NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die doek wat op Christus se hoof in die graf was, het na sy opstanding eenkant opgevou gelê. In die Bybelse tyd het ’n welgestelde man sy servet opgevou as teken dat hy die tafel net vir ’n tydjie verlaat en weer sou terugkeer.   Wat Jesus met die opgevoude gesigsdoek gesê het was dat Hy net vir ’n tydjie weg sou wees, maar weer sal kom. Is jy gereed vir sy Wederkoms?

WAAROOR IS ONS BEKOMMERD?

Hannes Ollewagen

Ps. 38:1-23

“Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.” (:19).

Geliefdes, ons leef in onstuimige tye. Ja, ons leef in tye van groot onsekerheid, verwarring en verdeeldheid. En oor die afgelope jaar of twee het hierdie vlak van verwarring en onsekerheid wêreldwyd seker die hoogste punt in etelike dekades bereik. Mense word bang gepraat oor ‘n verskriklike siekte, mense word ingeperk en word belet om hul huise vryelik te verlaat en na willekeur met hul daaglikse bedrywighede voort te gaan. En dan word mense deur etlike regerings verplig om ‘n inspuiting te neem waarvan die veiligheid deur menige mediese kenners in twyfel getrek word. Mense wonder wat om te doen. Mense is onseker, mense is bekommerd.

As u my vandag sou vra of dit nodig is dat ons onsself moet bekommer, is my antwoord ‘n onomwonde – “JA”! Maar is ek nie kleingelowig nie? Spreek ek dan nie teen die Woord van die HERE wanneer ek so iets sê nie? Die HERE leer ons dan duidelik in Matt. 6:25-32 dat ons nie bekommerd moet wees nie.

“Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie. As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges? Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”

Dit is juis omdat ons nie aan hierdie woorde van Christus gehoorsaam is nie dat ons groot rede tot kommer het. Hoeveel van ons soek regtig met ywer die koninkryk van God? Hoeveel mense streef regtig op ‘n daaglikse basis in hul lewens na God se geregtigheid? Dit is vir ons baie lekker om die mooi verse aan te hoor dat God met getrouheid na ons sal omsien en ons sal versorg. Ja, dit is lekker om te hoor dat ons ons nie oor hierdie dinge hoef te bekommer nie, want die HERE sal na ons omsien. En dit is lekker om onsself met hierdie woorde te troos. Ewe gerieflik lees ons in dieselfde hoofstuk die bevel van die HERE heeltemal mis wat ons beveel om na die koninkryk van God en sy geregtigheid te soek. Ja, dit is gerieflik om te vergeet dat ons hard moet stry om die koninkryk van God in te gaan.

Geliefdes, as u oor u lewe van die afgelope jaar moet terug kyk – waaroor was ú bekommerd? Daar is seker baie van ons wat bekommerd was oor ons gesondheid en die gesondheid van ons geliefdes. Daar is seker baie van ons wat bekommerd was dat ons lewe waar ons vryelik en na willekeur kan handel en beweeg nie weer gesien sal word nie. Daar is seker baie van ons wat bekommerd was dat ons nie ons geliefdes wat in ander lande woon weer sal kan sien nie. Daar is seker baie van ons wat bekommerd was of ons volgende maand nog ‘n werk of besigheid of inkomste sal hê. Daar is seker baie van ons wat bekommerd was oor hoe ons ons finansiële verpligtinge sou nakom met ‘n verminderde inkomste. Ja, was ons nie bekommerd oor al daardie dinge waaroor Christus vir ons in Matt. 6 beveel om ons nie te bekommer nie?

En hoe dikwels was ons oor ons geloofslewe, oor ons verhouding met God, oor ons sondige toestand voor God bekommerd? Hoe dikwels was ons bekommerd daaroor dat daar dinge in my lewe is wat vir God groot aanstoot gee. Ja, geliefdes, sonde is nie ‘n kleinigheid in God se oë nie! Hoe dikwels het ons ons siel gekwel oor die feit dat daar moontlik van ons geliefdes of van onsself is, wat die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Is daardie dinge waaroor ons onsself bekommer nie ook vir ons ‘n aanduiding van dit wat vir ons regtig belangrik is in hierdie lewe nie? Ons is tog net bekommerd om iets van waarde in ons lewens te verloor, nie waar nie? Wanneer iets vir ons waardeloos is, is ons ook nie vreeslik bekommerd daaroor dat ons dit dalk kan verloor nie.

Geliefdes, ons verstaan dan ook vandag uit Psalm 38 beter waarom God vir Dawid so besonders liefgehad het. Dawid was nie sondeloos nie. Hy was nie volmaak nie. Maar sy verhouding met God was vir hom regtig belangrik. Sy liefde vir God was opreg. Dawid het as koning seker ook baie dinge gehad waaroor hy hom sou bekommer. Daar was oorloë wat dreig, ‘n volk wat leiding nodig het en na wie se belange omgesien moet word. Hy het ook ‘n familie gehad om te beskerm en te versorg. Daar was in sy tyd ook siektes, droogtes en hongersnood. Maar hierdie dinge oorweldig hom nie. Hierdie dinge begin nie sy lewe oorheers nie. Sy liefde vir God en sy verhouding met God bly steeds vir hom ‘n prioriteit in sy lewe. Ja, luister wanneer Dawid in vers 19 van ons gelese gedeelte spreek – “ek is bekommerd oor my sonde.” Here, ek is bekommerd oor die dinge in my lewe wat nie reg is nie. Daardie dinge in my lewe wat my verhouding met U skade berokken - Here dit pla my! Ek is bekommerd daaroor, want my verhouding met U is vir my belangrik! Daarom bekommer my sonde my, want ek weet dat U sonde haat!

Geliefdes, sou u nie ag gee op die Woord van die HERE nie, is u soos ‘n man wat sy huis op die sand gebou het en dan het u groot rede tot kommer, want die storms is hier. Wanneer ons egter ag gee op die Woord van die HERE, wanneer ons na sy Woorde luister EN DIT DOEN, het ons nie rede tot kommer oor die storms in hierdie lewe nie, omdat ons weet dat die fondament van ons lewens onbeweeglik sterk sal staan. Ons hoef ons nie te bekommer dat ons Fondament se krag nie genoegsaam sal wees nie. Ons kan met stille vertroue selfs in die grootste storms sonder enige kommer op Hom hoop.

Mag ons vandag en voortaan oor die regte dinge in die lewe bekommer.

Amen.

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1393 gaste aanlyn