NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons werk nie so hard op hierdie aarde om iets te besit nie; ons werk sodat ons iets kan word.

OPGEWEK TER WILLE VAN ONS REGVERDIGMAKING

Hannes Ollewagen

Rom. 4:1-25

“En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie. En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het. Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.” (:19-22).

“...wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.” (:25).

Wanneer ons kyk na die dood en opstanding van onse Here Jesus Christus kom die woorde uit Jesaja 55:8&9 spontaan in my gedagtes.

“Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.” Ja, die wonderlike gebeure rondom die dood en opstanding van Christus is beslis vêr bokant ons begrip. Die feit dat die Een vlekkelose en sondelose wat die aardbodem bewandel het aan ’n gruwelike dood oorgegee moes word, is moeilik om te verteer. Die feit dat die mensdom se skuld op Een kon neerkom en gewreek is, is moeilik om te verstaan. Eweneens is die opstanding uit die dode iets waarin gelowiges glo, maar wat ook vir die menslike verstand iets is wat moeilik is om te begryp. Inderdaad is sy weë en gedagtes ver bokant ons weë en gedagtes.

Ek is seker dat Abraham ook geworstel het om te verstaan hoe God aan hom en Sara so ’n belofte van ’n groot nageslag sou vervul terwyl hulle op ver gevorderde leeftyd nog geen seun gehad het nie. Die vervulling van God se beloftes was gelukkig nie daarvan afhanklik dat Abraham God se weë verstaan nie, maar net dat hy sou glo. Hy hoef nie te verstaan hoe God hierdie wonderlike werk van Hom sou kon doen nie, maar hy moes glo dat God wel by magte is om te doen wat Hy sê. En dieselfde reël geld vir ons as gelowige kinders van God vandag steeds. Wanneer ons dink aan die vergifnis van God kan ons dalk soms voel dat ons iewers in ons lewe te swaar oortree het teen die Heilige God om daarvoor vergewe te word. Ons voel dalk dat die een of die ander net té groot sonde was dat God ons daarvoor kan vergewe. Ons kan dalk nie verstaan dat God ons volkome daarvoor kan vergewe nie. Ons moenie in hierdie strik trap nie. So ’n gedagte is die werk van Satan wat ons laat twyfel aan die woorde van God in 1 Joh. 1:9. “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” Wanneer ons teen God gesondig het, het ons Hom alreeds deur ons sondige optrede beledig. Ons durf Hom nie verder beledig deur sy Woord en belofte van vergifnis in twyfel te trek nie. Net soos wat Abraham nie op die “onmoontlikheid” van die situasie gefokus het en as gevolg hiervan aan die Woord van God getwyfel het nie, maar eerder gefokus het op die belofte van God en daarop gehoop het, is ons veronderstel om dieselfde te doen. Ons moenie op die grootheid van die probleem of ons oortreding of die onmoontlikheid daarvan vanuit ons menslike perspektief fokus nie, maar ons fokus moet op die belofte van God wees. God leer dit ook vir ons duidelik uit die lewe van koning Dawid. Hierdie man het ook in swakheid teen God oortree en boonop sonde op sonde gestapel. Sy owerspel wou hy met leuens en bedrog toesmeer en hy het hom selfs tot moord gewend ten einde sy oortreding onder die mat te probeer vee. Maar eindelik erken hy sy skuld voor God en hierna is die fokus van Dawid op sy afhanklikheid van God om hom van hierdie skuld te bevry eerder as op die “onmoontlikheid” hiervan dat hy ooit voor God vir hierdie groot oortreding vergifnis kan ontvang. “Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou. Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. Skep vir my ’n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my’n vaste gees.” (Ps. 51:5&6,9,12). Die erkenning van sy skuld voor God en die pleitrede wat hy tot God rig, bevestig Dawid se geloof in God se vermoë om hom van sy sonde te bevry. Dawid nader God nie met allerhande voorstelle van wat hy kan bied of doen om sy skuld voor God te versoen nie. Nee, hy beroep hom geheel op God om vergifnis en redding. Dit onderstreep weer vir ons die belangrikheid van geloof om in ’n gesonde verhouding met God te staan. Sonder geloof sou Dawid sy skuld bes moontlik ontken het omdat hy die gevolge van sy verkeerde optrede sou vrees en sou probeer ontwyk. Sonder geloof sou hy ook nie die moeite gedoen het om hom op God te beroep vir hulp en redding nie. Maar in geloof erken en bely hy sy skuld voor God en ontvang hy die vergifnis van God.

Hierdie voorbeeld uit die lewe van koning Dawid bring ons by die volgende belangrike punt waarvan ons in Rom. 4:25 lees. “...wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.” (:25). Die wêreld is geneig om by die eerste gedeelte, nl. die dood van Christus, vas te haak. Hy het gesterf ter wille van ons sondes. En hieruit volg dan menigmaal ’n baie skewe en verwronge weergawe van die Evangelie wat kortom verkondig dat alle sonde van alle mense vergewe is deur die dood van Christus. En hiermee word die mens van sy geloofsverantwoordelikheid gestroop. Dit is asof sonde na die dood van Christus nie meer bestaan nie. As dit waar was, waarom het God Hom uit die dode opgewek? As alles aan die vloekhout volbring en ten volle vervul is om die mens van alle straf verder te onthef – waarom die Heilige Gees stuur om ons van sonde, geregtigheid en oordeel te oortuig? “Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:” (Joh. 16:7&8). Die versoenende sterwe van Christus is nie die eindpunt van die Evangelie nie – dit is nader aan die beginpunt. Die volmaakte offer wat Hy gebring het, is die bevestiging dat daar niks is wat onsself kan doen of bring om ons eie skuld voor God te versoen nie. Dit is alleen deur Hom wat ons skuld op Hom geneem het dat ons met God die Vader versoen kan word. Daarbenewens is dit ook nodig om te erken dat ons uit ons lewe van sondigheid gelei en met God versoen moet word. Die ganse wêreld het nie met die soendood van Christus eensklaps in regverdiges verander nie. Allermins! Maar die wat in Hom glo, volg sy leiding en word deur Hom na regverdigheid gelei. Dit is deur hierdie geloof in die Seun van God, die Regverdige en ons Saligmaker, wat ons uit ons lewe van sondigheid en vyandskap teen God gelei word na ’n lewe van heiligmaking en vriendskap met God. “Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.” (Heb. 7:25).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2443 gaste aanlyn