NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Gelowige volksleiers word deur die mag van die liefde en nie deur die liefde vir mag gedryf nie.   Hulle grootheid word nie van kop tot tone gemeet nie, maar met ‘n maatband van die liefde om hul hart.   ‘n Liefde vir mag loop al te dikwels op magsmisbruik uit.   Vir baie het die plaaslike vryheidstryd nie om die bevryding van volksgenote gegaan nie, maar om despotiese mag te bekom.

STREEF NA WARE VRYHEID!

Hannes Ollewagen

2 Kor. 3:1-18

“Die HERE is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.” (:17).

VRYHEID!!! As daar nou een woord is wat die Afrikaner ken, is dit die woord vryheid. Ewenwel wonder ek of ons tog die betekenis hiervan verstaan? Ek bedoel nie om afkrakend te wees in my laaste opmerking nie, maar wanneer ek sien hoedat die meerderheid van ons mense alewig in massas agter die verkeerde leiding (eerder verleiding) aanploeter in hul vryheidstrewe, dink ek tog dat my stelling geregverdig is.

Wanneer ons die Ou Testament bestudeer, kan ons onsself so in werklikheid met die vryheidstrewe van die volk Israel vereenselwig. Dit is veral in ons huidige tydsgees dat ons mense hunker na ‘n Moses, ‘n Josua, ‘n Gideon of ‘n Dawid wat ferm leiding sal kan bied in onseker lewensomstandighede.   Hierdie tipe van leiers is skaars. Natuurlik nie omdat hulle deur geboorte briljante staatsmanne en politici by uitstek was wat van die een of ander adelstand afgestam het nie, maar omdat hulle met die Gees van God toegerus was. Hierdeur het hierdie leiers, hierdie gewone mense, die antwoord op die ingewikkelde vraag geken wat Pilatus ook aan Jesus gestel het: “Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid?...” (Joh. 18:38). Dit is hierdie vraag waarmee soveel mense in die hedendaagse tyd worstel op soek na iemand wat die antwoord op hierdie vraag ken.

Dit is dalk ook nodig dat ons dit vandag prontuit stel. Diegene wat uitsluitlik streef na politieke leiding wat ons met een of ander kitsoplossing van die verdrukkende huidige kommunistiese regime sal bevry, is kortsigtig en sal ongetwyfeld telkens die verkeerde leiding navolg. Die geskiedenis - verder terug as Bloedrivier en verder terug as die Groot Trek, verder terug as die Franse Hugenote, verder terug as Gólgota, verder terug as koning Dawid en Gideon, Josua en Moses, ja so vêr terug as tot by Adam en Eva, leer vir ons dat ons stryd hier benede oor veel meer as vleeslike oorlewing gaan. Alhoewel ons stryd om vleeslike oorlewing en oorwinning menigmaal verband hou met die dieperliggende sal die ontkenning van ‘n dieper, geestelike stryd jou tog duur te staan kom.

Ons sien dikwels hoedat mense hulself op verskillende wyses vir vryheid beywer. Dit kan ‘n persoon wees wat hom beywer om sy eie onderneming te begin om vry te wees van sy werkgewer se reëls en regulasies. Dit kan ‘n jongeling wees wat homself beywer om selfstandig te raak sodat hy kan vrykom van sy ouerhuis se reëls en regulasies. Dit is dalk ‘n persoon met ‘n gevestigde huishouding wat homself beywer om vry te kom van die swaar renteverpligtinge wat hom deur finansiële instellings opgelê is. Dit is dalk ‘n volk wat homself beywer om vry te kom van ‘n verdrukkende staatkundige bestel wat oor hom gestel is. Hoe dit ookal sy, die mens is gedurig in ‘n strewe na vryheid gewikkel. Op sy beurt is die ware evangelie van redding natuurlik ook ‘n boodskap van vrylating! Dit is egter belangrik dat ons sal verstaan dat die vryheid waarvan die Woord ons leer nie vir een oomblik ‘n vryheid is om ‘n lewe van wetteloosheid te voer nie. En dit is ongelukkig die wanvertolking wat menig mense van ‘n vryheidsideologie het en waarom dit dan ook kort voor lank op niks uitloop.

Die vryheid waarvan die Woord ons leer, is ‘n vryheid uit die mag van sondebande. Dit is hierdie vryheid wat ons verkry deur die waarheid te ken wat ons sal vrymaak. “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” (Joh. 8:32). “...Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem.” (Joh. 18:37). Hierdie vryheid is nie beperk tot ‘n sekere werksopset of familieopset of of ook ‘n geografiese of staatkundige gebied nie. Hierdie vryheid op enige gegewe tydstip en enige gegewe omstandigheid beskikbaar vir ‘n gelowige wat homself/haarself in waarheid tot Jesus Christus (die Woord) wend.

Ons kan hierdie vryheid bekom deur Hom in ons bepaalde omstandighede van harte te dien en gehoorsaam aan Hom te leef. Ons bekom hierdie vryheid deur die verkeerde wat ons doen in opregte skuldbelydenis voor Hom te bely en dan ons sonde te laat staan om nie langer aan die sondige begeertes wat ons van God vervreem, diensbaar te wees nie. “STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.” (Gal. 5:1&13).

Dit is belangrik om te weet dat ons dit moeilik sal vind om hierdie vryheid te vind vir solank as wat ons nie die waarheid van God se Woord ken nie. Ons sal dit ook nooit leer ken vir solank as wat ons versuim om erns te maak met gereelde en getroue Bybelstudie (uit die Bybel!), getroue bywoning van onderlinge byeenkomste van gelowiges en om die kroon te span kan ons gerus die huisaltaar in ons huise weer oprig waar die vader sy plig as prieterkoning van sy huis nakom. Ons sal ook veel meer van God verstaan wanneer ons dalk meer gereeld in gebed tot Hom nader. Ons kan selfs uit ons onbeantwoorde gebede baie van Hom leer, sou ons net mooi genoeg luister.

In ‘n toestand van uiterste magteloosheid waarin ‘n volk homself tans bevind, is dit dalk tyd om te besef dat ons kennis nodig het om ons weer sterk te maak. As ons hierdie kennis van die waarheid verwerp, sal dit ongetwyfeld tot ons ondergang lei. “My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis;..” (Hos. 4:6). “Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.” (Hos. 6:6).

Die besef sal een of ander tyd tot ons moet deurdring dat ons veronderstel is om God te dien en ons vryheid in Christus te vind in ons huidige omstandighede. Dit beteken nie dat ons moet vrede sluit met ‘n Godlose bestel en ons nie mag beywer vir ‘n staatsbestel waar ons aan Hom die ereplek wil toeken nie. Dit beteken wel dat ons nie vir onsself die illusie moet skep dat ons (eers) Hom eendag in ‘n vrye grondgebied van harte sal kan dien nie. Wanneer ons begin om Hom daagliks in alles wat ons doen van harte te dien en vry in Hom te leef, sal sy Gees toenemend aan ons die leiding bied in hierdie onsekere en moeilike omstandighede waarin ons onsself bevind. En wanneer ons deur sy Gees gelei word, staan ons dalk weer eersdaags gereed vir diens as knegte van die Allerhoogste om Hom in vryheid te dien!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2610 gaste aanlyn