NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In die gelykenis van die Talente keer die baas na ‘n lang tyd terug om rekenskap van sy gawes te eis.  So sal ook God van elkeen se lewe doen. Mag ons maar met ons lewe doen wat ons wil?  Nee, dit sal net so dwaas wees soos die dienskneg wat sy talent begrawe het. Die groot vraag voor die wit troon sal wees: “Wat het jy met jou lewe gedoen?”    Ons sal eerlik moet antwoord want ons staan voor Een wat dwarsdeur ons sien.

BEOEFEN GETROUHEID

Hannes Ollewagen

Ps. 37:1-40:

”Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,” (:3).

Beoefen getrouheid.  Hierdie is ‘n opdrag vir elke kind van God.  Ons word nie geleer om getrouheid te beoog, te oordink of te bewonder nie, maar om dit uit te voer, om dit toe te pas – ja, om dit te doen.

Mense raak so maklik opgewonde wanneer daar byvoorbeeld ‘n dierspesie soos die renoster uitgeroei word of wanneer ‘n taal of kultuur onderdruk word en die dood in die gesig staar.  Daar word dan meestal allerhande fondse en organisasies gestig tot redding van die bepaalde saak.  Daar word derduisende rande ingesamel en mense poog om hierdie probleme met geld te herstel soos wat menige medici poog om al wat ‘n siekte is met allerhande verskillende medikasie te laat “verdwyn”.  In baie gevalle is hierdie oënskynlike oplossings die onderdrukking van simptome veel eerder as wat dit ware genesing of oplossing tot gevolg het omdat die oorsaak van die probleem onaangeroer gelaat word.

 

Is ek verkeerd wanneer ek sê dat ontrouheid die wortel van baie kwaad en vernietiging is?  Kan ons die oorsaak van ‘n bedreigde dier- of plantspesie met reg toeskryf aan die oorsaak van die mensekind se ontrouheid aan sy skeppingsopdrag deur God gegee?  Ek dink nie dat u van my sal verskil dat die oorsaak van die vernietiging van ons moedertaal, Afrikaans, toegeskryf moet word aan die ontrouheid van die sprekers daarvan nie.  Ek kan seker ook met reg sê dat die vernietiging van vele huwelike en gesinne gesetel is in die ontrouheid van een of albei van die lewensmaats.  En ek dink nie, maar weet uit lesse uit die geskiedenis dat die ontrouheid van politieke leiers ook my volk hul staatkundige vryheid gekos het.

Wanneer ons die gevolge van ontrouheid in oënskou neem, kan ons sien dat dit iets is wat God allermins kan behaag.  Inteendeel, ontrouheid is werk vanuit die hel aangevuur!  Getrouheid daarenteen is ‘n baie kosbare karaktereienskap voor God.  “Valse lippe is vir die HERE ‘n gruwel, maar Hy het ‘n welbehae in die wat getrou handel.”  (Spr. 12:22).  Ons dink maar aan ‘n paar mense uit die Bybel wat ‘n besonderse lewenspad met God bewandel het.  ‘n Karaktereienskap wat by elkeen van hierdie mense teenwoordig was, is getrouheid.  Getrouheid en liefde is pasmaats met die uitvloeisel van gehoorsaamheid en ootmoed.

Ek wil graag begin by Moses – ‘n staatkundige held is sekerlik ‘n beskeie beskrywing van hierdie man van God.  Hy het op die oog af oor geen buitengewone vermoëns beskik wat van hom ‘n uitsonderlike staatskundige leier sou maak nie.  Moses het egter God en sy volk liefgehad en nadat God Moses tot diens opgeroep het, was hy getrou aan God tot die dag van sy dood.  “En Moses was wel getrou in sy hele huis as ‘n dienaar,...”  (Heb. 3:5).

Noag het weer in sy tyd ‘n opdrag van God ontvang wat hom sekerlik die spot en hoon van die destydse samelewing op die hals gehaal het.  Ons besef dalk nie eers aldag die omvang van die opdrag wat God in Noag se hande gelê het nie!  Hy sou deur sy gehoorsaamheid en trou aan God die behouer van lewe en voortbestaan hier op aarde wees.  Wat meer is, is die wyse waarop Noag sy opdrag uitgevoer het – met getrouheid volgens God se bevele.  “En Noag het dit gedoen.  Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen.”  (Gén. 6:22).

Ons kan sekerlik die getroue lewenswyse van Abraham aanraak.  Hierdie man het in gehoorsaamheid aan God uit sy huis en familie weggetrek (uit die heidenland van die Chaldeërs) omdat hy hierdie bevel van God ontvang het.  Op 100-jarige leeftyd het Abraham die getrouheid van God ervaar met die geboorte van Isak waarop Abraham en Sara toe lank reeds gewag het.  Isak was natuurlik die nakomeling in wie die belofte van ‘n nageslag gesetel was.  Die diepte van Abraham se trou is egter getoets met die opdrag van God om hierdie selfde seun van die belofte te gaan offer.  Abraham het hierdie toets van sy getrouheid aan God met vlieënde vaandels geslaag en God se welgevalle aan Abraham se getrouheid word kragtig uitgedruk in die woorde van Gén. 22:16-18:  “...en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.  En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.”

Die tyd sal my ontbreek as ek al die troue geloofshelde waaronder Dawid, Elia, Samuel, Elisa, Johannes die Doper, Jesaja, Paulus, Petrus en soveel ander moet bespreek.  Hierdie oordenking sal egter onvolledig wees as ons nie vir ‘n oomblik die kollig laat val op die toonbeeld van getrouheid nie – Jesus Christus onse Here.  “Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.”  (Heb. 2:17).

Jesus is deur die satan versoek en die belofte van aardse koninkryke voorgehou om Hom ontrou aan God te probeer maak.  Hy is in sy doodsuur gehoon, gespot en deur omstaanders uitgedaag om Homself van die vernederende dood aan die vloekpaal te verlos, maar dit sou Hom ontrou maak aan God se opdrag aan Hom, nl. om ons skuld op Hom te neem en ons daardeur van die ewige dood te verlos.  Hy het tot die dood aan God se opdrag getrou gebly.

Ek wil vandag ook die volgende indringende vraag aan u stel:  “Hoe getrou is u as mens in hierdie lewe?”

Hoe getrou is u as die priester-koning van u huisgesin in die goeie en Godvresende regering van u huis?  Hoe getrou is u in u huwelik en in die dissiplinering van u kinders?  Hoe getrou is u in u werk, teenoor u werkgewer en kollegas?  Hoe getrou is u as ‘n vriend?  Hoe getrou is u in die bywoning van eredienste in u gemeente en in u gemeente as sulks?  Hoe getrou is u aan u taal en volk, maar bowenal, hoe getrou is u in u diensbaarheid aan God?

U kan hierdie vraag maar met stilte in u hart beantwoord en is geen antwoord aan my verskuldig nie.  Weet egter dat u hierdie vraag eendag sal moet beantwoord wanneer u die lewe hier op aarde verlaat.  Mag u strewe wees om die volgende terugvoer op u rekenskap te ontvang:  “...Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel.  Gaan in in die vreugde van jou heer.”  (Matt. 25:21)

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2802 gaste aanlyn