NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is tye wanneer stilte die hardste praat – maak jou mond oop net as jy seker is dit wat jy gaan sê het meer waarde as die stilte.

IN JESUS CHRISTUS IS REDDING!

Hannes Ollewagen

Rom. 10:1-21                                                         

“…Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.” (:8-10).

“Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” (:13).

Geliefdes, die meeste van ons het sekerlik al gehoor dat ons in Jesus Christus moet glo om gered te word. Dit is ook wat Paulus in sy brief aan die Romeine leer waaruit ons vanoggend saamgelees het. Die geloof in Jesus Christus is tot ons redding. Die vraag is of ons deeglik besin oor wat geloof in Jesus Christus beteken? Weet ons wat dit beteken om werklik in Jesus Christus te glo?

Ek het al meermale gehoor van predikers wat teksverse uit hierdie gedeelte in verkeerde konteks aanhaal en op hierdie wyse groot skade in mense se geestelike lewens aanrig. Ja, wanneer ‘n mens vers 9 uit Romeine 10 saam met vers 4 lees, sal ‘n mens maklik ‘n skeefgetrekte beeld van ons redding kan skep. En dit is wat menigmaal gebeur. Mense word geleer dat ‘n belydenis van jou geloof in Jesus Christus die einde van jou geloofsverantwoordelikheid is. Jy het mos nou bely dat jy in Jesus Christus glo en daarmee is jy gered omdat Hy die einde van die wet is. Ja, ongeag hoe jou lewe verder daaruitsien, jou deel van jou verhouding met God is volgens daardie prediking afgehandel. En wat ‘n dwaling is so ‘n tipe prediking nie! Hoe sal hierdie tipe van prediking tot versoening tussen God en sondaars wees?

Ons lees in vers 13 van ons Skrifgedeelte – “Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” Indien ons geloofsverantwoordelikheid met ‘n geloofsbelydenis afgehandel is, sal dit mos nie nodig wees om die Here verder aan te roep nie? Waarvoor sou ons Hom tog wil aanroep – ons is dan klaar gered? En wat is dan nou eintlik nodig om gered te word – belydenis van my geloof in Jesus Christus (vers 9) of om Sy Naam aan te roep (vers 13)? Geliefdes, die belydenis van ons geloof in onse Here Jesus Christus is maar die begin van ons geloofsverantwoordelikheid en nie die einde daarvan nie. Ja, ‘n opregte belydenis van geloof in onse Here Jesus Christus is ‘n erkenning van ons onvermoë om ons eie saak met God te veroen. Dit is ‘n erkenning dat ons ‘n Middelaar nodig het om in hierdie saak vir ons in te tree. Ja, geliefdes ‘n Middelaar in Wie ons opreg moet glo en ‘n Middelaar Wie se Naam ons met vrymoedigheid kan aanroep.

Daar is ‘n Engelse spreukwoord wat lui – “Talk is cheap.” ‘n Oppervlakkige, onegte geloofsbelydenis sal vir geen siel ‘n plek in God se koninkryk besorg nie. Dit het onse Here Jesus Christus in geen onverstaanbare taal geleer nie.

“Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.” (Matt. 7:21).

Geliefdes, diegene wat egter met opregtheid die Naam van onse Here Jesus Christus bely, sal Hom ook met vrymoedigheid kan aanroep. Dit is hulle wat besef dat hulle volkome afhanklik van hierdie Middelaar is. Dit is hulle wat besef dat dit hierdie Middelaar, Jesus Christus is wat die straf van ons ongeregtighede op Hom geneem het om sodoende ons geregtigheid voor God te bewerk. Dit is hulle wat besef dat die sonde nie ‘n nietigheid voor God is nie. Dit is hulle wat besef dat om in Hom te glo nie beteken dat ons nou gered is en daarom ‘n lewe van ongebondenheid kan voortsit en onsself troos dat ons die hemel sal beërwe omdat ons “in Jesus glo” nie. Dit is hulle wat besef dat die straf vir ons sonde op Hom gekom het en dat die offer wat hy daarvoor gebring het die enigste volmaakte offer in God die Vader se oë is. Ja, dit is hulle wat besef dat God se grimmigheid en toorn oor die sonde Hom opgelê is en dat Hy deur sy dood aan die vloekhout hierdie ongeregtigheid van ons gedra het.

“Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” (Jes. 53:5).

Geliefdes, laat ons mooi verstaan dat die belydenis van ons geloof in Jesus Christus nie ‘n verskoning is wat gebruik kan word om ons gewete te sus terwyl ons ‘n lewe van ongeregtigheid voortsit nie. Die belydenis van ons geloof in onse Here Jesus Christus beteken dat ons glo dat daar geen ander wyse is waarop ons gered kan word nie. Dit is ‘n belydenis dat Hy alleen voor God geregverdig is en dat ons deur die geloof in Hom ook voor God geregverdig kan word.

“En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.” (Hand. 4:12).

Dit is ‘n belydenis dat ons Hom nodig het om ons as verlore sondaars weer met God versoen te word. Ja, ‘n belydenis dat ons Hom as ons Middelaar nodig het om vir ons vrede tussen ons en die Vader te bewerk en die vyandskap tussen ons en God te vernietig.

“Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, ...” (Efés. 2:13-15).

Geliefdes, mag ons verstaan dat ons by onvermoë is om ons eie geregtigheid voor God te bewerk. Ja, mag ons ewe goed verstaan dat die soendood van onse Here Jesus Christus nie ‘n verskoning vir ‘n lewe van ongebondenheid gebruik kan word nie. Maar mag ons deur die dood van onse Here Jesus Christus God se opregte liefde vir sondaars sien en mag dit by my en u ‘n opregte besef van ons afhanklikheid van ons Middelaar wek. En mag God in sy genade deur onse Here Jesus Christus die middelmuur van skeiding tussen ons en Hom afbreek sodat ons met Hom in vrede mag leef! Ja, geliefdes, mag ons opregte belydenis van ons geloof in Jesus Christus tot ons redding wees.

Amen.

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1579 gaste aanlyn