NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Billy Gramham het by geleentheid tereg gesê dat 'n hele beskawing verkrummel en verval wanneer die gesinslewe agteruitgaan. En ons sien vandag hoe ons volk en ons land se waardes 'n totale beskawingsineenstorting beleef...

STREK JOU UIT NA WAT VOOR IS

Hannes Ollewagen

Númeri 14:1-45

“Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens en wat Ek onder hulle gedoen het?” (:11).

Ons is vinnig om vinger te wys na die volk Israel van oudsher, maar is tog te geneig tot dieselfde optrede.   Ons lees van die tydperk waarin die volk Israel op die vooraand gestaan het om die erfdeel wat God aan hul beloof het in besit te neem. Hulle is deur die Rooi See op droë grond, het water uit die rots gedrink by twee geleenthede en is met manna en kwartels in die onherbergsame woestyn elke dag tot versadiging gevoed. Hulle klere het tot op hierdie stadium nie aan hul verslyt nie en die wonderdade van God het hul gedra tot op die grens van die beloofde erfdeel wat hul nou kon gaan bespied.

In plaas daarvan dat die spioene ag geslaan het op die lieflikheid van die beloofde land het hulle hulself in die bedreiging van die vyand hierbinne blind gestaar. Hulle het vergeet hoedat dieselfde God wat hul gestuur het om die beloofde land in besit te neem ook die Egiptenaars voor hul oë in die see gestort het – perdewa met sy ruiter! Opslag kom die verkenners in opstand teen God en diegene wat in gehoorsaamheid aan die HERE midde die omstandighede nugterheid probeer bring, word byna gestenig. Die vergadering verag die erfdeel wat God uit barmhartigheid aan hulle wil skenk en verlang eerder terug na die slawerny van Egipte waar hul dit kwansuis beter gehad het.

Nou hoe kry jy die kloutjie by die oor dat ons dieselfde doen as Israel – gaan ons nou weer lang politiek gesels van ‘n verlore Vaderland wat ons volk uit ongeloof ook verkwansel het aan ‘n heidense regime? Allermins is dit waaroor ons vandag gaan gesels. Ons gaan kyk na gelowiges wat ook menigmaal in hul harte terugdink aan die tye toe hulle nog in sonde geleef het en hul lewe dalk toe beter daaruit gesien het. Gelowiges wat met hierdie optrede in hul gees terug verlang na die slawerny waaruit hul verlos is en dit is natuurlik ‘n veragtelike optrede wat deur die satan aangevuur word.

Die satan sal nie ‘n enkele geleentheid laat verbygaan om ‘n vrygemaakte sondaar se erfdeel te ontfutsel[1] nie. En is dit nie daarom dat hy menigmaal by ons die twyfel kom saai om terug te dink aan die dae toe ek nog die “lekker sondige” lewe gelei het en dit toe mos eintlik met my goed of beter gegaan het nie? Dink maar aan daardie dae toe ek ongeoorloofde saketransaksies beklink het, maar ek het darem nie finansieël swaargekry nie. Dink dalk aan daardie tyd dat ek sedelose verhoudings aangeknoop het, maar ek was toe darem vreeslik gewild en in my ego gestreel. So kan die lys uitgebrei word met voorbeelde van dinge wat die satan aangewend het om mense in sonde te bind. Dit is dan ook hieride dinge wat gelowiges in hul eie liggaam moes afsterf toe hul die besluit geneem het om Jesus Christus as hul Verlosser aan te neem en te volg. Die gelowige wat egter hierdie besluit geneem het, het ook die belofte van ‘n erflating – ons deel in die onverganklike koninkryk van God wat ons as erfdeel sal ontvang en ons durf nie ons rug hierop draai nie.

Die prys wat ons toegang tot ons onverganklike erfdeel moet verseker, is alreeds betaal. Dit was egter nie ‘n goedkoop prys nie, maar onse Here Jesus Christus het met Sy eie kosbare soenbloed die volle losprys vereffen. Ons lees in vers 18 van Númeri 14 dat God nooit die ongeregtigheid en oortreding ongestraf laat bly nie. Alhoewel Hy barmhartig en goedertieren is, is Hy immers steeds ‘n heilige God wat die ongeregtigheid nie kan verdra nie en dit moet derhalwe gestraf word. Die straf wat ons op ons sondes verdien is volgens die standaard van die Woord natuurlik die dood. Jesus Christus het daarom namens ons die straf van ons sondes op Hom geneem om die ongeregtigheid namens ons te dra en ons daardeur die lewe te skenk. Aangesien Hy die enigste vlekkelose en sondelose was wat hierdie aardbodem bewandel het, was Hy die Enigste daartoe verkore. Hy sterf vir ons sonde en red ons uit sonde gebore.

Die las van sonde was vir Hom geen ligte las om te dra nie. Hy het die smaad en veragting beleef, Hy het die benoudheid en eensaamheid ervaar en die houe, bespotting, bespuwing en Godverlatenheid ter wille van ons verduur. Enige gelowige wat hierdie waarheid wil gebruik om ‘n lewe van losbandigheid te leef onder die troos dat Jesus mos klaar vir sy sonde gesterf het, het geen ware waardering vir Sy soenverdienste nie. En net só het ‘n gelowige wat opsetlik in sonde volhard nadat hy bewus geword het van hierdie verlossing en kosbare erflating ‘n dringende nood tot selfondersoek oor waarom dit hom nie skeel om te deel te hê aan Christus se marteling nie. “Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het – om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.” (Heb. 6:4-6).

Dit voel soms ook vir ons asof ons só naby aan ‘n groot oorwinning staan, maar tog nie die krag het om die stryd enduit te voer nie. Onthou, God se krag word in swakheid volbring! Menigmaal is ons ook oortuig van Sy krag en getroue verlossing, maar tog lyk elke nuwe aanslag dalk net na die een wat ons finaal kan verslaan. Onthou, deur die beproewing van ons geloof sal Hy ons lydsaamheid leer. “AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.” (Jak. 1:2&3).

Ons leef dalk in ‘n milieu waarin dit voel asof die kinders van God ter wille van geregtigheid martelare geword het. Laasgenoemde mag dalk veel meer ‘n realiteit as ‘n emosie wees, maar laat ons eerder martelare van Christus wees wat verda volgens Sy voorbeeld as wat ons deelgenote aan Sy marteling word. Laat ons opnuut daarna streef om Hom uit ‘n rein hart en met ongeveinsde liefde te eer deur ‘n lewenswandel wat soos balsem op Sy wonde sou wees eerder as omaan Sy marteling deel te hê. “En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.” (Open. 19:8).

 


[1] Ontfutsel – Met bedrog of lis afneem; steel.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2793 gaste aanlyn