NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Lyding maak gelowiges sterk. Dit brei, vorm en verdiep.  Dit gee ons krag en weerstand.  Kortom: Dit gee ons geestelike staal.

KAN U DIE HERE RAADPLEEG?

Hannes Ollewagen

1 Samuel 28:1-25

“En Saul het die HERE geraadpleeg, maar die HERE het hom nie geantwoord nie – nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie.” (:6).

Met die eerste oogopslag lyk God se optrede teenoor Saul ‘n bietjie onbillik. God leer ons dan dat ons Hom moet raadpleeg en wanneer koning Saul dit wél doen, antwoord God hom nie. Hoekom sou dit dan gebeur? Ons vind die antwoord hierop in verse 17&18 van die gelese gedeelte. “Die HERE het dan vir Homself gedoen soos Hy deur my diens gespreek het, en die HERE het die koningskap uit jou hand geskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee. Omdat jy nie na die stem van die HERE geluister en die gloed van sy toorn teen Ámalek nie uitgevoer het nie, daarom het die HERE jou vandag hierdie ding aangedoen.”

Saul se aanhoudende eiesinnigheid het God se toorn teen hom laat ontvlam. Hoe lank sou hy God met sy ongehoorsaamheid tart terwyl die HERE sy weersin aan eiesinnigheid en ongehoorsaamheid aan Hom in 1 Sam. 15:23 duidelik stel: ”Want wederstrewigheid is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.” Hierdie woorde is dalk harde woorde, maar geensins onduidelik nie. Hierdie was ook nie alleen ‘n boodskap vir koning Saul nie, maar dit geld steeds vandag vir elke ware gelowige. Wanneer ons weet wat die wil van die HERE is, maar ons verkies om steeds ons eie rigting in te slaan, ons eie kop te volg, is ons nie maar besig om die beeld (idee) wat ons eie maaksel is te dien nie? Ons is derhalwe met niks anders as afgodery besig wanneer ons eie wil, die eie ek, in ons lewens belangriker as gehoorsaamheid aan God in ons omstandighede is nie.

God se behae in nederige ootmoed word bevestig in sy keuse van Saul se troonopvolger. ‘n Nederige skaapwagter wat allermins aan die standaard van ‘n staatsman voldoen, is toe presies ‘n man na aan God se hart. Allermins is Dawid se politieke insig, sy intellek of enige ander standaard vir God bepalend in sy keuse om hom aan te wys as koning oor God se uitverkore volk. Dit was Dawid se afhanklikheid van God, sy diepe en opregte innerlike strewe om God in sy handel en wandel tevrede te stel en aan Hom gehoorsaam te wees wat van hierdie Dawid ‘n man na aan God se hart gemaak het.

Ten einde binne God se wil te bly leef, het Dawid gedurigdeur na God se raad gevra in die besluite wat hy moes neem. “Toe raadpleeg Dawid die HERE en vra: ...” (1 Sam. 23:2). “Toe raadpleeg Dawid die HERE nog weer,...” (1 Sam. 23:4). “Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U.” (Ps. 143:8). En met teksverse met dieselfde strekking sal ek u die hele dag kan besig hou.

Is dit dan nie so dat ons in die gelese gedeelte dan juis lees dat Saul God ook geraadpleeg het nie? Inderdaad is dit die geval, maar die onderskeid tussen Dawid en Saul was dat Dawid God se raad in gehoorsaamheid nagevolg het terwyl Saul God se raad in die wind sou slaan. Saul het hiermee ‘n bespotting van God gemaak en moes daarom nie verbaas wees dat God hom aan sy eie lot oorgelaat het nie. “En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?” (Luk. 6:46). Die opvolgende teksverse in Lukas tref die vergelyking tussen ‘n wyse man wat luister na God se Woord en kan standhou in die storms in die lewe (Dawid). Daarteenoor word die onverstandige man gestel wat nie ag gee op die Woord van God nie (Saul) en deur die storms oorweldig word.

Menigmaal moet ons by God om redding pleit omdat ons ons eiesinnige idees gevolg het eerder as om sy raad in te win of te volg. Ons lewe kan veel beter daaruitsien as ons sou leer om God te raadpleeg alvorens ons besluite neem in plaas daarvan dat ons eers wag totdat ons in moeilikheid beland deur ons verkeerde besluite en dan om hulp te roep.

Ondanks ons edele en opregte bedoelings, ons ywerige strewe en diepe begeerte om foutloos in gehoorsaamheid voor God te leef, struikel gelowiges ook maar dikwels. “Want ons almal struikel dikwels. ...” (Jak. 3:2). “AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.” As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.” (1 Joh. 1:8&10).

Die verskil in optrede tussen Dawid en Saul was dat Saul geweier het om sy sonde voor God te bely. Nadat God aan Saul meegedeel het van sy teleurstelling in hom het Saul hom nie tot God gewend in diepe skulderkentenis en verootmoediging nie. Saul se trots was hiervoor te groot – hy was immers die koning van Israel. Hy kon dalk die koning van Israel wees, maar in God se oë was hy steeds maar net ‘n sterfling wie se trots skeiding tussen hom en God veroorsaak het. “...want U sien nie die persoon van mense aan nie – “ (Matt. 22:16). “En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.” (Hand. 10:34&35). “Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel ‘n gruwel: trotse oë . . .” (Spr. 6:16&17).

Saul was te trots om sy eiesinnigheid te laat staan ten einde homself met God te versoen. Die uiteinde van hierdie verkeerde weg wat hy ingeslaan het, was die dood. In sy weiering om hom voor God te verootmoedig, het hy desperaat van die een grashalm na die volgende gegryp totdat hy aan die voetsole van ‘n towerheks beland het. Daarenteen het Dawid telkens sy sonde en misstappe teenoor God erken en nadat hy dit bely het, het hy dit ook laat staan. Dink maar aan die verskriklike verkeerde optrede van Dawid in die geval van Batséba wat hy van haar man gesteel het. In plaas daarvan om sy skuld te ontken, bely Dawid sy ongerigheid voor God en smaak die seën van skuldvergifnis waarvan ons lees in 1 Joh. 1:9: “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.”

As u vandag besef dat u ook nie die vrymoedigheid het om God te raadpleeg nie is dit ongetwyfeld nodig om ondersoek in te stel na dit wat skeiding bring tussen u en Hom. Indien u waarlik berou het oor die ongeregtigheid waaroor u dalk só bitter skuldig voel en dit voor God bely, sal Hy ook ú sonde vergewe. As u dink dat u sonde te groot is of nie aan hierdie woord (1 Joh. 1:9) glo nie, maak u God tot leuenaar en moet u nie verbaas wees oor u vervreemding van Hom nie.

Dit is God se wil dat gelowiges Hom sal ken en dat ons Hom deurgaans sal raadpleeg. Net soos wat enige ouer graag deel wil wees van sy kind se lewe en lewensbesluite, wil God ook as ons Vader ‘n werklikheid in ons lewens wees. Hy wil ook daagliks daarvan deel wees – nie net in krisistye nie. “Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.” (Ps. 32:8). “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.” (Spr. 3:5&6).

Ons as gelowiges sê maklik dat ons God met ons lewens vertrou. Ons bely dat ons God vertrou om ons siel in die hiernamaals uit die doderyk weg te ruk na ‘n lewe van heerlikheid in sy teenwoordigheid. As ons dan Hom vertrou met ons sieleheil wat ewigdurend sal wees, hoeveel te meer kan ons hom nie vertrou in die verganklike lewe nie – of is dit dalk dat ons meer waarde aan die aardse lewe as aan ons ewige eindbestemming heg? Indien wél, het ons net soveel as Saul wat in ons lewens en verhouding met God reggestel moet word.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2569 gaste aanlyn