NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy iets wil doen, doen dit vandag. Sê jy is jammer, wys nou jy is lief vir iemand. As jy rusie gemaak het met iemand wat naby jou is, maak nou reg – moenie tyd mors nie.

WAAR IS DIE SEËN VAN ONS ERFDEEL?

Hannes Ollewagen

Nehemía 9:1-37

“En hulle het versterkte stede en ‘n vet land ingeneem, en huise in besit geneem vol allerhande goeie dinge, uitgekapte putte, wingerde en olyfbome en vrugtebome in menigte, en hulle het geëet en versadig en vet geword en weelderig gelewe deur u grote goedheid.” (:25).

Daar is ‘n bekende spreukwoord wat lui dat ‘n mens nie weet wat jy het voordat jy dit verloor nie.  Waarom moet ‘n mens eers iets wat kosbaar is, verloor alvorens jy dit werklik waardeer?  Dink maar aan dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar – gesondheid, sig, gehoor, ons geliefdes, ons werk.  Nie alleen aanvaar ons dit as vanselfsprekend nie, maar kan soms ondankbaar wees in hierdie verband.  Dink maar hoedat ek kan wens dat my vrou so mooi soos ‘n ander is, of dat ek slimmer is of beter in my werk kon wees wanneer ek my met ‘n ander vergelyk.  Wanneer ek egter hierdie erfbesit van my verloor, verdwyn alle gedagtes van vergelykbaarheid met ander en besef ek die kosbare waarde hiervan meer as ooit vantevore.   Dit is dan wanneer ek nie vir ‘n oomblik die eiendom van ‘n ander begeer wat voorheen soveel beter as my eie gelyk het nie, maar net hartstogtelik wens om dit wat myne was te kan herwin.

Nie te lank gelede nie, was ons volk in erfbesit van ‘n allerkosbaarste erfenis.  Ons het gewoon en geleef in ‘n land wat deur die Allerhoogste vir ons afgemeet is hier aan die suidpunt van Afrika.  Ons lewe en strewe was om God te dien in ons daaglikse lewenswandel en volksbestaan.  Ons het gestreef om te leef as knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry.  Ons parlement, ons kerke, skole en die oorgrote meerderheid van ons samelewing was uit vrye wil onderworpe aan die gesag van God Drie-enig.  Allermins was ons skaam oor ons erfenis en ons het selfs ons strewe in ons grondwet van 1961 baie duidelik geproklameer.  Ons liefdevolle hemelse Vader het sy Hand van seën en voorspoed ook nie vir ons toegehou nie.

Die Afrikanervolk het egter die voorbeeld van die volk Israel van ouds gevolg en die ongekende voorspoed het ons bedorwe laat raak.  Die hoë sedelike lewenswyse en strewe is bederf terwyl daar na allerhande sinlike genot gehunker is.  Sterk beginselbasisse moes begin plekmaak vir die strewes na sport, vermaak en die verfoeilike “Hollywood” wat in ons huise ingesleep is.  Ons kinders is blootgestel aan hierdie verderflike(ver)leermeester wat allerhande gedagtes, beelde en denkrigtings by hulle inprent.  Terselfdertyd is verwag dat hierdie kinders as gebalanseerde volwassenes met Godvresende waardes moet ontwikkel en nie goeie waardes en norme moet (ver)leer nie.

Die gesonde Godsdiensoefening word verwaarloos en familietyd word agterweë gelaat, want daar is soveel sportaktiwiteite wat afgehandel moet word.  Hierdie mededingendheid in die sportwêreld raak ook later ‘n ingesteldheid waarin mense op allerhande lewensterreine met mekaar in voortdurende kompetisie leef in plaas daarvan om mekaar te ondersteun en by te staan.  Dink maar gerus daaraan hoedat mense mekaar in die verlede bygestaan en ondersteun het in moeilike omstandighede, maar vandag is dit net kompetisie om die duurste motor, grootste huis en watter ander materiële hoogste standaard te handhaaf.  Ek vra u om my te wys waar in die Bybel dit voor God welbehaaglik is wanneer ‘n broer oor ‘n ander broer triomfeer of hom uitpresteer eerder as om sy broer barmhartig te wees?

Wanneer ons in retrospek kyk met watter handelswyse ons God se ryke seën begroet het, sal ons ook dalk maar ons hoof in skaamte moet laat sak.  Was Hy onregverdig om ons oor te gee in die hande van ‘n heidense regering?  As ons harte dan gehunker het na ‘n sekulêre bestel waar ons vry kan wees van God se verordeninge, waarom word die swaarkry en ellende van ‘n sekulêre samelewing aan Hom toegedig?  As dit waar was dat die afdwaling en verwerping van die Woord eintlik die weg na “vryheid” is, waarom is die samelewing vandag in ‘n doodloopstraat?

Wanneer die smart van ‘n losbandige en “vrysinnige” samelewing egter sy tol begin eis, wil mense advertensieborde langs snelweë begin oprig waarin God blameer word vir hierdie ellende.  “As God dan ‘n God van liefde was, waarom al die swaarkry?”, is byvoorbeeld die lasterlike waansin wat op advertensieborde verskyn om die ellende van ‘n samelewing se verkeerde keuses en dwalinge aan God toe te dig.  Word die mens dan nie pertinent gewaarsku dat ellende juis die gevolg sal wees van afdwaling van die regverdige verordeninge wat God aan die mens gegee het om daardeur te lewe nie?  “En U het hulle gewaarsku om hulle na u wet terug te bring, maar hulle het vermetel gehandel en nie geluister na u gebooie nie, en teen u verordeninge, daarteen het hulle gesondig, waarvan geld dat ‘n mens dit moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en hulle het ‘n wederstrewige skouer gegee en hulle nek verhard en nie geluister nie.”  (:29).

In Suid-Afrika is die Afrikanervolk ook vandag gestroop van ‘n eensgesinde Godvresendheid onder ons volk.  Ons is gestroop van ‘n Godvresende en pragtige, rein kultuur omdat die verderflike sekulêre kultuur van die wêreld vir ons meer aanneemlik was.   Dit het meer roemryk gelyk om as rugbywêrelkampioene geëer te word as die volk wat die vaandel van die Christendom bo alles hoog bly dra.  Dit het makliker geword om kinders voor die televisie neer te plak en by dagmoeders af te laai as om self die voorreg na te kom om ons kinders in die weë van God te onderrig en op te voed.

Mag God ons behoed dat die dag aanbreek dat dit vir ons meer aanneemlik en makliker word om die juk van slawerny in die heidenwêreld te dra as wat dit vir ons is om die kruis van ons Verlosser in hierdie wêreld te dra.  Mag Hy in ons harte opnuut die besef laat ontwikkel dat ons geroepenheid om as sy kinders te leef nie vir ons ‘n straf en ‘n las was of is nie, maar die grootste voorreg, die grootse seën wat ons ooit te beurt kan val!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2373 gaste aanlyn