Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die toorn van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan. – Jeremia 23:20
EERBIED VIR ONS OUERS
Hannes Ollewagen
Luk. 2:41-55
“En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.”
Die Here Jesus Christus het nie alleen tydens sy lewe hier op aarde aan ons kom leer hoe ons God moet gehoorsaam nie, maar Hy het ook deur sy lewe en optrede vir ons die voorbeeld gestel. Ja, soos wat ons in hierdie gelese gedeelte vanoggend weer van Jesus se gehoorsaamheid aan die Vader se gebooie lees. Hy stel ook in sy lewe as kind die voorbeeld van eerbied teenoor sy aardse ouers deur aan hulle onderdanig te wees.
“...en Hy was hulle onderdanig.” (Luk. 2:45).
En só lees ons ook dat Hy in genade by God toegeneem het.
Geliefdes, Christus tree nie onrespekvol teenoor sy ouers op wanneer hulle Hom oor sy optrede aanspreek nie. Hy begin nie in reaksie hierop teen hulle rebelleer nie.
Hy stel dit nie dat Hy die bewerker van die nuwe verbond is en dat die wet van God soos in die Ou Testament aan ons gegee, nie op Hom van toepassing is en nie onderhou hoef te word nie. Hy sê nie aan Josef en Maria dat Hy deur God tot Koning verhef is en aan geen mens onderdanig hoef te wees nie. Inteendeel, Christus se onderwerping aan die ouerlike gesag wat hier op aarde oor Hom gestel was, sê tog vir ons duidelik hoe ontsettend hoog hierdie gesag in God se oë geskat word. As Hy wat die Seun van God is, gelykgestel met God, Homself aan hierdie gesag onderwerp het, hoeveel te meer behoort ons nie ook hierin aan God gehoorsaam te wees nie!
Ons lees in Exodus 21:15&17 dat die straf van ‘n mens wat God in hierdie gebod ongehoorsaam is dieselfde is as die straf wat ‘n persoon ontvang wat moord gepleeg het!
“En hy wat sy vader of moeder slaan, moet sekerlik gedood word.“ (:15).
“En hy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word.”(:17).
Ja, geliefdes, dit getuig van die erns van die misdryf in God se oë. Ja, ook wanneer ons kyk na die teendeel hiervan, sien ons hoe belangrik hierdie gebod in God se oë is. Hy stel dit nie alleen dat ‘n mens wat hierdie gebod oortree God vertoorn nie, maar ook dat Hy ‘n baie groot behae in die onderhouding van hierdie gebod het.
“KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder — dit is die eerste gebod met 'n belofte —sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.” (Efés. 6:1-3).
Ja, kinders. Die samelewing waarin julle grootword met sy televisie-/internet programme leer julle dalk dat “oumense” agter die tyd is en niks weet nie. Julle dink wel nie daaraan dat bykans al die goedjies wat julle lewe daagliks soveel makliker maak deur hierdie “ou mense” uitgevind en vervaardig is nie, né? Hulle is dalk nie so dom en onbeholpe as ‘n mens so daaraan dink nie. En jy sien en hoor dalk by jou maatjies of by die skool hoedat ander kinders met min tot geen respek en eerbied teenoor hulle ouers optree. En omdat “almal dit doen”, dink julle dat dit maar reg is. Sou jy ook duisende jare gelede dan maar saam geskreeu het – “kruisig Hom!” – omdat almal daardie dag dit gedoen het? Ons is dalk vinnig om te antwoord – “Maar natuurlik nie. Ek is lief vir God. Ek sou nie daaraan deelgehad het nie.” Indien jou liefde vir God opreg is, is jy ook nie veronderstel om Hom te beledig deur oneerbiedige en onrespekvolle optrede teenoor jou ouers nie. Sulke optrede is ook ‘n belediging vir God. Dit is ook om saam met die wêreld Hom te hoon en op Hom te spuug! En dit is gewoon in totaliteit vir ‘n kind van God nie aanvaarbaar nie.
Ouers, dit is ook gewoon nie aanvaarbaar dat julle kinders toelaat om God hierin te vertoorn nie. Julle het die verantwoordelikheid om julle kinders in die vrees van die Here op te voed.
“En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.” (Efés. 6:4).
Onthou dat die gesag wat u ontvang het ‘n gesag is wat van God kom. Dit beteken dat die krag daarin ver bokant ons begrip lê wanneer u dit reg aanwend!
“LAAT elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel,sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.” (Rom. 13:1&2).
Gebruik hierdie mag en gesag wat God in u hand gestel het in nederige diensbaarheid aan Hom.
Geliefdes, dit is tog glashelder dat die toekoms in ons land nog groot uitdagings gaan aanbring. Ons wil tog nie ons kinders soos slagskape daarin stuur om in angs en Godverlatenheid wanhopig te vergaan nie. Ons wil tog ‘n nageslag sien met wie dit goed sal gaan, ‘n nageslag wat die toekoms met God tegemoetgaan en lank mag lewe en die land bewoon wat ons van ons voorouers as erfenis ontvang het. Laat ons op God se raad in hierdie verband ag gee terwyl ons nog die geleentheid het. En laat ons hierdie kosbare skat met ons kinders deel!
“Eer jou vader en jou moeder soos die Here jou God jou beveel het, dat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat die Here jou God aan jou gee.” (Deut. 5:16).
Amen.
EERBIED VIR ONS OUERS
Hannes Ollewagen
Luk. 2:41-55
“En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.”
Die Here Jesus Christus het nie alleen tydens sy lewe hier op aarde aan ons kom leer hoe ons God moet gehoorsaam nie, maar Hy het ook deur sy lewe en optrede vir ons die voorbeeld gestel. Ja, soos wat ons in hierdie gelese gedeelte vanoggend weer van Jesus se gehoorsaamheid aan die Vader se gebooie lees. Hy stel ook in sy lewe as kind die voorbeeld van eerbied teenoor sy aardse ouers deur aan hulle onderdanig te wees.
“...en Hy was hulle onderdanig.” (Luk. 2:45).
En só lees ons ook dat Hy in genade by God toegeneem het.
Geliefdes, Christus tree nie onrespekvol teenoor sy ouers op wanneer hulle Hom oor sy optrede aanspreek nie. Hy begin nie in reaksie hierop teen hulle rebelleer nie. Hy stel dit nie dat Hy die bewerker van die nuwe verbond is en dat die wet van God soos in die Ou Testament aan ons gegee, nie op Hom van toepassing is en nie onderhou hoef te word nie. Hy sê nie aan Josef en Maria dat Hy deur God tot Koning verhef is en aan geen mens onderdanig hoef te wees nie. Inteendeel, Christus se onderwerping aan die ouerlike gesag wat hier op aarde oor Hom gestel was, sê tog vir ons duidelik hoe ontsettend hoog hierdie gesag in God se oë geskat word. As Hy wat die Seun van God is, gelykgestel met God, Homself aan hierdie gesag onderwerp het, hoeveel te meer behoort ons nie ook hierin aan God gehoorsaam te wees nie!