NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug, ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!- Jesaja 63:17

PRAAT MET HOM!

Hannes Ollewagen

Exodus 5:22-24

“Toe gaan Moses weer na die HERE en sê:  Here, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen?  Waarom het U my tog gestuur?”  (:22)

Toe God aan Moses verskyn het om aan hom die opdrag te gee as leier van God se volk, was Moses nie dadelik gewillig om te gaan nie.  Die feit dat Moses dalk die groot verantwoordelikheid van hierdie roeping deeglik besef het, het waarskynlik tot gevolg gehad dat hy homself nie as opgewasse hiervoor beskou het nie.    Na vele verskonings het God se geduld met Moses min geraak en het hy besef dat God se woorde nie ‘n versoek was nie, maar eerder ‘n duidelike opdrag waaraan hy moes gehoor gee.  “Toe ontvlam die toorn van die HERE teen Moses ...”  (Ex. 4:14).

Die Moses wat ons na hierdie ontmoeting met God leer ken, was egter die toonbeeld van nederigheid, sagmoedigheid en gehoorsaamheid aan God.   Moses het nie verder teruggedeins vir enige opdrag deur God aan hom opgedra nie.  Na sy aankoms in Egipte het Moses met die oudstes van die volk Israel ontmoet en hulle ingelig van God se belofte om verlossing onder die hiel van slawerny in Egipte.  “En Moses en Aäron het vertrek en al die oudstes van die kinders van Israel bymekaar laat kom; en Aäron het al die woorde gespreek wat die HERE aan Moses gesê het, en die tekens gedoen voor die oë van die volk.”  (Ex. 4:29-30).  Hierna is Moses en Aäron na die Farao van Egipte om die opdrag van God aan hierdie vors mee te deel.  Hierdie heidense heerser het God egter nie gevrees nie en derhalwe nie gehoor gegee aan die opdrag wat aan hom gebring is nie.

Die besoek van Moses en Aäron is deur die Farao met ‘n gebaar van vyandigheid begroet.  Die werksomstandighede van die volk Israel is in opdrag van die Farao bemoeilik.  Min het hierdie heerser besef dat hy met hierdie optrede ‘n uitdaging aan God gestel het en net so min het Moses dit dalk op hierdie stadium besef.  Moses het verantwoordelik gevoel vir die toenemende swaarkry vir die volk Israel en hy kon nie begryp hoedat dit kon gebeur nie, aangesien hy dan net gehoorsaam was aan God se opdrag.  Was dit dan nie God se opdrag aan hom nie?  Het God dan nie beloof dat Hy die volk uit Egipte sou uitlei nie?  Nou is hulle lewe inteendeel onder moeilike omstandighede net verder belas.  Met alle respek, het hy nie ten tye van sy roeping al verskoning aangebied omdat hy hierdie situasie kon voorsien nie?

Dit is in hierdie stadium dat Moses besluit om na die aangesig van God te gaan soek.  Hy moes antwoorde kry; hy moes verstaan.  Dit is nie met murmerering waarmee Moses na God gaan nie, maar met die grootste nederigheid en opregtheid.  Hierdie saak was vir hom te belangrik, te na aan sy hart, om dit nou sommer net as afgehandel te beskou. God het dan belowe en Hy is geen leuenaar nie.  Hy moes daarom vir God vra wat gaande is, want hy kon dit nie op hierdie stadium begryp nie.

Hoeveel van ons het nie al hierdie omstandighede beleef nie?  Menigmaal was ons tot op die letter gehoorsaam aan die Woord van God om dan te voel asof ons gehoorsaamheid ons juis die oorwinning gekos het.  As ek dan alles reg gedoen het, waarom het hierdie situasie só rampspoedig uitgedraai?  Ek was dan gehoorsaam aan God, waarom het Hy my nie gehelp nie?  Het God my gefaal of het ek Hom onwetend gefaal?

Die Here wil nie hê dat gevoelens soos bogenoemde ons gemeenskap met Hom ontneem nie.  ‘n Baie groot neerlaag in u lewe het dalk aanleiding daartoe gegee dat u selfs nie eers vandag meer wil bid nie, want wat help dit in alle geval?  U het dan so hard, so aanhoudend gebid, maar God het nie gered soos u verwag het nie.  Die antwoord is juis in laasgenoemde sin opgesluit – Hy het nie gehelp soos wat “u verwag het nie.”  Dit beteken nie dat God nie meer omgee oor u omstandighede nie.  Die vyand (satan) sou dit net soveel waardeer as u u nie weer tot God wend nie as wat die Farao van Egipte dit sou waardeer, want ons almal weet wat die einde van Farao was wat hom teen God durf verset het.  So weet elke ware gelowige ook wat die vasbeslote lot van ons vyand is, wat homself ook teen God verset het en steeds soveel kinders van God in slawerny vashou.

Die kragtigste wapen in ons hand om ons vyand te bestry, is dieselfde wapen wat Moses met groot welslae aangewend het.  So het koning Dawid hierdie wapen ook met groot welslae aangewend en moet elke gelowige dit vandag steeds met groot welslae aanwend, want dit is steeds effektief!  Hierdie wapen is gebed.  Weet ons dat God daarvan hou wanneer ons opreg met Hom praat?  “...maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.”  Spr. 15:8.  As ons God se kinders is, wil Hy mos graag hê dat ons met Hom sal praat en wanneer Hy luister, kan ons verwag dat kragdadige gebeurtenisse sal volg, maar op sy tyd en volgens sy volmaakte raad.  Jak. 5:16:”...Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.”

Die verwoesting ons onder volk is groot, die neerlae is baie en die verliese en offers was dalk meer as wat ons menslik denkbaar kon bied.  U omstandighede lyk dalk tans asof u neerlaag ‘n uitgemaakte saak is, maar onthou dat u steeds ‘n uitweg het.  Die kind van God het steeds die voorreg om in waarheid en opregtheid voor die aangesig van God te verskyn en sy grootste verlies, sy diepste kommer, sy seerste seer aan Hom te vertel.  Dit is dalk al wat nodig is, al waarvoor Hy wag, voordat Hy u grootste vyand ook in die diepste see van vernietiging werp en u met vreugde oorklee.

Dalk is u verlossing nie so spoedig nie, maar eerder ‘n reis met Hom soos wat die geval met Israel was.  Ek kan u nie hierop die beslissende antwoord gee nie, maar ek kan vir u die rigting wys na Hom wat die oplossing ken; die rigting na Hom wat op u ontmoeting met Hom wag.

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2305 gaste aanlyn