NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Word almal geoordeel?  Ja, maar nie almal word veroordeel nie.  Slegs diegene wat sonder Jesus gesterf het.  En die gelowiges?   Oor hulle aanvanklike klagstaat is die bloed van Christus gestort: “....En die bloed van Christus reinig ons van alle sonde” (1 Joh.1:7).   Dis God se uitveër!

HOE LYK U PRIORITEITE?

Hannes Ollewagen

Matt. 6:1-18

“Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.” (:6).

Ons het tevore gepraat oor die belangrikheid van gebed.  Daardie groot voorreg wat ‘n mens het om vir ‘n oomblik voor die Aangesig van die almagtige God te verskyn.  Daardie voorreg om jou grootste geheime, jou diepste hartseer, kommer en begeertes voor Hom neer te lê.  Daardie tyd wat afgesonder is net vir uself en God.

In die gelese gedeelte het Jesus Christus sy volgelinge leer bid.  Enige ware gelowige sal die Onse Vader uit sy kop ken, maar besef ons ook dat ons hierdeur geleer word om ons lewensprioriteite agtermekaar te kry?   Wanneer ek die Onse Vader as ‘n rympie elke oggend en elke aand uit gewoonte aframmel, sal dit nie voor God aanneemlik wees nie aangesien ek nie opreg is in my gebed nie.  Wanneer die sake wat in hierdie modelgebed egter vir my van belang is en ‘n prioriteit is in my lewe, sal ek in opregtheid oor hierdie sake met God kan praat in gebed.

As ek oor die afgelope week na my gebedslewe moet kyk – hoe het dit daar uitgesien?  Was my gebede oor myself, my begeertes, my hartseer en hoe ander mense my te na kom in die wêreld wat my onregverdig behandel?  Dit is hartseer om te sê, maar dit is hoe menige gebedslewens daar uitsien en dan verstaan mense nie waarom hulle gebede nie beantwoord word nie.  Die antwoord hierop is egter eenvoudig dat wanneer jy mooi na hierdie gebedslewe kyk, sal jy besef dat daarin weinig plek vir God is wanneer alles net rondom jouself draai.

Aan die maatstaf van die modelgebed wil ek u vandag uitnooi om die prioriteite in u lewe te meet en te rangskik.  Die eerste gedeelte van die Onse Vader handel natuurlik oor die heiligheid van God se Naam, sy Koninkryk en sy Wil.  Hierop wil ek vir u vra hoe ons lewens werklik daaruitsien?  As ons as gelowiges bid dat God se Naam geheilig word, is dit vir ons geoorloof om films en televisieprogramme in ons huise toe te laat waarin sy heilige Naam gedurig belaster word?  Is dit reg dat ons hierdie tipe sake ondersteun?  Ek bid vir die heiliging van sy Naam, maar my dade ondersteun die sake wat die teenoorgestelde doel nastreef?

Wanneer ek bid dat sy Koninkryk sal kom is ek mos ook veronderstel om diensbaar te wees in hierdie saak.  Dit beteken dat ek sal ywer om sy Koninkryk in my gesin, my loopbaan en alle aktiwiteite sigbaar te maak vir mense om te sien, want sy Koninkryk is binne-in ons.  Wanneer ek bid dat God se Wil moet geskied, is ek veronderstel om my in nederige ootmoed aan Hom te onderwerp.  Dit beteken dat ek Hom in liefde en gehoorsaamheid onderdanig sal wees en sal berus in sy raadsbesluite wat dalk die teenoorgestelde is as my persoonlike strewes.  Dit beteken dat ek myself volkome aan sy Wil sal onderwerp soos wat Jesus self vir ons die voorbeeld gestel het in Getsémané toe Hy gebid het dat God sy lydensbeker by Hom sou laat verbygaan.  “…My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.”  (Matt. 26:39).

Die feit dat ons eie begeertes ondergeskik moet wees aan God se Wil beteken nie dat ons geen behoeftes meer het nie.  Dit beteken ook nie dat ons geen doelwitte mag hê en geen goeie dinge van God mag vra nie.  Dit beteken egter dat ons daarin sal berus dat Hy die goeie deel wat vir ons elkeen afgemeet is aan ons sal gee, maar nie tot ons nadeel nie.  Jesus leer vir ons dat ons ons afhanklikheid van ons hemelse Vader sal erken deur ons behoeftes aan Hom bekend te maak en om Hom te vra om vir ons te voorsien.  Hy leer ons egter ook hierdeur dat ons tevrede moet wees met ons afgemete deel vir elke dag en om op Hom te vertrou om vir ons te voorsien in ons behoeftes.

Ons kom dan ook natuurlik by die gedeelte wat elke mens so bietjie in ‘n moeilike posisie plaas.  Ek moet vra dat God my sal vergewe soos wat ek ander vergewe wat teenoor my oortree het.  Kan ek met eerlikheid sê dat ek graag wil hê dat Hy my op dieselfde wyse sal vergewe, m.a.w. so hier en daar met ‘n voorwaarde aan verbonde of dalk is daar ‘n sakie of twee wat ek net as onvergeeflik beskou?  Die rede waarom vergifnis vir ons as mense so moeilike saak is, is seker omdat dit vir ‘n mens voel dat jy verloor het wanneer jy ‘n ander persoon vergewe.  Hierdie is egter ‘n uiters suksesvolle taktiek van Satan, want solank as wat jy met hierdie wanindruk in jou lewe rondloop, is daar net een wenner en dit is Satan wat in jou en ander mense se lewens verwoesting saai.   Wanneer jy egter erken dat Jesus die mag van sonde oorwin het en dat Hy alleen die reg op oordeel het, plaas jy Satan in ‘n skaakmat-posisie.

Dit is vir ons maklik en boonop gerieflik om te bid dat God ons nie in versoeking moet lei nie, want as ek dan struikel is ek sommer geneig om soos Adam die blaam op God te wil plaas.  Ek het dan gevra dat God my nie in die versoeking sal lei nie.  Wanneer ek hiervoor bid is ek ook mos veronderstel om myself ten beste te probeer weerhou van plekke en situasies waar ek in versoeking kan beland, nie waar nie?  “Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie.  Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.  Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.”  (Jak. 1:13&14).

Wanneer ek bid om verlos te word van die Bose, is ek mos veronderstel om my lewe te ondersoek vir dinge waarin Satan my laat struikel en hierdie dinge voor God bely terwyl ek Hom om barmhartigheid en verlossing smeek.  Daarbenewens moet ek ook gedurig in herrinnering roep die male sonder tal wat God my in die verlede verlos, vergewe en gered het en onthou om Hom gedurigdeur in my hart, my lewe en my gebede hiervoor te loof omdat Hy alleen dit alles waardig is tot in alle ewigheid!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2875 gaste aanlyn