NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons leef in 'n tyd van spoed en haas, en voel skuldig wanneer ons met elke dag se dinge so besig is dat ons nie genoeg tyd aan sake van die HERE spandeer nie; inderwaarheid behoort elke saak wat jy met spoed aanpak 'n saak van die HERE te wees – sorg dat dit is!

WEES NIE BEVREES NIE...

... MAAR VERTROU OP DIE HERE

Hannes Ollewagen

Jesaja 54:14 ”Deur geregtigheid sal jy bevestig word; wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie; en ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom nie.”

Die angstigheid en vrees in mense se lewens is besig om kenmerkend van ons tyd te word. Hierdie is ‘n sigbare teken van die afwesigheid van God se Gees in die hedendaagse mens se hart, want ‘n hart gevul met vreesagtigheid is nie van die Here nie. “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” 2 Tim. 1:7.

“Ja, maar ons leef in onsekere tye”, sal u seker met reg kan aanvoer. Daar was seker al meer standvastige lewensomstandighede in die lewe as vandag, maar daar was ook al veel erger tye van groot oorloë en verskriklike swaarkry. God was in al hierdie tye nie afwesig as Beskermer van sy knegte nie. Ons dink aan die volk Israel wat deur die verskrikking van die Rooi See moes gaan, maar tog deur God se Hand op droë grond daar kon deurtrek. Hierdie volk is vir veertig jaar lank in die woestyn deur God se Hand onderhou en versorg, maar ons moenie vergeet dat hulle die straf van ‘n veertigjarige swerftog oor hulself gebring het deur hul ongeloof en vrees nie.

Ek is seker dat u ook aan lewensomstandighede uit u verlede kan dink waar u oortuig was dat dit neusie-verby is vir u, maar tog wonderbaarlik redding uit daardie moeilike omstandighede ontvang het. U kan sekerlik saam met my getuig hoedat die Here ook in u lewe van kindsbeen af getrou was om u in die lewe te onderhou en te lei. U sal dalk selfs kan bely hoedat die Here by vermoë was om slegte omstandighede wat u deur u eie ongehoorsaamheid aan God se Woord veroorsaak het, weer vir u ten goede te laat meewerk.

Wanneer raak ons diep benoud en onrustig hier op aarde? Is dit nie wanneer ons fokus in die lewe van God afgehaal word en op ons omstandighede of probleme gevestig raak nie? Petrus het daarin geslaag om op water te loop op Jesus se uitnodiging, maar die oomblik toe sy fokus van Jesus na die gevaar rondom Hom verskuif, het sy vrees hom oorweldig. “En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan. Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!” (Matt. 14:29&30).

Ons kyk rondom ons en sien hoedat mense hulself uitmergel om die pas van die lewe te probeer volhou. Daar moet so baie dinge in so ‘n kort tydjie gedoen word, want om aan die wêreldse standaarde wat daargestel word te voldoen, is ‘n uitmergelende taak! Dit is vroeg opstaan, laat gaan slaap om te sorg dat daar genoeg tyd is om my kind in die eerstespan van elke sport te kry en finansiëel te ondersteun, die mees luukse motor in die dorp te ry en al die ander dinge te bekom wat uiterlik fraai sal vertoon. Die prys wat vir hierdie uitmergelende lewe betaal word is egter dalk die prysgawe van ‘n persoon se sielevrede wat nie in monetêre waarde bereken kan word nie.

Probeer ek dan vanoggend sê dat dit ‘n sonde is om ambisie te hê? Allermins! God het aan ons die voorreg en opdrag gegee om te lewe tot sy eer en om ‘n blote bestaan te voer en die lewe verby te wens, is ook verkeerd. Ons moet egter ons weide in die lewe uitvind om te verseker dat ons binne die grense sal leef wat God vir ons daargestel het, want ons soeke na “geluk” buite hierdie grense, is niks anders as dwaalweë wat ons in benoudheid bring wanneer ons van God vervreem word nie. “Die regverdige vind sy weide uit, maar die weg van die goddelose laat hulle dwaal.” (Spr. 12:26).

As ons die tyd sal maak om noukeurig in die lewe te kyk, sal ons merk dat God vir elkeen van ons ‘n afgemete deel gegee het. Wanneer ons hierdie afgemete erfdeel verag en gaan soek na ‘n erfdeel wat by my eiesinnige en selfsugtige idees in die wêreld inskakel, moet ons nie verbaas wees wanneer ons verdwaal en verstrengel raak op hierdie weë nie, want God onderneem nêrens om ons op ons dwaalweë in die lewe te vergesel nie.

Wanneer ek egter soek en vra na die weg van die Here vir my lewe, sal ek Hom kan volg na die erfdeel wat Hy vir my berei het. Dit sluit natuurlik my erfdeel hier benede in, maar hierdie lewensweg sal ook uiteindelik lei na die onverganklike erfdeel wat vir my in sy hemelse koninkryk berei is. As ek sê dat ek God vertrou met my ewige erfdeel, met my sieleheil, is ek ook veronderstel om Hom te vertrou vir die leiding in my verganklike erfdeel hier op aarde.

Dit is wanneer ons na God se wil in die lewe vra, na die erfdeel vra wat Hy vir ons afgemeet het, dat ons ons weide hier op aarde sal uitvind. Ons sal dan kan ophou om rond te dwaal op soek na vrede, na geluk, maar sal eerder tevrede wees met die erfdeel wat Hy vir my afgemeet het en sodoende rus in die lewe vind, soos die Psalmdigter dit so onverbeterlik besrkyf. “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.” Ps. 16:6.

Die besef dat God vir my ‘n erfdeel hier op aarde afgemeet het waar ek Hom kan dien en verheerlik, gee sin aan my lewe hier op aarde. Dit laat my besef dat my werk nie maar net iets is wat elke dag deurgeworstel moet word nie, maar dat my arbeid ook tot voordeel van ander is en dat ek God daardeur bly maak. Dit laat my besef dat ek nie soos ‘n deugniet moet probeer om my kinders te beïndruk en ter wille te wees omdat ek bang is dat hulle nie van my sal hou nie. Ek besef eerder dat ek die verantwoordelikheid het om my kinders in die weë van die Here te rig en leiding te bied. Ek moet my seun leer om ‘n goeie dienskneg van God te wees, want hy gaan dalk ook eendag deur die Here die verantwoordelikheid van ‘n huis toevertrou word en dan moet hy weet hoe om vir die Here hieraan te werk en te bou. Ek moet my meisiekind leer om haar man onderdanig te wees in sy ywer en werk hier op aarde, want as hy ywerig aan die huis van die Here bou, kan sy hom van soveel hulp wees soos wat God dit van die Skepping af bedoel het!

Hoe bevoorreg is gelowiges nie om ook die geleentheid te hê om hier op aarde in die huis (koninkryk) van die Here werksaam te wees nie? As ons ons erfdeel gevind het in die huis van ons Vader is ons dankbaar daarvoor dat ons Hom ywerig en in gehoorsaamheid kan dien. Ons sal dan nie alewig in eiesinnigheid na dwaalweë wil soek in die lewe nie, maar eerder sal ons besadig wees met ons vredevolle erfdeel. “…en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.” (Ps. 23:6). Daar sal vir my geen beter plek wees as die erfdeel, die huis, wat die Here vir my afgemeet het nie. Dit is waar ek leiding sal vind, hier sal ek skuiling vind in tye van benoudheid, hier sal ek juig in tye van voorspoed en hier sal ek vrede en rus vind, omdat dit my afgemete deel is as dienskneg en kind in die huis van my Vader. “…Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.” (Jer. 54:17).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2493 gaste aanlyn