NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God het alles goed geskep maar ook vooruit geweet dat daar kwaad uit die goeie sou voortkom. Maar dit is ook sy Alvermoë wat weer goed uit die kwaad laat voortkom wanneer ons na Hom terugkeer.

7 SEPTEMBER

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God het alles goed geskep maar ook vooruit geweet dat daar kwaad uit die goeie sou voortkom. Maar dit is ook sy Alvermoë wat weer goed uit die kwaad laat voortkom wanneer ons na Hom terugkeer.

WEES DANKBAAR VIR JOU AFGEMETE ERFDEEL

Hannes Ollewagen

Spreuke 30:1-33

“Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie:  Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is;” (:7&8)

In die eerste vier verse van die gelese gedeelte kry ons te doen met ‘n man wat hartstogtelik na God soek.  Ons kan sien dat hierdie spreukedigter waarlik met diep denke en vrae na die Aangesig van God gesoek het.  Hoe wonderlik om te sien dat God Hom ook nie verborge hou na die wat in waarheid en opregtheid na Hom vra nie.  Die spreukedigter leer God van nader ken.  Ja, hy leer soveel van God in sy soeke na Hom dat Hy selfs die ontdekking maak na die Drie-eenheid van God en verwys na die Seun van God selfs honderde jare voordat Jesus as mens aan die wêreld geopenbaar is.  “…En hoe is die Naam van sy Seun – as jy dit weet?”

Die spreukedigter maak die verdere ontdekking dat God se woorde nie maar losstaande reëls en regulasies is nie, maar dat elke woord van God gelouter is en dat dit suiwer is.  Hierdie kennis van God lei daartoe dat die spreukedigter in vers 7-9 die vrymoedigheid het om iets van God te vra.  Wat meer is, is dat die spreukedigter dinge vra wat hom meer welgevallig voor God sal maak.  Hy soek derhalwe daarna om God te behaag en vra om vry te wees van valsheid en leuens omdat hy weet dat God ‘n afsku hiervan het.  Hy vra ook dat God aan hom sy bestemde erfdeel sal gee en ons leer in hierdie gedeelte verder dat die spreukedigter besef dat dit welgevallig is voor God om vergenoegd te wees met jou afgemete erfdeel.

Dit is nie alleen die spreukedigter wat vir ons leer dat vergenoegdheid ‘n baie mooi eienskap is nie.  Ons leer in Jakobus 4 dat hartstogtelike begeertes die oorsaak van menige ellendes in die lewe is.  “WAARVANDAAN kom oorloë en vegterye onder julle?  Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie?  Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie, omdat julle nie bid nie.  Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.”  (Jak. 4:1-3).

Dink maar hoeveel ellende veroorsaak mense wat nie tevrede is met hul afgemete erfdeel nie en dan hul hande uitstrek na die afgemete deel van ‘n ander.  Hoeveel mense is daar wat na ‘n paar jaar van ‘n gelukkige huwelik nie meer tevrede is met hul lewensmaat nie en dan begin hunker na ‘n mooier, spontaner lewensmaat wat dalk boonop aan iemand anders behoort.  Dink maar aan die talle sakemanne wat nie tevrede is met hul eie onderneming nie en met bedrieëry ander mense onderkruip ten einde hul begeerlikheid na ‘n ander se eiendom te bevredig.  Dink maar aan die boer wat nie kan wag dat sy buurman ‘n misoes ly ten einde die aangrensende plaas te bekom nie.  Dink hoe veragtelik hierdie dade in die oë van God moet wees om te sien hoe een mens dit wat Hy vir ‘n ander afgemeet het, weg roof!  Die geskiedenis van Agab se begeerte na die wingerd van Nabot is vir ons ‘n sprekende voorbeeld.

Wanneer ons hierdie saak met groter erns beskou, besef ons waarom ‘n ondankbare mens in 2 Tim. 3:2 as bedorwe geklassifiseer word.  “Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, “.  Ondankbaarheid is sekerlik een van die lelikste eienskappe van ‘n mens.  Dit is ongelukkig ook ‘n eienskap wat geweldig aan die toeneem is in ‘n samelewing waar daar soveel kitsoplossings vir dinge bestaan.

Die ware kind van God is egter nie veronderstel om deur die wêreld bederf te raak nie.  Ons is inteendeel veronderstel om die sout van die aarde te wees waarmee die bedorwe wêreld beter gemaak word.  Ek is veronderstel om in die oggend my oë oop te maak en dankbaar te wees teenoor God Drie-enig wat vanoggend weereens vir my die GESKENK van nuwe lewe, van ‘n nuwe dag, op my eie afgemete erfdeel verleen.

In plaas daarvan dat ek myself met ‘n ondankbare geswoeg uit die bed trek en myself met murmerering na die werk sleep, is ek veronderstel om dankbaar te wees vir die deel wat God vir my as mens afgemeet het.  Die tyd wat ek daaraan spandeer om my kinders te vergelyk met ander wat nie so ongehoorsaam en hardkoppig as my kinders is nie, my vrou te vergelyk met ‘n ander of my huis en motor as minderwaardig teenoor my naaste s’n te beskou, kan ek God in my hart dank vir hierdie onverdiende gawes wat Hy vir my afgemeet het.

Ons is geneig om ‘n liberale lewensbeskouing te beperk tot die politieke terrein.  Ek is egter van mening dat ‘n afkeer aan jou eie afgemete erfdeel, of dit jou werk, jou huwelik, jou huis, of wat ookal is, niks anders as ‘n liberale besmetting van jou gedagtes is nie.

Dit sou naïef wees om te verkondig dat die mileu waarin ons leef maneskyn en rose vir die behoudende Christenpersoon is.  Dit sou terselfdertyd ‘n sonde van ondankbaarheid wees om die goeie waarmee ons hemelse Vader ons selfs in hierdie moeilike lewensomstandighede seën, mis te kyk.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2591 gaste aanlyn