Christus Jesus aan ons geopenbaar is, ons sondes wat ons in swakheid begaan is, ons nie meer toegereken word nie.  Jesus nooi ons uit om met vrymoedigheid daardie dinge wat skeiding maak tussen ons en Hom, daardie dinge wat ons gemeenskap met Hom ontneem, aan Hom te bely sodat Hy dit met sy kosbare Soenbloed kan wegwas om ons rein voor Hom te stel.

Ek wil u dus uitnooi om in opregtheid u hart voor God te ondersoek.  As u ook ‘n donker toekomsvooruitsig sien, is dit dalk nodig om u lewe in sy Lig te ondersoek ten einde die duisternis in u lewe te verdryf.  Onthou, wanneer u u sondes erken en bely, beteken dit nie dat u verloor het en ‘n mislukking is nie.  Inteendeel, dit beteken eerder dat u wil bewys dat u nie deur die sonde oorwin is nie. Dit beteken eerder dat u vroegtydig genoeg die las van sonde in die hande van die Oorwinnaar gee – Hy, wat alle magte van die duisternis by sy Lig oorweldig.

Dit is vir die kinders van God onaanvaarbaar om die sonde te dien of om daarvoor bang te wees.  Jesus het dan juis gekom om die mense wat in Hom glo van die heerskappy van sonde te verlos.  “Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep:  Abba, Vader!”  (Rom. 6:15).

Daarom kan die media maar onheil en duister berig as dit is wat hulle vir die toekoms sien.  Terwyl die wêreld wanhoop en en duisternis verkondig, wil ek u aanmoedig om u toekomsvisie veel eerder te gaan vorm uit die onfeilbare Woord van God.  Ek sê vir geen oomblik dat ons die realiteit van ons samelewing moet ontken nie, maar ek wil elkeen waarsku om nie meegesleur te word oor die afgrond van wanhoop en moedeloosheid nie.  Ek is seker dat die geskiedenis kan getuig van menige gevalle waar die media al vir mense gelieg het, maar die Woord van God is meer suiwer as die beste edelmetaal!  “Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer, sewe maal.”  (Ps. 12:7).

As u besef dat u uself ook op ‘n dwaalweg van duisternis bevind, moenie verder ontkennend leef en voel-voel in die duisternis rondtas nie.  Gryp na die Woord van God wat u sal dien as lig om die duisternis te verdryf.  “U Woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.”  (Ps. 119:105).

Die geskiedenis getuig nêrens van mense wat hulself nie op een of ander stadium in tye van diepe duisternis bevind het nie.  Die geskiedenis getuig wel van mense wat in sy Lig die lewenslig gevind het.  “Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.”  (Ps. 36:10).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2207 gaste aanlyn