NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

...die HERE het 'n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.
Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.
Daarom treur die land, en alles wat daarop woon kwyn weg; die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om – Hoséa 4.

DIE MENS SE WEG IN HIERDIE LEWE

Hannies Ollewagen

Ps. 18:1-51

“Die weg van God is volmaak; die word van die HERE is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil.” (:31).

“God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.” (:33).

Die mens kom in hierdie lewe voortdurend voor keuses, voor kruispaaie, te staan. Dit is dan wanneer ‘n mens moet besluit – hierdie kant toe of daardie kant toe. Wat sal die regte weg wees om in te slaan?

Die groot hoeveelheid hartseer en ellende waarin so baie mense in ons tyd leef, getuig daarvan dat mense toenemend die verkeerde besluite rakende hul lewensweg maak. Dit is eintlik ‘n vreemde verskynsel wanneer ‘n mens in ag neem dat die mens van vandag tog soveel meer inligting tot sy beskikking het. Ons het soveel makliker en vinniger toegang tot inligting. En ‘n ingeligte mens is mos veronderstel om beter besluite te neem as ‘n oningeligte mens, nie waar nie? Wel, dit is inderdaad die geval, mits die bron wat jy raadpleeg ‘n betroubare bron is. En dit is juis hierin wat die hededaagse mens klaaglik misluk. Mense vra na leiding en rigting vir hul lewens in al wat ‘n bron op die internet en tydskrif is en ignoreer die enigste ware, opregte, volmaakte en betroubare Bron, nl. die Woord van God. Die mens vertrou nie op God vir sy heil nie. Nee, die hedendaagse mens vertrou op homself om sy eie heil te bewerk. En die Woord van God waarsku die mens teen die slegte gevolge van hierdie onverskillige keuse om God nie in gedagtenis te hou nie!

“...Soos húlle hul eie weë verkies het en hulle siel ‘n behae het in hul verfoeisels, so sal Ek ook hulle ongeluk verkies en wat hulle met skrik vervul, oor hulle laat kom; omdat Ek geroep en niemand geantwoord het nie, Ek gespreek en hulle nie gehoor het nie; maar hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë, en verkies wat My nie behaag nie.” (Jes. 66:3&4).

Ons lees vanoggend uit Psalm 18 dat die weg van God volmaak is. Maar hoe is dit dat die mens dan nie sondermeer hierdie weg begeer nie? Die volmaaktheid waarvan ons hier lees beteken nie sonder teëspoed en probleme nie, geliefdes.

“Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die Here hom.” (Ps. 34:20).

Ja, ook Paulus lewer vir ons getuienis van die talle struikelblokke langs die weg van die Here wat hy moes stap.

“...Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.” (2 Tim. 3:11&12).

Die volmaaktheid van hierdie weg beteken ‘n skoon, rein, eerbare, opregte lewensweg. Die weg van die Here is ‘n lewensweg waarin ek Hom in nederige ootmoed kan dien. Ja, dit is die weg wat ek verkies omdat dit vir die Here welbehaaglik is en nie noodwendig omdat ek daaruit die grootste stoflike voordeel kan put nie. Dit is langs hierdie weg waar ek in ‘n goeie verhouding met God kan leef, waarin ek in liefde en vrede met Hom kan wandel en op sy hulp in tye van nood kan steun omdat Hy in die weg van die regverdiges‘n behae het.

“Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.” (Ps. 84:6).

Geliefdes, hoe hartseer is dit nie om in ons tyd boonop nog ‘n oorweldigende golf van dwaalleer te moet trotseer nie. Ja, dwaalleer waarin die “volkmaakte weg” van God deur gierige en hebsugtige predikers as ‘n weg van uitsluitlike voorspoed en welvaart voorgehou word. Mense word met onverskillige dwaalleer mislei om te glo dat God net onophoudelik oor almal seën wil laat neerdaal en mense links en regs wil “bless”. Hulle vlei mense ter wille van die voordeel wat hulle daaruit kan put – selfs ten koste van hierdie mense se sieleheil.

“...en volgens hul begeerlikhede wandel; en hul mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel.” (Judas:16).

Geliefdes, te midde van ‘n verdwaalde wêreld moet ek en u vandag ook vir onsself die baie belangrike vrae afvra - hoe sien my en u lewensweg vanoggend daar uit? Bewandel ons ‘n lewensweg waarlangs ons Christus Jesus se nabyheid en leiding kan ervaar? Het ek ook die vrymoedigheid om alles in my lewe met die Here te deel sonder om iets vir Hom te probeer verberg omdat ek weet dat die Here in my weë ‘n behae het? Oordink ek ook gereeld my lewensweg om my weë telkens weer na die weg van die Here te rig?

“Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse. Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou.” (Ps. 119:59&60).

Of het ons ook al so gewoond aan die weë van hierdie wêreld geraak dat ons nie meer aan die Here dink en na Hom vra op ons lewensweg nie? Begeer ons dalk ook met groter geesdrif die eer, rykdom en genot en weë van hierdie wêreld as om te wandel op die volmaakte weg van God?

Mag ons elkeen met volle opregtheid vanoggend die belydenis van Ps. 119:30 & 32 aflê en die regte lewensweg verkies.

“Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel. Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want U verruim my hart.”

Amen.

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1782 gaste aanlyn