NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Halfhartigheid is een van ons grootste sondes. In halfhartige bekering sterf die ou mens maar staan weer op. In ware bekering met die krag van die Heilige Gees sterf die ou mens en die nuwe mens staan in Christus op. Satan probeer hard om ons in eie krag te laat opstaan sodat ons na hom kan terugkeer in sonde. Gee aan die duiwel geen plek en bely en laat staan voor die Here elke dag opnuut in sy krag.

HOU SY WEG

Hannes Ollewagen

Ps. 37:1-40

“Kof. Wag op die Here en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.” (:34).

Geliefdes, in hierdie dae kan ons kwalik genoeg daaraan herinner word om te fokus op die weg waarlangs ons moet wandel. Daar is nie alleen dwaalweë in oorvloed nie, maar daar is ook oorgenoeg dwaalleraars wat mense aanmoedig om die weg van die waarheid te verlaat en langs die dwaalweë van vleeslike begeerlikheid en ongebondheid te wandel. En dan is daar natuurllik ‘n geweldige tekort aan leraars wat na die wil van die HERE vir mense daarop wys wanneer hulle van sy weë afdwaal om hulle sodoende weer te help om die rigting te vind om in sy weg te wandel.Laasgenoemde is immers die voorbeeld van lering wat Christus self ook aan ons gestel het. “En hulle het Hom gevra en gesê: Meester, ons weet dat U reguit praat en leer en die persoon nie aanneem nie, maar die weg van God in waarheid leer — “. (Luk. 20:21).

Ek wil u aandag graag na ‘n paar gedeeltes in die Woord van die HERE trek wat ons opnuut tot die besef bring dat die HERE let op die weg waarlangs ‘n mens wandel. ‘n Baie opvallende gedeelte is die een uit Núm. 22:32 waar die HERE self vir Bíleam waarsku oor die weg wat hy inslaan. “...Kyk, Ek self het uitgegaan as 'n teëparty, want jou weg loop gevaarlik steil in my oog!”. Ja, die HERE het gesien dat hierdie man besig is om van die weg van die waarheid af te dwaal. Dit word vir ons verder in 2 Pet. 2:15 bevestig. “Hulle het die regte pad verlaat en verdwaal, en die weg gevolg van Bíleam, die seun van Beor, wat die loon van ongeregtigheid liefgehad het”.

Ons lees dan ook telkens in die geskrifte van Konings en Kronieke van die destydse konings in Israel wat aan die HERE gehoorsaam was en ook hulle wat aan Hom ongehoorsaam was. So lees ons in 2 Konings 21:22 van koning Amon wat die weg van die HERE verlaat het. “En hy het die HERE, die God van sy vaders, verlaat en nie in die weg van die HERE gewandel nie.” Geliefdes, die boodskap uit hierdie gedeelte is dan ook vir ons duidelik – om die weg van die HERE te verlaat, is ook om Hom as ons metgesel te verlaat. Ja, om die weg van die HERE te verlaat, is om weg te stap van ons verhouding met Hom. Dit word vir ons in Johannes 14:6 onderstreep. “Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Daar is vir ons een van twee keuses, nl. om die HERE te volg langs die weg van die waarheid of om sonder Hom langs ons dwaalweë te gaan. Hy gaan nie verleë agter ons aan saam verdwaal langs ons verkeerde weë nie. Alhoewel Hy ons in sy genadige barmhartigheid van ons dwaalweë dikwels tot sy weg terug bring, sal Hy nooit sy goedkeuring aan ons dwalinge skenk en dit eindelik as “reg” begin aanvaar nie. Hy sal nóóit sy weg van waarheid verlaat om ons te volg nie!.   As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën. As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.” (2 Tim. 2:12&13).

Geliefdes, die voorbeeld van Bíleam laat ons dan ook besef dat daar dikwels ‘n baie, baie fyn lyn tussen die weg van die HERE en ons eie dwaalweë lê. Wanneer ons hierdie gedeelte lees, sien ons hoedat hierdie man selfs die HERE in sy besluit geraadpleeg het. Maar eindelik het God die waarheid in die diepste van sy wese raakgesien en hom teen sy verkeerdheid gewaarsku. En so kan ons ook dikwels op dwaalweë beland sonder om dalk eers die verkeerdheid te besef. Dit word vir ons in Spr. 14:12 duidelik gestel. “Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.” En daarom dat dit so belangrik is om ons lewensweg so gereeld, elke dag, teen die waarheid van die Woord van die HERE te meet.

Die HERE leer ons uit Ps. 32:8 dat Hy ons ook as ‘n liefdevolle Vader in die waarheid van sy weg wil onderrig. “Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.” En hiermee saam leer Hy ons uit Ps. 25:9 dat ons hierdie lering van Hom met ‘n stille ootmoed moet aanneem. “Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.” Wanneer ons eiesinnig, trots en te selfversekerd is, sal sy Woord by ons nie ingang vind nie. Luister hoedat Dawid, ‘n magtige man, ‘n koning, die HERE ootmoedig smeek om hom daarin te onderrig om in waarheid langs sy weg te wandel. “Dalet. Here, maak my u weë bekend; leer my u paaie.” (Ps. 25:4). En ook in Psalm 86:11 rig Dawid hierdie versoek tot die HERE. En hier onderneem hy ootmoedig dat hy hierdie weg wat die HERE leer sal navolg; dat hy hierin sal wandel. ”Leer my, Here, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.”

Geliefdes, die enigste manier waarop ons ons lewensweg in ons samelewing kan suiwer hou, is inderdaad om dit te hou na die riglyn van die Woord van ons liewe Heer. “Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.” (Ps. 119:9). Ja, geliefdes, mag ek en u ook in waarheid die belydenis van Ps. 119:30 kan aflê. Mag ons ook die weg van waarheid, die weg van die HERE bo ons eie weë, bo die weë van die wêreld verkies. “Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel.”

Amen.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1516 gaste aanlyn