NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Om dood te gaan is nie 'n kuns nie; die slegste kry dit reg. Om te lewe is 'n kuns, die beste kry dit nie goed reg nie, sê onse Neelsie. Langenhoven se siening oor hoe moeilik dit is om nie 'n nuttelose lewe te lei nie laat mens onthou hoe die Psalmdigter bid: Weerhou my van 'n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys. U voorskrifte is vir my 'n lied in my lewe hier op aarde. Om u bevele uit te voer is my hele lewe. Ek het gesê: 'Dit is my lewe, Here, om u woord te gehoorsaam.' Ps 119.

DIEN HOM MET U HART …

…EN EER HOM MET U LIPPE

Hannes Ollewagen

Jesaja 29:1-24

“En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My 'n aangeleerde mensegebod is, daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil.” (:13&14).

Geliefdes, ons sukkel nie vandag meer soos die mense in die tyd van Israel om goedere te vervoer nie. Ons het planne gemaak om iets sommer blitsig van een plek na ‘n ander te karwei. En ons kommunikeer nie meer op so ‘n moeilike manier soos destyds toe ‘n “hardloper” nodig was om ‘n belangrike boodskap weg te bring nie. Ons stuur sommer gou per e-pos of WhatsApp ons boodskap deur. Binne sekondes is die boodskap oorgedra. Die mens het inderdaad met indrukwekkende inisiatief hierdie uitdagings te bowe gekom. Maar tog, wanneer ons luister na dit waaroor die HERE sy volk in daardie tyd aanspreek en dit na ons tyd projekteer, was daar op hierdie godsdienstige gebied weinig vordering en verbetering. Tewens, ons kan selfs argumenteer dat daar groot agteruitgang sedert daardie tyd was.

Die HERE spreek die volk Israel oor hul oppervlakkige godsdiensoefening aan. Ja, die HERE stel dit deur die mond van sy profeet Jesaja aan die volk dat Hy die gesindheid in hul harte raaksien. Ja, ons kan Hom nie met voorgee bedrieg of flous soos wat ons dalk met ander mense kan regkry nie.

“...want die Here deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. ... “(1 Kron. 28:9).

Die HERE gee dit ook by ‘n ander geleentheid aan Eségiël te kenne dat Hy hierdie gesindheid in die hart van sy volk raaksien.

“En hulle kom na jou toe soos 'n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie; want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan. En kyk, jy is vir hulle soos 'n minnelied, soos een skoon van stem, wat goed op die snare speel: hulle hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie.” (Eség. 33:31&32).

Ja, Eségiël, hierdie volk hoor God se woorde, hulle praat dalk selfs saam, maar hulle leef dit nie. Hulle doen dit nie.

Geliefdes, ons lees dan waar die HERE jare later nie hierdie volk meer deur die mond van een van sy profete oor hierdie verkeerdheid aanspreek nie. Nee, Hy as God spreek hulle self in duidelike en reguit taal hieroor aan. En Hy spreek die leiers op geestelike gebied hieroor aan.

“Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.” (Matt. 23:27&28).

Hy leer ons self ook hoe belangrik dit is om sy Woorde nie alleen te hoor nie, maar om dit te doen.

“Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.”

Kyk ons vandag na ons eie volkslewe, sien ons ‘n volk toebedeel met indrukwekkende vermoëns, hardwerkend, bekwaam, intelligent. Maar tog ‘n verknegte volk. Dit maak tog nie eintlik sin nie. ‘n Volk wat geval het soos ‘n huis wat nie op ‘n rots nie, maar op sand gebou was! En nie alleen is ons ‘n verknegte volk onder ‘n heindense owerheid nie. Daar is ook in hierdie slegte toestand weinig raad en leiding in ons volkshuishouding. Daar is veel meer twis, tweespalt, misleiding en selfsugtige aanstellerigheid en eersoekery as wat daar sterk en duidelike leierskap wat van integriteit spreek te bespeur is. Is dit nie asof die wysheid van ons volk se wyse manne ook vergaan het en die verstand van ons verstandige mense wegskuil nie? Geliefdes, die HERE hou dit nie vir ons as ‘n geheim waarom dit die geval is nie!

Ons moet dalk een of ander tyd tot die besef kom dat die waarde van die HERE se Woord baie, baie meer is as dit wat ons as mense daaraan heg. Ja, dat die HERE se Woord nie aan ons gegee is om dit te beoordeel nie. Dit is nie aan ons gegee sodat ons net ander se foute daarmee kan raaksien nie. Dit is nie aan ons gegee om sekere gedeeltes wat by ons lewens pas aan te neem en ander gedeeltes wat vir ons onaangenaam is met verskonings te probeer ontwyk nie. Die HERE het sy Woord, sy hele Woord, aan ons gegee omdat dit vir ons goed is tot ons lering, vermaning en ons teregwysing.

“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,” (2 Tim. 3:16).

En die HERE verwag van ons om hierdie Woord van Hom te oordink en sy bevele trou te onderhou.

“Ú het u bevele gegee om dit trou te onderhou.” (Ps. 119:4).

Ons behaag nie die HERE deur praatjies van geloof en godsdiens nie, geliefdes. Inteendeel, ons vertoorn die HERE om ons met praatjies van sy Woord en weë besig te hou terwyl ons lewens die teendeel spreek van wat Hy ons in sy Woord leer.

“...Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond —terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp? As jy 'n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers. Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog. Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy. Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel.” (Ps. 50:16-21).

Geliedes, kom ons gebruik ons mond om die HERE te loof en laat ons die HERE eer bewys deur dit wat ons met ons lippe bely, ook in ons lewens ten toon te stel. Ja, die egtheid van ons liefde vir Hom en die egtheid van ons geloof word nie deur ons mond geopenbaar nie, maar deur ons optrede.

“Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.” (Jak. 2:18).

Amen.

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1354 gaste aanlyn