NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As 'n trein deur 'n tonnel gaan en dit donker om jou word, gooi jy nie die treinkaartjie weg en spring van die trein af nie. Jy sit stil en vertrou die ingenieur.

LEEF NABY AAN HOM

Hannes Ollewagen

Psalm 11:1-7

“Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet. Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.” (:5&7).

Geliefdes, ons lees in Génesis 22 hoedat God vir Abraham op die proef stel. Abraham se liefde vir God is beproef.

“NÁ hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel ...”. (:1).

God wou sien dat Abraham se liefde vir Hom opreg was, dat hy God gevrees en Hom bo alles liefgehad het. En deur God se versoek sonder enige teëspraak te gehoorsaam, slaag Abraham hierdie toets.

“...want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.” (:12).

God het sy gehoorsaamheid en bereidwilligheid in Abraham se opregte hart raakgesien. God het gesien dat Abraham se liefde vir Hom nie alleen in woorde of in ‘n belydenis bestaan het nie, maar dat sy optrede daarvan getuig het dat hy God in alles sou eer en gehoorsaam.   En so groot welbehae het God in hierdie gehoorsame optrede van Abraham dat Hy na hierdie man as sy vriend verwys.

“MAAR jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend, ...” (Jes. 41:8).

Daar was in hierdie vriendskap tussen Abraham en God opregte liefde van beide partye. En Abraham het sy liefde aan God bewys daarin dat hy nie aan God ongehoorsaam wou wees en so God se hart bedroef nie. ‘n Mens wil mos nie iemand vir wie jy waarlik liefhet, seermaak of teleurstel nie? Abraham het bewys dat hy ten koste van homself sou optree om nie God se hart te bedroef nie.

Ons hoor in die ligsinnige teologie wat in ons dae groot aanklank by mense vind dat Jesus ons “pêl” is. Maar hierdie kettery moet ons in totaliteit verwerp. Dit is nie ‘n teologie wat leer dat ons ons verhouding met God moet koester nie. Dit het eerder ten doel om mense van hul eerbied en respek vir God te beroof en om Hom aan die verganklike mens gelyk te stel. Hierdie verwerplike teologie is verkleinerend teenoor God en verhoog die mens tot ‘n wese wat met God gelykgestel kan word, want “pêlle” is mos mekaar se gelyke.

“...en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van 'n verganklike mens...” (Rom. 1:23).

En ewe gerieflik kan die teksvers uit Johannes 15:15 aangehaal word om Jesus as ons vriend voor te hou.

“Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem...”

Christus stel dit duidelik in die vorige vers van dieselfde gedeelte dat Hy nie in hierdie vriendskapsverhouding van sy verhewenheid en die eer wat Hom verskuldig is, afstand doen nie.

“Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.” (Joh. 15:14).

Hulle wat Hom nie wil gehoorsaam nie, maar hierdie “vriendskap” wil gebruik om Hom van sy heerlikheid te probeer ontneem en sy gebooie te verontagsaam, staan nie in ‘n ware vriendskap met Hom nie. Enige persoon wat net ‘n vriendskap wil gebruik om sy eie gerief en voordeel te soek, is nie ‘n ware vriend nie.

Geliefdes, God staan nie in ‘n vriendskapverhouding met mense wat in ongeregtigheid en goddeloosheid leef nie.

“Die Here toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.” (Ps. 11:5).

Dit is duidelik uit hierdie Skrifgedeelte dat God nie die goddelose as sy vriende beskou nie. Sy Wese van geregtigheid en heiligheid sal nooit met die sonde versoen nie. Hy sal dus nie naby aan ‘n mens wees wat in ongeregtheid lewe nie, want Hy is ‘n heilige God wat die ongeregtigheid nie kan verdra nie.

“Die Here is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.” (Spr. 15:29).

Ons lees nie dat Abraham, Job, Noag, Dawid of enige van hierdie manne wat naby aan God geleef het, hul vriendskapsverhouding met God misbruik het om hul lewe van ongeregtigheid ongehinderd te kon voortsit nie. Hierdie manne het nie van Jesus hulle “pêl” probeer maak sodat Hy hulle dalk voor die Regterstoel van God sou kan bevry nadat hulle ‘n lewe van absolute goddeloosheid en ongebondheid gely het nie. Hierdie manne het daarna gestreef om God te gehoorsaam en in sy verorderinge te wandel. Hulle het geweet dat die oortreding van God se gebooie en ongehoorsaamheid aan Hom hulle verhouding met Hom skade berokken. Ja, luister na Dawid se smekinge in Ps. 38 :

“Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.Verlaat my nie, o Here! My God, wees nie ver van my af nie!” (Ps. 38:18&22).

Dawid is bekommerd oor die feit dat sy sonde sy verhouding met die Here skade sal berokken. Ja, hy is bekommerd dat die Here hierdeur ver van hom sou wees.

Geliefdes, die HERE maak deur sy Woord aan ons bekend wat Hom behaag en waarin Hy nie ‘n behae het nie. Ons kan Hom deur sy Woord in waarheid leer ken en liefkry. Mag ons liefde vir Hom so sterk word dat Hy vir my en u in waarheid ons beste Vriend in hierdie lewe sal word. Ons Vriend wat ons bo alles sal liefhê. ‘n Vriend in Wie se nabyheid en teenwoordigheid ons elke oomblik wil leef. Ja, mag ons vrienskapsverhouding met Hom vir ons só kosbaar wees dat ons in ons lewens niks sal toelaat of sal doen wat aan hierdie verhouding skade kan berokken nie. Laat ons eerder ons rug op die verleiding van sonde draai as wat ons die rug op Hom, ons Vriend, draai. Ja, mag ons vriendskapsverhouding met Hom in waarheid bestaan sodat ons elke dag bo alles sal begeer om naby aan Hom te leef.

Amen.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2312 gaste aanlyn