NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Tyd is die natuur se manier om te voorkom dat alles gelyktydig gebeur. Moet dan nie stukkies tyd vermors nie, benut elke oomblik, anders gebeur alles later gelyktydig.

LUISTER WANNEER HY SPREEK!

Hannes Ollewagen

2 Konings 5:1-27

“Maar Naäman het baie kwaad geword en weggegaan en gesê:  Kyk, ek het gedink:  Hy sal sekerlik na my uitkom en staan en die Naam van die HERE sy God aanroep en sy hand oor die plek heen en weer beweeg en die melaatsheid wegneem.  Is Abána en Farpar, die riviere van Damaskus, nie beter as al die waters van Israel nie?  Kon ek my nie daarin was en rein word nie?  En hy het omgedraai en vererg weggery.” (:11&12)

Eeue later, maar ons doen steeds vandag soos Naäman gedoen het.  Ons lees dat Naäman ‘n leërowerste was wat groot aansien gehad het.  Hy het hierdie aansien nie verkry deur sy eie vernuf nie, maar deur die werking van God se hand.  Die feit dat hy egter aan melaatsheid gely het, het Naäman se lewenskwaliteit aansienlik ingeperk.  

Net soos wat dit God se wil was om van Naäman ‘n aansienlike man te maak, so was dit sy wil om hom ook van sy melaatsheid te genees.  Net soos wat God Naäman se aansien vir hom bewerk het, het Hy die pad van genesing vir hom gelê.  Naäman het nie vir God gevra om die klein dogtertjie na hom te stuur wat hulle sou vertel van die genesing wat daar vir hom beskore is in Israel nie.  Dit was deur God se onbegryplike wysheid dat hierdie plan van Naäman se lewe soos ‘n legkaart inmekaargepas het.

Op weg na Israel het Naäman by homself gedink dat die mense van hierdie land verseker al van hom sou gehoor het, want hy was immers ‘n man van groot aansien.  Hy kon seker in sy geestesoog sien hoedat mense hom bewonder en hoedat die profeet van God met reikhalsende verlange uitsien daarna om hom, wat Naäman is, te ontmoet - laat staan dan nog die voorreg wat die profeet sou hê om hom gesond te maak.

Naäman se verergdheid en teleurstelling was niks anders as ‘n gekrenkde ego nie.  Hy het verwag om glorieryk ontvang te word, maar hier stuur die profeet van God sy boodskapper na hom om hom ‘n bevel te gee!  Hierdie man is as leërowerste gewoond daaraan om bevele te gee en nie om bevele te ontvang nie, allermins van ‘n boodskapper van ‘n ander persoon.

Dit is nie vir ons moeilik om in retrospek vas te stel dat Naäman se trots in die pad van sy genesing kon staan nie.  Ons weet dat hy einde laaste genees is omdat hy wel uiteindelik gehoorsaam was, sy aanvanklike teëstribbeling ten spyt.  Dit was weereens een van Naäman se diensknegte wat ‘n stem van nugterheid by hom was terwyl hy ontstoke oppad terug was met die pad waarheen hy gekom het.  Hierdie dienaar het hom daarop gewys dat hy geen probleem daarmee sou hê om ‘n moeilike of uitdagende opdrag uit te voer nie, maar omdat dit vir hom te gering oorkom, stel hy nie belang daarin om gehelp te word nie?

Besef ek en u dat ons ook menigmaal hierdie groot fout in ons lewens begaan?  Ons vergeet so maklik dat dit wat ons is maar net genade is en dit wat ons het ook maar net vir ons geleen is.  Ons kan so maklik kla dat ander mense by die werk nie hulle kant bring nie en ek derhalwe soveel harder moet werk sonder enige ekstra vergoeding.  Wat het geword van my ingesteldheid dat dit my voorreg is om my mindere te help daar waar sy vermoë nie bykom nie?  Waar is die verantwoordelikheid om die gawes wat deur God aan my gegee is op so ‘n wyse te benut dat dit nie alleen vir my nie, maar vir die Skepping van God reg dondom my, tot voordeel sal strek?  Ek kan so maklik kla dat ek van my rykdom aan andere moet afstaan asof ek dit deur my eie vermoë verwerf het en dit nie die seën van die Here is wat my ryk maak nie.  “Die seën van die HERE – dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.”  (Spreuke 10:22).

Die omstandighede rondom ons kan ‘n mens baie maklik tot negatiwiteit stem.  Die besef en wete dat ons Koningskinders is kan ons net so maklik hoogmoedig en hovaardig maak.  Dit is dalk tyd vir my en u om ook te verseker dat ons met die regte ingesteldheid die lewe benader.  Is dit nie dalk tyd dat ons die hovaardige opmerkings laat staan om daadwerklik te begin om soos egte, edele, Koningskinders ywerig te begin werk om ‘n verskil teweeg te bring in die geweldige slegte toestand in ons vaderland en volksgenote nie?

Ons volk het al weliswaar beter en meer voorspoedige dae geken as wat ons tans beleef, maar ons het ook al baie slegter en swaarder tye beleef.  Die feit dat ons nie oornag vryheid verwerf en weer ‘n Godvresende volk is nie, beteken nie dat dit geensins meer vir ons meer beskore is nie.  Wat wel ongetwyfeld waar is, is dat as ons nie baie noukeurig na die stem en opdragte van die Almagtige luister nie, ons dalk net ons bestemde genesing sal misloop.  Die feit dat God anders met ons as sy volk werk, beteken nie dat Hy onkundig staan nie, maar eerder dat ons dalk nie aldag luister na sy stem soos wat ons veronderstel is om te luister nie.

Die wens van my hart is dat elke individu, elke gesin, elke familie in ons volkshuishouding,  weer opnuut sal ag gee op die Woord van God.  Ek smag na die dag om te sien hoedat ‘n volk hunker om sy God in waarheid te aanbid en met die opregte gesindheid van Naäman in vers 17 sal verklaar dat daar ook vir ons geen ander God as net die HERE is nie.  Hoe wonderlik sal dit wees as elkeen van ons kan uitroep en sê:  “Spreek Here, want u dienskneg luister.  Hoe gering of hoe groot ookal U opdrag, ek sal dit met ywer, liefde en opregtheid uitvoer om U in alles diensbaar te wees.  Maar spreek Here, want u dienskneg luister!”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2304 gaste aanlyn