NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Gebruik hierdie lang somersonskyndae na regte - maak nou genoeg hout bymekaar sodat jy in die winter by die vuur kan sit wanneer daar min tyd in 'n dag is.

KRUISPAD...

... MAAK SEKER VAN JOU KEUSE

Hannes Ollewagen

Génesis 13:1-18

“Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland.” (:10).

Ons sien in hierdie gedeelte hoe twee manne voor verskeie keuses te staan kom. Daar is dan ook tussen hierdie twee manne ‘n duidelike onderskeid in die beweegrede van die keuses wat hulle uiteindelik maak.

Abram maak die eerste keuse, nl. dat hy en Lot ter wille van vrede hul huishoudings en besittings van mekaar moet skei. Abram is sonder enige twyfel die ouer man en die “meerdere” in hierdie situasie en beklemtoon verder sy groter karakter deur vir Lot die geleentheid te bied om sy keuse van die land eerste uit te oefen.

Die keuse is vir Lot voor-die-hand-liggend. Die landstreek van die Jordaanstreek is ongetwyfeld die beter landstreek en die beweegrede van sy besluit is hoofsaaklik om sy eie stoflike belang te bevorder. Om laasgenoemde te verwesenlik, vestig Lot homself in die sondige gemeenskap van Sodom. “En die manne van Sodom was sleg en groot sondaars voor die HERE.” (:13).

Abram berus daarin dat God die Beskikker van sy lewe is. Abram begin nie met God twis of om sy regverdigheid te bevraagteken nie. Abram gaan leef nie in bittere afguns of vermakerigheid en vermoei homself om vir Lot te wys dat hy meer voorspoedig as Lot sal wees op die “swakker landstreek” waarmee hy nou opgeskeep sit nie. Abram vind rus in die beloftes van God en dien Hom getrou in die landstreek wat hy glo God vir hom afgemeet het. “...en hy het daar vir die HERE ‘n altaar gebou.” (:18).

Ek wonder hoe lyk die beweegrede van die gemiddelde individu in ons samelewing waarvan die meerderheid hulself as Christene beskou? Is die beweegrede van ‘n moeder om ‘n beroepsvrou te word en in die sakewêreld uit te blink waarlik die welstand van haar gesin? Kan ek nie met reg sê dat hierdie vrou se begeerte na dit wat voor oë begeerlik is haar rol deur God ingegee oorskadu nie? Wanneer ‘n pa nie genoeg van geld kan kry nie en sy plig as priesterkoning in sy huis versaak omdat hy nooit tuis is nie is dit gewoonlik omdat sy begeerte na geld en sukses swaarder weeg as die plig wat hom deur God opgelê is. Wanneer kinders hul ouers manipuleer om hul sin te kry en sodoende hul hele huisgesin ontwrig, is dit omdat ‘n enkele kind se selfsug die beweegrede van besluite word.

Nou is die vraag wat vanoggend aan u gerig word:”Wat is die beweegrede van die besluite wat u in die lewe neem?” Is u diensbaarheid aan God en gehoorsaamheid aan sy Woord onderliggend aan u besluitneming? Ons as gelowiges is ook veronderstel om deurgaans besig te wees om daagliks na die wil en weë van die HERE te vra soos wat soveel geloofshelde vir ons die voorbeeld gestel het. Ons dink byvoorbeeld aan Moses wat in Exodus 33:12 vir God smeek om vir hom die lewensweg vorentoe aan te dui. “As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; ...”

Daar is soveel mense wat reken dat ‘n geloofbelydenis met die lippe hul geloofsverantwoordelikheid op aarde afgehandel het. Ek het mos nou gesê ek glo in God en in Jesus en nou kan ek mos met my lewe voortgaan. Waarom wil u só eensaam deur hierdie lewe gaan met al sy uitdagings, teleurstellings en beproewings? Dit is dalk omdat u van mening is dat God u voorheen in u lewe in die steek gelaat het. U was dalk onder die wanindruk dat nadat u tot bekering gekom het die lewe net maanskyn en rose sal wees en toe ‘n verskriklike ontnugtering gekry het. Die rede vir laasgenoemde sou wees omdat u kennis van die Woord tekort geskiet het, want ‘n grondige Skrifkennis sou vir u leer dat gelowiges nie teen teëspoed gevrywaar word nie. Ware gelowiges het egter die versekering dat God hul nooit in hul teëspoed en beproewing sal begewe of verlaat nie. “...want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.” (Hebr. 13:6).

So het God nie vir Moses gevrywaar teen enige beproewing in die uitvoering van sy roeping wat hy van God ontvang het nie. God het egter saam met Moses getrek om water uit die rots te laat vloei in tye van droogte in die woestyn. Hy het kwartels en manna gestuur in tye van hongersnood en het die Skelfsee gekloof in ‘n tyd van benoudheid om die teëstanders van sy kinders te oorweldig. Hy het selfs by geleentheid die aarde oopgeruk om diegene wat hulself teen Moses verhef het in te sluk.

U het dalk opgehou om u lewensbesluite te rig volgens die voorskrif van die Woord omdat u van mening is dat daar langs hierdie weg te veel voorskrifte is. Noukeurige ondersoek en deeglike oordenking sal u tot die besef bring dat vermaning en tug langs die nou weg van die lewe nie onnodig is nie, maar juis om ‘n mens se lewe koersvas te hou in ‘n wêreld vol versoekings waarin dit so maklik is om te dwaal. “Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.” (Spr. 14:12). Dit is diegene wat na vermaning in die Woord luister wat weer hul weg in die lewe vind, terwyl diegene wat dit ignoreer en hul oor daarvoor toestop heeltemal verdwaald in die lewe raak. “ ‘n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.” (Spr. 10:17).

Ek kan met redelike sekerheid sê dat elkeen wat vandag hierdie woord hoor en die lewe gespaar bly oor die volgende paar jaar verskeie besluite sal moet neem. Sommige daarvan sal dalk so belangrik wees as ‘n beroepskeuse of die keuse van ‘n lewensmaat. Sommige sal op die oog af minder belangrik oorkom, maar met verloop van tyd besef u dalk dat ‘n sekere besluit belangriker was as wat u op daardie betrokke stadium besef het. Ek wil u tog versoek om vandag alreeds ‘n enkel besluit te neem wat al u toekomstige besluite sal beïnvloed. Dit is die besluit, die keuse, om God in al u besluite in die lewe te ken. “Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.” (Spr. 3:6).

As u dalk net vir ‘n oomblik hierin huiwer en wonder of u Hom werklik met alles in u lewe kan vertrou, wil ek u oog opnuut vestig op dit wat by Gólgota gebeur het. Dáár het Hy vir my en u, as gelowige kinders van God, eerstehands gewys hoe getrou en betroubaar Hy werklik is!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3009 gaste aanlyn