NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Sommige mense skep behae daaruit om in onvrede te lewe; twis en wraakgierigheid word deur die Woord van God veroordeel omdat dit op selfvergelding en liefdeloosheid dui. Die vrug van die Gees is onder meer vrede (Gal 5:22). Iemand wat heeltyd onmin soek dra nie die Gees van God in hom nie. En iemand wat die vrede van Jesus Christus ken, sal altyd onvrede en onmin aktief vermy – vlug daarvan weg.

INSTRUMENT TOT SY VERHEERLIKING

Hannes Ollewagen

“Was daar nie by Bloedrivier hierdie klein groepie mense van 464 in getal wat ’n ervare Zulu-leër van ongeveer 15 000 moes trotseer nie alleen ’n vaste geloofsvertroue nie, maar ook ’n merkbare gehoorsaamheid, ootmoed en nederigheid aanwesig nie?”

2 Kon. 1:1-18

“Maar die Engel van die HERE het vir Elía, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom dan, so sê die HERE: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En Elía het gegaan.” (:3&4).

God stuur Elía om die boodskappers van Ahásia onderweg na die god van Ekron voor te lê. En hy stuur hierdie boodskappers terug na Ahásia met die boodskap van God se ontevredenheid met hierdie optrede van die koning. Hierdie optrede van Ahásia wat God tot oneer strek. Waarom sou hy nodig hê om ander volke se vreemde gode te raadpleeg – asof Israel geen God het nie?

Ons lees in 2 Kron. 16 van ’n soortgelyke situasie in die lewe van koning Asa. Hy sluit ’n verbond met die koning van Aram waarna God die siener Hanáni stuur om hom aan te spreek oor sy misplaaste vertroue. Die siener herinner hom aan die gevaar wat hom in die gesig gestaar het toe die Kusiete met ’n leër van omtrent een miljoen teen hom opgetrek en God hom hulp teen hierdie vyand verskaf het. En dan wys die siener hom tereg omdat hy nou op ’n later stadium in sy lewe hierdie vertroue op God laat vaar en sy vertroue op ander mense stel. “Was die Kusiete en die Líbiërs nie ’n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die HERE gesteun het; want die HERE – sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.” (2 Kron. 16:8&9). Die reaksie van koning Asa hierop was om hom vir die siener te vererg wat hom tereg gewys het in plaas daarvan om in ootmoed na vergifnis voor God te soek.

Terwyl hierdie twee konings waarvan ons melding gemaak het buite Israel na hulp en raad gaan soek het, was daar weer ironies genoeg in Aram ’n man wat van die God van Israel te hore gekom het. Naäman – leërowerste van die koning van Aram en ’n groot man in sy koninkyk. Naäman het wel met ’n probleem gesit waarmee nog die koning van Aram, nog sy geld, sy sterk weermag of enige ander mens hom kon help. Hy was melaats. En hierdie man het te hore gekom van die profeet in Israel wat deur die krag van God hom sou kon help. Naäman kom dan vol hoopvol na Elísa net om deur ’n boodskapper van Elísa begroet te word met die opdrag om homself sewe maal in die Jordaan te gaan was. Naäman vererg hom vir die feit dat hy nie eens die aangesig van die profeet te siene kry nie, maar sommer d.m.v. ’n boodskapper hierdie opdrag om homself sewe maal in die Jordaan te gaan was, ontvang. En byna verbeur Naäman die wondergenesing van sy melaatsheid omdat hy hom vir die wyse waarop Elísa hom hanteer, vererg. Maar gelukkig gee hy gehoor aan sy dienaars se vermaning om Elísa se opdrag te gehoorsaam en ontvang hy nie alleen die gawe van genesing nie, maar word die Naam van God ook hierdeur verheerlik. “Toe kom sy dienaars nader en spreek met hom en sê: My vader, as die profeet u ‘n groot saak beveel het, sou u dit nie doen nie? Hoeveel te meer nou dat hy u gesê het: Was jou, en jy sal rein word? Daarop het hy afgeklim en sewe maal in die Jordaan ondergeduik volgens die woord van die man van God, en sy vlees het teruggekeer soos die vlees van ’n jong seun, en hy het rein geword. Toe draai hy om na die man van God, hy en sy hele gevolg, en hy het ingekom en voor hom gaan staan en gesê: Kyk, nou weet ek dat daar geen God op die hele aarde is nie, behalwe in Israel. Neem dan nou tog ’n geskenk aan van u dienaar.” (2 Kon. 5:13-15).

Ons kan uit hierdie voorbeelde sien dat daar sekere dinge is wat die verheerliking van God se Naam in die weg staan. Waarom sou koning Asa en Naäman hulself vererg? Is dit nie maar gewoon verwaandheid wat deur hul optrede weerspieël word nie? Naäman se verwaande optrede het bykans in die weg gestaan van die verheerliking van God se Naam en sy eie genesing, maar gelukkig het hy hom van hierdie verwaande optrede afgewend. Die twee konings van Israel het egter die teenoorgestelde gedoen en toe hulle oor hul verkeerde optrede aangespreek is, het hulle hul vererg en in hul verwaandheid volhard. En die uiteinde was vir hulle rampspoedig. Koning Asa se optrede was verwaand omdat hy gedink het dat hy op ’n punt in sy regering gekom het dat hy in sy eie krag en met die hulp van sy bondgenote sy eie oorwinnings kan behaal en dat hy nie meer soos tevore op die hulp van God hoef te steun nie. God is vir hom verander in ’n hulpmiddel waartoe hy hom sou wend as hy dalk iewers vasbrand eerder as dat Hy hom gedien het as die verhewe God wat deur hom in gehoorsaamheid aldeur gedien en geëer moet word. Die onaanvaarbaarheid van hierdie optrede word in vers 9 van 2 Kron. 16 onderstreep wanneer God stel dat Hy diegene steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is. Die rede hiervoor is eenvoudig – God deel sy eer met geeneen. “EK is die HERE, dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde nie.” (Jes. 42:8). Net so min as wat God van koning Asa of sy bondgenoot afhanklik sou wees om hom uit die hand van sy vyand te red, net so min sou Hy die eer hiervan met enige wese deel. Dit is duidelik dat verwaandheid in die weg van die verheerliking van God se Naam staan, want God sal nie ’n mens wat verwaand genoeg is om te dink dat hy sonder God kan klaarkom, bystaan nie. En ongehoorsaamheid en eiesinnigheid stap die pad saam met verwaandheid.

Ons leer uit die lewe van koning Saul dat eiesinnigheid en ongehoorsaamheid eweneens die verheerliking van God se Naam ondermyn. Terwyl God alreeds in die dae van Moses die besluit neem en aankondig dat Ámalek se gedagtenis onder die hemel uitgedelg moet word, word Saul as die eerste koning van Israel hierdie taak opgelê. “So sê die HERE van die leërskare: Ek het terdeë gelet op wat Ámalek Israel aangedoen het, dat hy hom in die weg gestaan het by sy optog uit Egipte. Gaan nou en verslaan Ámalek, en julle moet met die banvloek tref alles wat hy het; en jy mag hom nie verskoon nie, maar jy moet om die lewe bring man sowel as vrou, kind en suigling, bees en kleinvee, kameel en esel.” (1 Sam. 15:2&3). Maar in eiesinnigheid besluit Saul om hierdie opdrag net gedeeltelik uit te voer. “Maar Saul en die manskappe het Agag gespaar, en die beste van die kleinvee en beeste, en die naas-bestes en die lammers en alles wat van waarde was – dit wou hulle nie met die banvloek tref nie; maar al die goed wat veragtelik en vervalle was, dit het hulle met die banvloek getref.” Saul leer hieruit dat gedeeltelike gehoorsaamheid aan God steeds ongehoorsaamheid is wanneer hy met die harde woorde van verse 22&23 aangespreek word. “Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. Want wederstrewigheid is ’n sonde van waarseêry, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. ...” Saul, as jy na jou eie sin wil handel en wil maak soos wat jy wil maak eerder as om God se opdragte uit te voer en Hom te gehoorsaam, is jy met afgodery besig. Jy is dan mos maar jou eie god wat eerder jou eie eer as die eer van God soek.

Ek dink ook aan die profeet Jona wat met sy ongehoorsaamheid die verheerliking van God se Naam in die weg gestaan het. God beveel Jona om na die stad Ninevé te gaan en daarteen te gaan preek. Maar dan besluit Jona om eerder na Tarsis te vlug. En ons is almal bekend met die rampspoedige gevolge wat dit vir Jona ingehou het. En is dit nie interessant die woorde van Jona wat hy tot God bid in die buik van hierdie vis wat hom ingesluk het nie? “Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is.” (Jona 2:8). Hy besef dat sy verlating van God in sy poging om van Hom af weg te vlug in ongehoorsaamheid en eiesinnigheid maar afgodery was. Hy wou dalk sy eie eer meer beskerm as om na die eer van God te soek. Hy wou nie na ’n stad gaan en daarteen preek en hulle waarsku dat God die stad gaan verwoes en dan later skaam wees wanneer God hieroor berou kry en besluit om die stad te spaar nie. Maar wanneer Jona dan na Ninevé gaan en volgens God se opdrag teen hierdie stad preek, word God se Naam verheerlik wanneer hierdie hele stad ernstig tot God bid en hulle van hul verkeerde weë bekeer.

Noudat ons gekyk het na daardie eienskappe wat die verheerliking van God se Naam in die weg staan, kyk ons ook na die keersy – m.a.w. daardie dinge wat teenoor eiesinnigheid, ongehoorsaamheid en verwaandheid staan. Dit sou mos logies wees dat die teenoorgestelde eienskappe die teenoorgestelde uitwerking behoort te hê – nie waar nie? Teenoor voormelde drie eienskappe staan weer ootmoed, gehoorsaamheid en nederigheid wat die weg vir die verheerliking van God se Naam baan.

Die eerste voorbeeld wat ek wil voorhou is van koning Manasse. Dit is vir ons duidelik uit 2 Kron. 33:1-10 dat hierdie koning baie goddeloos gehandel het en skaamteloos en ywerig sy afgodery bedryf het. Maar ten spyte van die verskriklike gruwels wat hy bedryf het, was daar vir hom genade by God toe hy tot die besef van sy afvalligheid kom en hy hom voor God verootmoedig. En hierdie selfde koning wat die Naam van God soveel oneer aangedoen het, word verander in ’n voorwerp tot die verheerliking van God se Naam. “Maar in sy benoudheid het hy die aangesig van die HERE sy God om genade gesmeek en hom diep verootmoedig voor die aangesig van die God van sy vaders en tot Hom gebid; en Hy het hom verhoor en na sy smeking geluister en hom na Jerusalem in sy koningskap teruggebring. Toe het Manasse erken dat die HERE God is. En hy het die vreemde gode en die afgodsbeeld uit die huis van die HERE verwyder, ook al die altare wat hy op die berg van die huis van die HERE en in Jerusalem gebou het, en dit buitekant die stad gegooi. En hy het die altaar van die HERE weer opgerig en daar dankoffers en lofoffers op gebring en aan Juda bevel gegee om die HERE, die God van Israel, te dien.” (2 Kron. 33:12&13, 15&16).

Ons sien in Rigters 6 dan ook die nederige gesindheid van Gídeon wanneer God aan hom verskyn met die opdrag om die Midianiete te verslaan. “Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie. Toe sê die HERE vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan.” (Rigt. 6:15&16). En dan volg Gídeon se versoeke met die wolvlies wat hy buitekant sou uitsprei – nie omdat hy in God se vermoë getwyfel het nie, maar omdat hy doodseker wou maak dat hy nie uit homself hierdie stryd aanpak nie, maar dat dit inderdaad in opdrag van God is.

Is die belangrikheid van nederigheid en ootmoed nie ook vir ons onderstreep in God se keuse van Maria as die een deur wie die Christus gebore sou word nie? Haar gesindheid van diensbaarheid en ootmoed is duidelik uit die woorde van Luk. 1:38. “En Maria sê: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord. En die engel het van haar weggegaan.” En dan verder in haar lofsang. “EN Maria het gesê: My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker; omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem. Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen, en heilig is sy Naam. En sy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees.” (Luk. 1:46-50).

Wanneer ons die lewe van Abraham in oënskou neem, sien ons ook die belangrikheid van gehoorsaamheid in die oë van God. Ons lees in Gén. 22 van God se reaksie op Abraham se gehoorsaamheid aan God op die bevel om sy eie seun aan Hom te offer. “Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.” (Gén. 22:15-18). Maar dan was daar natuurlik ook Een wat selfs vir Abraham in gehoorsaamheid oortref het, onse Here Jesus Christus. Ons lees in Lukas 4 van sy versoeking in die woestyn en hoedat Hy in gehoorsaamheid aan God getrou gebly het. “En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort. En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.Toe bring hy Hom na Jerusalem en stel Hom op die dak van die tempel en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself hiervandaan neer. Want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U om U te bewaar,en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie. En Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.” (Luk. 4:6-12). Ja, alles wat aan Hom opgedra was om gedurende sy lewe op aarde te doen, het Hy volbring. En met hierdie ootmoedige, getroue en gehoorsame gesindheid het Hy die Naam van God verheerlik. “Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.” (Joh. 17:4). Sy gehoorsaamheid aan God het dalk nie altyd op daardie oomblik gelyk asof dit tot heerlikheid van God sou strek nie – dink maar aan die hulpelose toestand aan die vloekhout! “En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.” (Joh. 19:30). Maar ook deur sy volharding en gehoorsaamheid aan God se wil wat van Hom geëis het om lyding te verduur, was sy sterwe eindelik tot die verheerliking van God.

En nou wil ek graag dat ons ’n parallel trek tussen hierdie eienskappe waarvan ons vandag gepraat het en die gebeure by Bloedrivier. Was daar nie by hierdie klein groepie mense van 464 in getal wat ’n ervare Zulu-leër van ongeveer 15 000 moes trotseer nie alleen ’n vaste geloofsvertroue nie, maar ook ’n merkbare gehoorsaamheid, ootmoed en nederigheid aanwesig nie? Hierdie mense kon die maklike uitweg gekies het en op vlug geslaan het terug na die Kolonie, maar hulle verkies om eerder gehoorsaam te wees aan God in hul verantwoordelikheid teenoor hul naaste in wie se belang en veiligheid hul ook moes optree. Ons lees nêrens dat hierdie mense op hul eie krygsvernuf geroem het en met volle selfversekerdheid in hul eie vermoë tot die stryd van Bloedrivier toegetree het nie. Inteendeel, die woorde van die Gelofte bevestig vir ons hulle diepe besef hoe verlore hierdie stryd uit ’n menslike oogpunt is. Hierdie mense was ongetwyfeld bereid om te sterf in hierdie stryd, maar hulle wou hê dat hul sterwe in gehoorsaamheid en nederigheid voor God sou wees en derhalwe tot verheerliking van sy Naam. En die vrug van hierdie gehoorsame, ootmoedige en nederige optrede, geliefdes – die verheerliking van God se grote en heilige Naam. Ja, bykans 200 jaar na hierdie gebeure dink ons steeds op ootmoedige wyse terug aan hierdie wonderlike gebeure op hierdie dag in Desember 1838 en verheerlik ons as nakomelinge van hierdie mense steeds God se Naam vir die wonderwerk by Bloedrivier gedaan. Maar die gevolg daarvan strek veel wyer – die gebeure by Bloedrivier roep ons nie alleen daartoe om hierdie dag te gedenk nie, maar dit gee ook vir ons perspektief in die omstandighede waarin ons vandag verkeer. Dit herinner ons dat ons toekoms nie in ons eie hande is nie, maar in die Hand van God. Dit herinner ons dat ons doel nie is om net ons eie belang na te jaag en ons eie voordeel en voorspoed te soek en soos Ahasia te leef asof daar geen God in ons midde is nie, maar om in ootmoed, nederigheid en gehoorsaamheid aan Hom te soek na die verheerliking van God se Naam. Dit onderstreep vir ons dat daar vir ons geen heil is in enigiets wat ons in eiesinningheid, ongehoorsaamheid of verwaandheid aanpak nie. Maar dit onderstreep selfs meer duidelik vir ons die onbegryplike en onmeetbare krag van God wat openbaar word deur ’n gesindheid van nederigheid, ootmoed en gehoorsaamheid in die harte en lewens van sy kinders wat die weg baan vir die verheerliking van sy Naam.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2616 gaste aanlyn