NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons tyd is kort; die Bybel sê nêrens dat ons die hele tyd moet preek nie, wel dat ons die hele tyd moet bid. Laat ons dan minder met mense praat en meer met God.

JY MOET JOU NAASTE LIEFHÊ

Hannes Ollewagen

Levítikus 19:1-37

“Jy mag nie as kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie.  Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie.  Ek is die HERE.  Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie.  Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.  Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself.  Ek is die HERE.”  (:16-18).

Wanneer ons aan die wet van die Here dink, dink ons gewoonlik aan die “moenies” en die “mag nie’s”.  Jy mag nie steel nie.  Jy mag nie doodslaan nie.  Jy mag nie begeer nie.  En hieraan gemeet, sien ons lewens nie te sleg daaruit nie.  Ons is darem nie moordenaars nie.  Ons steel nie ander mense se goed nie.   Dit laat ons dan toe om ‘n “louwarm” geloofslewe te handhaaf waarin ek gesus word dat ek darem heelwat beter lyk as daardie ou wat nou weer met ‘n ander man se vrou gelol het.  Ek is darem nie waar my voormalige buurman is omdat hy uitgevang is dat hy iemand anders se goed gesteel het nie.  Ek het darem nog nooit iemand doodgemaak nie.  Dit laat ons amper dink aan die woorde van die Fariseër in die gelykenis wat Jesus vertel.  “En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid:  o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie – rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.”  (Luk. 18:11). 

Jesus het die skrifgeleerdes en Fariseërs skerp aangespreek oor ‘n “leë” godsdienstige vertoon.  (Matt. 23).  En net so het Hy ons geleer dat die onderhouding van al die gebooie van God in die eerste twee gebooie saamgevat word – die gebooie waar ons seker die minste aan dink.  Dit is, net soos elke ander gebod, ‘n bevel van God.  Jy MOET die Here jou God liefhê en jy MOET jou naaste liefhê.  “En Jesus antwoord hom:  Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod.  En die tweede wat hiermee gelykstaan:  Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.  Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.”  (Matt.  22:37-40).

Die liefde en liefdevolle optrede wat God van ons teenoor ons naaste verwag en wat vir ons in 1 Korinthiërs 13 beskryf word laat ons voldoening aan God se standaarde heelwat minder aanvaarbaar lyk.  “Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.”Ons is tog so geneig om ongeduldig met ons naaste te wees, en selfs by geleentheid net onbeskof.  Ons is so geneig om jaloers te wees op ‘n ander se geluk en voorspoed eerder as om saam met hulle bly te wees.  Ons praat eerder nie van hoe dikwels ons mense sien wat gewoon onwelvoeglik handel nie.  Ons tyd word gekenmerk aan mense wat hul eie belang soek en in selfsug leef. 

Ons bely as gelowiges in Jesus Christus dat ons daarna streef om aan die beeld van Jesus Christus gelykvormig te word.  Indien hierdie belydenis in u lewe opreg is, sal u verstaan dat die beeld van Christus ook liefde uitstraal.  Dit sal noodwendig impliseer dat die liefde van God ook in en deur u lewe aan ander, aan u naaste, betoon moet word en sigbaar moet wees. 

Die liefde van God is, soos die geloof en bekering, ‘n gawe wat ons van God ontvang.  Let mooi op na die eerste vrug van die Gees (m.a.w. dit word deur God voortgebring) waarvan ons in Gal. 5 lees:  “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.”  (Gal. 5:22). 

Ons moet dalk onthou om die volgende geleentheid waar ons in gebed tot God nader ons selfsugtige begeertes waarvoor ons so maklik bid opsy te skuif en te vra dat God aan ons sy genadegawe van liefde skenk.  Hierdie gawe van God sal daardie verganklike dinge waarvoor ons so maklik vra heeltemal sal oorskadu.  “Bid, en vir julle sal gegee word...”  “Want elkeen wat bid, ontvang...” (Matt. 7:7&8).  “Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.”  (Jak. 4:3).

Ons praat en preek gereeld oor die liefde.  En sommige ketters in ons tyd trek die lering van liefde heeltemal skeef – ironies genoeg omdat daar geen ware liefde van God in hulle harte is nie.  Maar of ons werklik die kosbaarheid en belangrikheid van die liefde verstaan, betwyfel ek.  As ons dit begryp het sou die wêreld rondom ons veel anders daaruit gesien het. 

Die Here leer ons dat ons sonder die heiligmaking sy koninkryk nie sal beërwe nie.  “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking, waarsonder niemand die Here sal sien nie;”  (Heb. 12:14).  Ware gelowiges streef dan ook na die heiligmaking omdat hulle begeer om God se aangesig te sien.  Die woorde van God uit 1 Joh. 4:5 en ook uit Openbaring 21 in samehang waarsku ons dat ons die heiligmaking wat God verwag nie sonder die liefde sal kan volbring nie.  “As iemand sê:  Ek het God lief – en sy broeder haat, is hy ‘n leuenaar...”  “...en afgodedienaars en al die leuenaars – hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel...”

Dit moet seker nie vir ons ‘n skok wees om te besef dat ons God se koninkryk geweier word wanneer ons een (of albei) van die gebooie van God waaraan die hele wet en die profete hang, verontagsaam nie . . .

JY MOET JOU NAASTE LIEFHÊ

Hannes Ollewagen

Levítikus 19:1-37

Jy mag nie as kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie.  Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie.  Ek is die HERE.  Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie.  Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.  Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself.  Ek is die HERE.  (:16-18).

Wanneer ons aan die wet van die Here dink, dink ons gewoonlik aan die moenies en die mag nies.  Jy mag nie steel nie.  Jy mag nie doodslaan nie.  Jy mag nie begeer nie.  En hieraan gemeet, sien ons lewens nie te sleg daaruit nie.  Ons is darem nie moordenaars nie.  Ons steel nie ander mense se goed nie.  Dit laat ons dan toe om n louwarm geloofslewe te handhaaf waarin ek gesus word dat ek darem heelwat beter lyk as daardie ou wat nou weer met n ander man se vrou gelol het.  Ek is darem nie waar my voormalige buurman is omdat hy uitgevang is dat hy iemand anders se goed gesteel het nie.  Ek het darem nog nooit iemand doodgemaak nie.  Dit laat ons amper dink aan die woorde van die Fariseër in die gelykenis wat Jesus vertel.  En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid:  o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.  (Luk. 18:11). 

Jesus het die skrifgeleerdes en Fariseërs skerp aangespreek oor n leë” godsdienstige vertoon.  (Matt. 23).  En net so het Hy ons geleer dat die onderhouding van al die gebooie van God in die eerste twee gebooie saamgevat word die gebooie waar ons seker die minste aan dink.  Dit is, net soos elke ander gebod, n bevel van God.  Jy MOET die Here jou God liefhê en jy MOET jou naaste liefhê.  En Jesus antwoord hom:  Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod.  En die tweede wat hiermee gelykstaan:  Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.  Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.  (Matt.  22:37-40).

Die liefde en liefdevolle optrede wat God van ons teenoor ons naaste verwag en wat vir ons in 1 Korinthiërs 13 beskryf word laat ons voldoening aan God se standaarde heelwat minder aanvaarbaar lyk.  Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.Ons is tog so geneig om ongeduldig met ons naaste te wees, en selfs by geleentheid net onbeskof.  Ons is so geneig om jaloers te wees op n ander se geluk en voorspoed eerder as om saam met hulle bly te wees.  Ons praat eerder nie van hoe dikwels ons mense sien wat gewoon onwelvoeglik handel nie.  Ons tyd word gekenmerk aan mense wat hul eie belang soek en in selfsug leef. 

Ons bely as gelowiges in Jesus Christus dat ons daarna streef om aan die beeld van Jesus Christus gelykvormig te word.  Indien hierdie belydenis in u lewe opreg is, sal u verstaan dat die beeld van Christus ook liefde uitstraal.  Dit sal noodwendig impliseer dat die liefde van God ook in en deur u lewe aan ander, aan u naaste, betoon moet word en sigbaar moet wees. 

Die liefde van God is, soos die geloof en bekering, n gawe wat ons van God ontvang.  Let mooi op na die eerste vrug van die Gees (m.a.w. dit word deur God voortgebring) waarvan ons in Gal. 5 lees:  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.  (Gal. 5:22). 

Ons moet dalk onthou om die volgende geleentheid waar ons in gebed tot God nader ons selfsugtige begeertes waarvoor ons so maklik bid opsy te skuif en te vra dat God aan ons sy genadegawe van liefde skenk.  Hierdie gawe van God sal daardie verganklike dinge waarvoor ons so maklik vra heeltemal sal oorskadu.  Bid, en vir julle sal gegee word...  Want elkeen wat bid, ontvang... (Matt. 7:7&8).  Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.  (Jak. 4:3).

Ons praat en preek gereeld oor die liefde.  En sommige ketters in ons tyd trek die lering van liefde heeltemal skeef ironies genoeg omdat daar geen ware liefde van God in hulle harte is nie.  Maar of ons werklik die kosbaarheid en belangrikheid van die liefde verstaan, betwyfel ek.  As ons dit begryp het sou die wêreld rondom ons veel anders daaruit gesien het. 

Die Here leer ons dat ons sonder die heiligmaking sy koninkryk nie sal beërwe nie.  Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking, waarsonder niemand die Here sal sien nie;  (Heb. 12:14).  Ware gelowiges streef dan ook na die heiligmaking omdat hulle begeer om God se aangesig te sien.  Die woorde van God uit 1 Joh. 4:5 en ook uit Openbaring 21 in samehang waarsku ons dat ons die heiligmaking wat God verwag nie sonder die liefde sal kan volbring nie.  As iemand sê:  Ek het God lief en sy broeder haat, is hy n leuenaar...  ...en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel...

Dit moet seker nie vir ons n skok wees om te besef dat ons God se koninkryk geweier word wanneer ons een (of albei) van die gebooie van God waaraan die hele wet en die profete hang, verontagsaam nie . . .

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2555 gaste aanlyn