NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mense het al etlike kilometer in die aardkors geboor en op geen hel afgekom nie.   Beteken dit dat dit nie bestaan nie?   Indien wel, waar is die hel dan?  Reg aan die einde van ‘n Christuslose lewe.

ONS WEERSTAND TEEN SONDE

Hannes Ollewagen

Gén. 4:1-26.

“Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.” (:7).

Dit wat in die lewe van Kain gebeur het, is ook ’n kosbare les vir ons. En dit is natuurlik dat ons moet waak en dat ons teen die sonde moet weerstand bied. Die struikelblokke en versoekings van Satan sal daar wees – dit is beslis. Hy sal nie ledig staan en toekyk hoedat ons in ’n gesonde verhouding met die HERE leef nie. Hy sal ons gedurig van God probeer afvallig maak en ywerig werk om ons tot ongehoorsaamheid aan God oor te bring. Die getuienis hiervan is duidelik in 1 Petrus 5:8. “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.” Sien u die mooi ooreenstemming van die gedeelte uit 1 Petrus 5 teenoor die gedeelte uit Génesis 4? In beide gevalle word die mens teen die gevaar van die dreigende sonde gewaarsku. En in beide gevalle word die mens ook ’n opdrag gegee om daadwerklik hierteen op te tree. “Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof ...”. (1 Pet. 5:9).

Wanneer ons mooi na die gebeure in Kain se lewe kyk, sien ons duidelik die vordering wat Satan met sonde in sy lewe maak. Dit begin by Kain wat kwaad word. Dit is natuurlik nie sonde om kwaad te word nie. Woede is ’n emosie net soos hartseer, blydskap en opgewondenheid ook emosies is. Maar dit wat maklik uit daardie emosie kan voortspruit, is waar die gevaar insluip. Dit is tog baie duidelik uit die Woord. “Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel geen plek nie.” (Efés. 4:26&27). Eintlik is dieselfde lesse reeds na verwys in Génesis en Petrus, maar in ander woorde. Wees versigtig wat jy doen wanneer jy toornig is, want dan lê die sonde naby en loer. En ons verantwoordelikheid is om daaraan nie ’n plek te gee nie, maar dit te bestry. Moenie die sonde by jou koester nie, bestry dit daadwerklik en vinnig. Maar Kain besweer nie sy woede nie en saam met hierdie woede ontstaan daar toe jaloesie teenoor Abel omdat sy offer wel aangeneem is terwyl God nie Kain se offer met welgevalle aangesien het nie. En hierdie jaloesie en woede wat nie deur hom teëgestaan is nie, waaroor hy nie geheers het nie, het toe die oorhand oor hom gekry. Dit lei toe tot ’n verdere oortreding van moord op sy broer. En dit stop selfs nie daar nie. Wanneer God hom later hieroor konfronteer, lieg hy boonop vir die HERE. “Toe sê die Here vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?” (Gén. 4:9). U sien seker wat die uitwerking van sonde is wanneer daar geen weerstand teen gebied word nie – wanneer dit nie teëgestaan en bestry word nie?

U wonder dalk hoe dit vir ons as mense moontlik is om weerstand te bied teen die aanslae van só ’n gedugte vyand as Satan. En met reg moet ons hierdie vraag vra. Satan is ’n gedugte vyand. Die vergelyking in 1 Petrus 5 is nie sonder rede met ’n leeu nie. Hy het geweldige krag wat hy ongetwyfeld sal aanwend om skade in die Skepping van God en in ons lewens aan te rig. Die Woord rig ons egter duidelik hoedat ons hierdie teëstander die stryd moet aansê. “EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.” (Efés. 6:10&11).

Ek wil u herinner aan Christus wat self ook deur Satan versoek is. En hoe het Hy dit hanteer? Drie maal het Satan uit verskillende rigtings met sy aanvalle gekom. En drie maal, het Christus hierdie versoekings afgeweer met –“daar is geskrywe . . .”. Christus het derhalwe elke keer die aanval van Satan uit die Woord van God verpletter. En daarom word hierdie wapen, die Woord, met reg in Efés. 4:17 die swaard genoem, omdat dit die wapen is waarmee ons die teëstander die stryd moet aansê. “En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God — “. Ons kan dit derhalwe nie genoeg benadruk hoe belangrik dit is om ’n behoorlike kennis van die Woord van God te hê nie. Enige held wat tot ’n geveg toetree wil tog so bedrewe as moontlik met sy wapen wees en dit moenie vir ons in die stryd met Satan anders wees nie! Die Woord is die wapen waarmee die sonde verslind word!

Ons moet wel nie die fout maak om te dink dat ons bedrewenheid in die Woord vir ons onaantasbaar maak nie. Die Satan sal só ’n verwaandheid en valse gerustheid beslis aanwend om ons te laat struikel. Ons sal nie sonder die krag van die Gees in die stryd kan staande bly nie. En hierin onderrig 2 Tim. 1:7 ons baie duidelik: “Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” Die Gees van God is een van krag, liefde en selfbeheersing. Ons het sy krag nodig. Wanneer ons derhalwe die Gees van die HERE in ons harte koester, sal ons in sy krag teen die aanslae van Satan kan weerstand bied. En in sy krag sal ons met die nodige selfbeheersing kan optree om nie tot die versoekings van Satan toe te gee nie. En wanneer ons in Woord en

Gees met volharding die vyand weerstaan, sal ons in Hom oorwinning smaak. “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.” (Jak. 4:7).

Ten slotte wil ek na ’n laaste tegniek verwys wat ons in hierdie stryd teen die sonde nie moet vergeet nie. Die spreekwoord lui mos dat voorkoming beter is as genesing. En derhalwe is dit raadsaam om só te handel om te probeer om nie onnodig die slagveld te gaan betree nie. Wanneer ons ons tyd reg aanwend en probeer om ywerig besig te wees om geregtigheid te doen, sal daar minder tyd vir die verkeerde wees. “Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.” (Efés. 5:15&16). As goeie voorbeeld kan ons seker na die lewe van Dawid verwys. Indien hy besig was om die oorloë van die HERE te stry, sou die versoeking van Bátseba hom dalk nie oorweldig het nie? En só kan ons ook deur te fokus op wat ons verantwoordelikhede voor God is en dit ywerig te probeer nakom, ook baie minder tyd oorlaat waarin ons in ’n stryd met Satan gewikkel kan raak.

Mag die HERE gee dat ons besef dat ons nie met gerustheid met die sonde in ons lewens kan omgaan nie. En mag ons deur sy Woord en Gees die krag ontvang om ten bloede toe weerstand te bied in ons stryd teen die sonde!

“Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.” (Heb. 12:4).

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1746 gaste aanlyn