NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is geen hopelose situasies nie; dit is slegs die mens wat hooploos raak . Behou jou hoop want dit red jou in die middel van alle teëspoed – Christelike hoop is nie om maar net te glo in die moontlike nie maar om sekerheid te hê; God sal ongetwyfeld gee wat Hy belowe het.

 

WEES ‘N NAVOLGER VAN GOD

Hannes Ollewagen

Efésiërs 5:1:  ”WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders;”

“Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.”  (:17).  Dit word algemene praktyk in ons onseker samelewing dat ‘n saak eers begryp moet word alvorens dit geglo kan word.  Dit is natuurlik van kardinale belang dat ‘n mens alle sake deeglik deurdink en ondersoek voordat ‘n besluit in enige verband gemaak word.  Ons moet egter oppas om nie in ons geloofslewe toe te laat dat rasionaliteit ons geloof oorskadu nie.  Ek sê nie vir een oomblik dat ‘n mens irrasioneel moet optree in die geloof nie, maar dat daar wel ‘n gesonde balans gehandhaaf moet word.

Ons word menigmaal gekonfronteer met besluite in die lewe.  Ek moet die keuse maak tussen die een en die ander, maar my grootste bekommernis is dat ek die verkeerde keuse sal maak.  Die harde realiteit van keuses is dat slegs die keuse wat gemaak word se gevolge aan my bekend raak terwyl die keuse wat nie uitgevoer is nie, ‘n blote gedagte bly.  Daar is soveel mense wat hul lewens by hul laat verbygaan terwyl hulle treur oor moontlike verkeerde keuses wat hul in die verlede gemaak het.

Die wonderlike versekering wat elke ware gelowige kind van God het, is die feit dat ons onsself tot ons hemelse Vader kan wend om leiding.  Ons moet egter versigtig wees om nie die wanindruk te ontwikkel dat die weg waarop God ons lei altyd net vol maanskyn en rose is nie.  Ons kan egter verseker weet dat Hy elke tree van daardie pad voor ons uitloop om die weg vir ons te baan.  Ons moet verstaan dat ons gedagtes vir ons eie lewens baie kleiner is as die gedagtes wat God vir ons koester.  “Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE.”  Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.”  (Jes. 55:8&9).

Ons is menigmaal geneig om onsself só blind te staar in die keuses wat ons vleeslike bestaan beïnvloed dat ons heeltemal vergeet van die invloed wat dieselfde keuse in ons geestelike lewe sal hê.  Ek kan dus bid dat God aan my die nodige leiding sal skenk in ‘n besluit rakende ‘n saketransaksie wat ‘n groot invloed op my besigheid sal hê.  Wanneer ek die “verkeerde” besluit maak, kan dit voel asof ek God wil blameer dat Hy nie aan my die regte leiding gebied het nie.  Wat ek dalk nie besef nie, is dat die weg waarvan Hy my weerhou het dalk ‘n geestelike redding vir my siel beteken het.  Sê nou net dat die suksesvolle beklinking van ‘n baie groot transaksie van my ‘n gierigaard sou maak, sou dit beteken dat ek geen deel in sy Koninkryk sou hê nie.  “Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.”   (:5)

Ons moet egter ook nie die wanpersepsie van God by ons laat ontstaan dat Hy slegs langs weë van teëspoed te vinde is nie.  Ek dink dat enige ware gelowige kan getuig van die nabyheid van God wat hul ervaar het, ook ten tye van groot voorspoed, mits hulle deeglik bewus was dat die voorspoed nie deur hul eie werking teweeggebring is nie, maar deur die seënende Hand van God.  “Die HERE is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot.  Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.”  (Ps. 16:5&6).

 

Die satan is vandag geweldig besig om God se koninkryk te probeer vernietig.  ‘n Baie effektiewe wapen wat deur die satan ingespan word, is om mense teen God in opstand te bring.  Wanneer ek voor ‘n keuse in my lewe te staan kom en God probeer voorskryf in plaas daarvan om na sy Wil in hierdie verband te vra, moet die gevaarligte alreeds vir my aangaan.  My eie mag nooit vir my belangriker as God se Wil vir my lewe wees nie.  “...My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by my verbygaan; nogtans nie soos ek wil nie, maar soos U wil.”  (Matt. 26:39).  Laasgenoemde sal beteken dat ek opstandig sal raak wanneer God nie aan my eise voldoen nie.  Wanneer ek myself egter in onderdanigheid aan sy Wil onderwerp, sal ek ‘n getroue dienskneg van God wees wat daarna soek om sy Wil te volbring.  Dit is dan wanneer ek eerder sal soek na wat die Here welbehaaglik is as dit wat ekself wil hê.  “En beproef wat die Here welbehaaglik is;”  (:10).  Wanneer ek op hierdie lewensweg wandel, kan ek mos oortuig wees daarvan dat ek besig is om die koninkryk van God te soek en te dien eerder as my eie “aardse koninkryk”.

Ons sien in ons eie Afrikanervolk die wrange vrugte wat opgelewer word van mense wat nie na die Wil van God vra alvorens hul besluite neem nie.  Ons sien hoedat mense leef asof hulle God nie nodig het nie.  Ons sien dit in kinders wat verkeerde lewensweë inslaan en verkeerde besluite maak omdat ouers nie hul kinders in die vrees van die Here grootgemaak het nie.  Dit was vir ouers belangriker om hul kinders te behaag en ter wille te wees as om God te behaag en dan kan hulle nie verstaan dat hulle kinders hul diep teleurstel nie.  Ons sien jongmense, maar tog ook ouer mense, wat geen ontsag het vir die huwelik as ‘n heilige instelling deur God nie.  Dit is dan ook vir mense onverstaanbaar dat hulle soveel hartseer moet verdra en hulle kan God nie sien as ‘n liefdevolle God wat  dan "soveel hartseer"  in hul lewens veroorsaak nie.  Besef hierdie mense dan nie dat hulle nie ‘n deel het in die koninkryk van God nie en dat dit juis die rede is waarom hulle nie sy liefde kan ervaar nie?

Ons sien hoedat sakelui en ook landbouers die Sabbat as instelling deur God ontheilig, Geloftedae skend en geen ontsag en eerbied vir God in hul handeling toon nie, maar in gierigheid onverbiddelik jaag na die vervulling van vleeslike behoeftes.  Wanneer die bankrekening leegloop, wil diegene in hordes optrek om biddae te hou – dan vra ek jou vir watter god daar gebid sal word?  Is die woorde van God in Ps. 50 nie duidelik dat sy kinders Hom mag aanroep in die dag van benoudheid, maar dat Hy van hulle eis om Hom te eer nie?  “Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; en roep My aan in die dag van benoudheid:  Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.”  Ps. 50:14&15.

Ek en u moet dan ook die besluit in ons lewens maak of ons God wil navolg in sy volmaakte weg vir ons lewens en of ons die wêreld met sy vleeslike begeerlikhede en hartstogte wil navolg.  “Want dit is die wil van God:  julle heiligmaking; ...”  (1 Thes. 4:3).  Dat ons nie op altweë tegelykertyd kan loop nie, word vir ons in geen onduidelike taal gestel in Jak. 4:4:  “Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie?  Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.”

Ek kan u nie die ewige Saligheid inlei nie.  Daar is maar een Leidsman wat hierdie volmaakte lewensweg ken en aan elke ware gelowige die leiding op hierdie weg wil bied.  Ons moet hierdie saak egter nie vir een oomblik ligtelik opneem nie, maar deeglik bewus wees van die onverdeelde trou wat God van sy kinders eis op hierdie weg van die lewe.  “Nader tot God, en Hy sal tot julle nader.  Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!”  (Jak. 4:8).  Dit is dalk ook vandag vir my en u tyd om die besluit te neem om ons gesindheid (harte) te suiwer om aan Jesus die ereplek in ons lewe te gee as Leidsman en Koning in nederige onderdanigheid aan Hom.  Hierdie besluit van ons moet ons ywerig opvolg met werke (hande) wat vrug dra wat by ons bekering tot Jesus Christus sal pas.  Mag ons eie sondige begeertes vir ewig begrawe word in sy dood en ons saam met Hom opgewek word in ‘n nuwe lewe as getroue volgelinge wat toegewyd aan Hom leef!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2880 gaste aanlyn