NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wat verstaan die Bybel onder reg?  Waarom wil God dit hê?  Sodat mense in gehoorsaamheid aan God se Woord rustig kan saam leef.    Gevolglik verskil dit wat vandag met menseregte bedoel word, ingrypend van die Bybel se idee van regte.   Vandag word die skepsel bo die Skepper gedien (Rom.1:25)!

ONS IS LIEFDE AAN MEKAAR VERSKULDIG

Hannes Ollewagen

Rom. 13:8-14

“WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.” (:8-10).

Ek dink dat die meeste van ons nie daarvan hou om aan ‘n ander iets te skuld nie. Dit is vir die meeste van ons hinderlik. Dit is iets waaraan ons gereeld dink. Daar kan so maklik iets onvoorsiens gebeur en dan kan ek nie die skuld betaal nie. En wat ‘n verleentheid sal dit nie wees nie! Hoe sal ek weer die ander party in die oë kan kyk? Ons word dan ook uit Rom. 13:8 aangeraai om nie aan ‘n ander iets te skuld nie, want dit kan so maklik verhoudings versuur wanneer ons nie hierdie skuld kan betaal nie. Daar word egter ‘n enkel uitsondering in Romeine 13 gemaak. En hierdie uitsondering is dat ons liefde aan mekaar verskuldig is. En wanneer ons mooi daaroor dink, besef ons dat verhoudings ook baie skade ly wanneer ons nie hierdie skuld (van liefde) aan mekaar betaal nie.

Hierdie woorde van Paulus aan die Romeine is ‘n onderstreping van die antwoord van Christus aan die wetgeleerde wat van Hom wou weet wat die grootste gebod in die wet van God is. Christus stel duidelik aan hom dat liefde tot God en liefde tot die naaste die twee gebooie is waaraan die hele wet hang. “Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” (Matt. 22:36-40).

Kyk ons na die samelewing rondom ons, sien ons dat dinge erg skeefloop. En daar is baie faktore wat ‘n rol hierin speel. Maar een van die grootste hiervan is die feit dat mense verleer om mekaar lief te hê. En omdat mense nie hierdie skuld van liefde aan mekaar betaal soos wat die Woord ons leer nie ly verhoudings onberekenbare skade. ‘n Gebrek aan liefde is ‘n kenmerk van ‘n goddelose samelewing. Ons lees hiervan in Romeine 1:31. “onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,”. Ons word ook in 2 Tim. 3:1-4 teen hierdie afvalligheid in die samelewing gewaarsku. En ook hierin word ‘n gebrek aan liefde uitgelig. “MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;”

Geliefdes, die lewe van Christus was vir ons die toonbeeld van ware, selfopofferende liefde. Hy het sy lewe daaraan gewy om uit liefde aan mense goed te doen. Hy het gesond gemaak. Hy het hulle in liefde in die Woord van God gerig. Hy het vertroos en vrygespreek. En Hy het homself gegee as ‘n offer sodat daar vir ons versoening met God kan wees. Hy het nie net liefde gepraat nie – Hy het liefde geleef! Hy het vir ons gewys hoe ware liefde lyk. Hy vra nie eers van ons om ons toewyding aan Hom te bewys alvorens Hy sy lewe vir ons aflê nie. Hy lê dit vir ons af terwyl ons nog in sonde verlore is en heeltemal onverdiend teenoor Hom staan. “maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” (Rom. 5:8).

Ons weet ook dat God die Vader deur die lewe van Christus Jesus hier op aarde aan ons ‘n voorbeeld gestel het van hoe ons lewe voor Hom daar moet uitsien. En daarom dat die Woord van die HERE ons met soveel herhaling beveel om in liefde te leef. “Laat alles by julle in liefde geskied.” (1 Kor. 16:14). Hierdie opdrag kom ook na vore in Paulus se brief aan die Romeine. “...wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; ...”. (Rom. 12:10). Die brief aan die Kolossense bevat ook hierdie opdrag. “En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.” (Kol. 3:14).

Wanneer ons as mense sonder liefde leef, het ons nodig om dringende selfondersoek te doen, geliefdes. Ons is dan nie besig om die voorbeeld van Christus se lewe na te volg nie. “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.” (Joh. 13:35). Ja, liefdeloosheid is ‘n kenmerk van ‘n ongelowige. Dit is ‘n kenmerk van die afwesigheid van God se Heilige Gees in ons lewens. Dit word vir ons duidelik gestel dat die werk van die Heilige Gees aan liefde gekenmerk word. “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.” (Gal. 5:22). Dit word ook in 1 Joh. 4:7&8 onomwonde gestel dat ‘n mens wat sonder liefde leef God nie waarlik ken nie. “GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.”

Ek hoop dat die Woord van die HERE my en u ook tot stilstand bring en laat besin of die liefde van God in ons lewens sigbaar is. Dalk is ek en u ook meer daarop ingestel om te bepaal en te beoordeel of ander ons liefde “verdien” as wat ons daarop ingestel is daarop om die liefde wat ons aan ons naaste verskuldig is te betaal. En so leef ons in ongehoorsaamheid teenoor die HERE omdat liefde teenoor my naaste vervulling van God se wet is. Ons is liefde aan ons naaste verskuldig; nie omdat hulle dit verdien nie, maar omdat die wet van God dit van ons eis. Mag ons aan hierdie opdrag van God gehoorsaam wees en in woord en daad ‘n voorbeeld vir my naaste wees om ook ander tot gehoorsaamheid daartoe aan te spoor. “...en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;”. (Heb. 10:24).  

Ek groet u met die kosbare woorde en opdrag van die HERE uit 1 Petrus 4:8. “Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek.”

Amen.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 605 gaste aanlyn