NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Het jy 'n voortdurende behoefte dat geregtigheid in elke faset van jou lewe moet geskied? Weet dan dat die Gees van die Here in jou is, jy dus die geestelike bedink, en die vleeslike afgelê het.

WAAR HY LEI, SAL ONS DAN MEEGAAN?

Hannes Ollewagen

Exodus 33:1-23

“As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is. En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? Toe sê hy vir Hom: As U nie self megaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie. Want waaraan sou dan bekend word datek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? So sal ons, ek en u volk onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.” (Ex. 33:13-16).

Ek dink aan die pragtige Halleluja-lied wat ons gereeld as kind gesing het, “Ek kan hoor my Heiland roep my.” Dit is veral die koorgedeelte van hierdie lied wat vir my nog altyd baie besonders is – “Waar Hy lei daar sal ek meegaan.” Ek wonder hoeveel van ons met alle opregtheid hierdie belydenis kan maak; hoeveel van ons is waarlik bereid om te volg langs die weg waar Hy ons lei? Ja, hoeveel van ons is werklik bereid om Hom ook langs die weë van beproewing te volg? Is ons nie geneig om maar veel eerder ‘n ompad te probeer soek wanneer ons sien dat hierdie weg vir ons beproewinge kan inhou nie?

Ons lees van Moses se pragtige belydenis in hierdie verband.

“...As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.” (:15).

Moses het nie geweet wat vir hom en die volk Israel sou voorlê op die weg waarlangs God hulle sou stuur nie. Maar hy het wel geweet dat hy bereid is om enige koers in te slaan, enige pad te loop waar die Here met hom meegaan. En terselfdertyd was hy nie vir ‘n oomblik bereid om ‘n treë te versit op ‘n weg wat hy sonder die Here moes aandurf nie. Ons weet dat die weg waarlangs Moses met die volk Israel moes trek ook glad nie sonder uitdagings en beproewinge was nie. Hulle het langs hierdie weg soms by plekke aangedoen waar daar ‘n tekort aan water was, waar die beskikbare water nie geskik vir gebruik was nie en daar het selfs oorloë en dergelike beproewinge op hierdie weg gelê. Maar Moses was wel bewus dat God hulle in elke beproewing sou bystaan. Ja, Moses het sy vertroue op God gestel vir hul voorsiening, hul beskerming, hul verlossing en leiding.

Ons lees van ‘n eenderse getuienis deur God se geliefde koning Dawid in Psalm 23.

“Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.” (:4).

Dawid bely dat hy onder God se leiding bereid is om selfs in ‘n dal van doodskaduwee in te trek, omdat Hy op God se bystand, beskerming en leiding vertrou! Ons weet dat Abram ook met ‘n vaste vertroue in God bereid was om die bekende agter te laat en die weg in te slaan waarlangs God hom sou lei.

“EN die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. Toe het Abram weggtrek soos die HERE hom gesê het, ...” (Gén 12:1&4).

Ja, hierdie man se geloof in God, sy vertroue in God was só besonders dat hy as ‘n vriend van God beskou is!

“En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.” (Jak. 2:23).

En ook was Abram se weg waarlangs God hom sou lei nie van beproewinge vry nie. Hierdie man is selfs met sy seun se lewe op die proef gestel langs hierdie weg waarlangs God hom sou lei.

Die getuienisse van hierdie mense wat tot opoffering en diensbaarheid bereid was en God se leiding getrou nagevolg het, is vir ons groot stof tot nadenke. Ek is van mening dat weinig mense in ons tyd werklik bereid is om mee te gaan waar Hy lei. Hierdie weë is menigmaal vol van opoffering, diensbaarheid en onselfsugtigheid – alles dinge waartoe die hedendaagse mens met sy selfsugtige lewensbeskouïng nie bereid is nie. Die mens van ons tyd wil veel eerder langs sy eie gemaklike weë wandel. Maar tog wil die mens ook probeer om God te manipuleer om hom langs hierdie weë van eiesinnigheid steeds te “seën”. En tog maak God dit duidelik dat ons nie seën van Hom moet verwag wanneer ons in ‘n staat van eiesinnigheid en hadnekkigheid verkeer nie.

“Die HERE het naamlik met Moses gespreek: Sê aan die kinders van Israel: Julle is ‘n hardnekkige volk; as Ek vir een oomnlik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. ...” (Ex. 33:5).

Ons lees in Johannes 6 hoedat ook baie van Christus se dissipels op ‘n stadium nie meer bereid was om mee te gaan waar Hy lei nie.

“EN baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister? Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.” (Joh. 6:60&66).

Geliefdes, dalk moet ek en u vir ‘n wyle op ons lewensweg stil gaan staan. Ons moet dalk vasstel of ons die Here op ons lewensweg kan raaksien, of ons sy stem kan hoor en of ons na sy leiding langs hierdie weg vra en Hom getrou langs ons lewensweg navolg. Of het ons dalk in eiesinnigheid langs die weë van hierdie wêreld verdwaald geraak en is dit dalk tyd om onverwyld na die weg waarlangs God ons lei terug te keer.

“Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse. Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou.” (Ps. 119:59&60).

Mag ons die woorde van God uit Ps. 32 ter harte neem en in opregtheid en met ‘n vaste geloofsvertrou meegaan langs die weg waarop Hy ons lei.

“Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees. Wees nie soos ‘n perd, soos ‘n muilesel wat geen verstand het nie, wat ‘n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie. Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die HERE vertrou – met goedertierenheid sal Hy hom omring.” (:8-10).

Amen.

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1727 gaste aanlyn