NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

"...gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie." – Spreuke 30:8-9

IN U LIG

Hannes Ollewagen

Ps. 36:1-13

“Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.” (:10).

Waarom moet ons gedurig hoor dat die toekoms van die Afrikaner duister lyk? Dit is dalk omdat ons die Lig van die lewe uit die oog (en hart) verloor het! Dit is dalk omdat die groter deel van die Afrikanervolk sy toekoms begin bou het op wankelrige dinge van benede in plaas daarvan om hul lewensfondasie op die vaste Rots te lê. Nou woed daar ewe skielik verskeie lewenstorme onder ons en ons sien hoedat die een na die ander huis ten gronde gaan.

Elke huis wat val is nog ‘n liggie wat uitgedoof word. Elke liggie wat uitgedoof word, laat die dreigende omstandighede soveel erger lyk en stel groter eise aan die oorblyfsel. Die eise van dapperheid, moedhou en om die geloof te behou raak al hoe groter. Elke lig wat uitgedoof word stel die eis aan die oorblywende ligdraers om ‘n groter, helderder lig te laat skyn.

Die vraag wat u elkeen nou seker wil vra is natuurlik hoe lank sal hierdie oorblyfsel kan volhou om ‘n helder, skynende baken te bly in ‘n samelewing waar die nag al verder gevorder het en die duisternis toenemend blyk die oorhand te kry? Die antwoord is eenvoudig – solank as wat dit sal neem om die duisternis finaal te verdryf. “En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.” (Joh. 1:5).

Daar is gelukkig nie alleen liggies wat deurgaans uitgedoof word nie. Daar is ook gedurig nuwe ligte wat deur die Heilige Gees aangevuur word. Dit is selfs vir sommige mense eers nodig om in die afgrond van doodskaduwee te beland voordat hul in waarheid na die Lig sal hunker en sal besef hoe nodig hulle hierdie Lig in die lewe het. Dit is eers wanneer mense deur totale duisternis omring word dat hulle die helder Lewenslig kan raaksien!

Daar is soveel mense wat nie wil hoor van reg en verkeerd en allerhande “hoogheilige voorskrifte” uit die Bybel nie. In laasgenoemde geval is dit mos eenvoudig – indien ek nie Bybel lees nie sal ek ook nie deur die Woord aangespreek kan word nie. Dit is dalk nie heeltemal só eenvoudig nie, want ‘n persoon wat wel getrou Bybel lees en Christus in waarheid navolg se lewe sal jou ook aankla soos wat die Woord van God jou sal aankla! Dit is om hierdie rede dat ons as gelowiges nie mag moedeloos en moeg word om die weg van die waarheid te bewandel nie, want ons lewens dien ook as getuienis vir (of teen) diegene wat die getuienis van die Woord opsy geskuif het.

Gelowiges kan nie uit hulself koers hou en staande bly nie. Ons moet gedurigdeur ons rigting in die lewe aan die Woord toets om te verseker dat ons in die regte rigting oppad is. Dit is dan ook om hierdie rede dat ons die Woord alleen as rigtingwyser sal gebruik, want sou ek met twee kompasse reis en die een is foutief, sal ek kort voor lank begin twyfel in welke een nou die regte rigting aandui. Dit is net eenders met mense wat die Woord tesame met ‘n teenstrydige doktrine probeer gebruik om lewensrigting te bepaal en kort voor lank begin twyfel of die Bybel of hierdie “nuwe maatstaf” dan nou verkeerd is.

Daar is vir die gelowige geen beter en meer betroubare wegwyser as die Woord van God nie. Die Woord was van meet af al die bron van lewe vir die mens. “IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. In Hom was lewe, en die lewe was die lig vir die mense.” (Joh. 1:1&4). Dit was egter nie eers in die 21ste eeu dat mense die Woord van God in twyfel begin trek het nie. Hierdie dwase verskynsel is so oud as die mensdom self en was dit nie hiervoor nie was Adam en Eva vandag steeds in die Paradys! Die gevolge hiervan is egter ook van die sondeval af dieselfde en steeds leer die mens nie, maar kies om die duisternis liewer te hê as die lig. “En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.” (Joh. 3:19).

Ons moet ook die keuse in die lewe uitoefen, nl. om die duisternis lief te hê of om dit te haat en te bestry. Wanneer ons die lig liefhet, sal ons nie vrees om met ons lewe na die lig te gaan sodat ons werke in waarheid beoordeel kan word nie. Dit is wanneer ons werke in waarheid beoordeel word deur die lig van God se Woord dat ons die krakies en onvolkomenheid van ons werke raaksien. Dit is immers nodig as ons aan hierdie tekortkominge wil werk om dit te verbeter. Ek gee byvoorbeeld baie getrou my offergawe (tiende) aan my gemeente, maar wanneer ek my lewe aan die Woord toets besef ek dat God nie ‘n behae het in gedwonge gawes of gawes uit gewoonte gegee nie – Hy verwag dat elke gawe met opregte oorgawe, dankbaarheid en liefde aan Hom afgestaan moet word.

In ‘n lewe met soveel dwaalweë, halwe waarhede, blatante leuens en ook soveel verwarring is die behoefte aan standvastigheid geweldig groot. Mense soek ongelukkig menigmaal hul standvastigheid in dwaalsterre soos gewilde kunstenaars wat self verdwaald is of selfs in akteurs (wat bloot ‘n nabootsing van ‘n fiktiewe karakter is) en is dan telkens teleurgesteld en ontnugter wanneer hul tot die besef kom dat hul rolmodelle ook voete van klei het.

As al hierdie mense, al hierdie beroemde en gewilde mense wat so navolgingswaardig lyk dan uiteindelik tot teleurstelling lei, wat maak hierdie Jesus wat as die Woord geken word soveel anders? Ek wil versekering hê, ek wil waarborge hê! Hoe sal ek hierdie Woord met my hele lewe kan vertrou? Die waarborg van Sy liefde vir u (as ware gelowige)en van Sy getrouheid is op Golgóta met bloed verseël! “Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.” (Fil. 2:6-8).

Ekself het die ewige kompas in die lewe gevind – die Woord van die lewe. Die Woord lei my dalk nie rondom elke storm van die lewe nie, maar het my nog nie eenmaal midde ‘n lewenstorm versaak nie. Dit is waarom ek met vrymoedigheid kan getuig van die Woord wat die lig ook glashelder oor u lewe kan laat skyn! “U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.” (Ps. 119:105). Dit is hierdie Lig wat u sal help om u lewe suiwer te hou in ‘n besoedelde samelewing. “Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.” (Ps. 119:9). Dit is in die lig van hierdie Woord wat u die lewenslig sal vind!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2880 gaste aanlyn