NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hy wat op homself vertrou is verlore; hy wat op God vertrou is tot alles in staat. Maar waarom is ons vertroue so swak dat ons elke liewe dag van voor af moet leer om God te vertrou? Het Hy dan nie gister sy betroubaarheid bewys nie? En eergister? En die dag tevore? Vertrou op God met jou hele lewe en spring aan die werk!

MODERNISTE DAAG ‘N CHRISTEN- DOKTER UIT

Dr JP Botha

Hierdie baie interessante en insiggewende ondervinding het ‘n Christen-medikus, dr Arthur Brown,  te beurt geval.  Hy vertel daarvan:

Ek was besig met ‘n reeks dienste in die Baptistekerk in Indiana, en die pastoor het ‘n uitnodiging vir my gekry om die studente te gaan toespreek in die kollege, ‘n sogenaamde Christelike inrigting.  “Ons is gelukkig om daar in te kom, “ het die pastoor gesê, “ want hierdie kollege is vinnig besig om modernisties te word.

Ek was bly om hierdie geleentheid te kry om ‘n byeenkoms van die studente toe te spreek.  Die dag voordat ek moes praat, bel die president my op en sê:  “Dr Brown, ons program vir môre-oggend is baie vol, en dit spyt my dat ek u maar net 12 minute kan gee.”  “O, dis in orde, doktor,” het ek gesê; “Ek dink ek sal baie in twaalf minute kan sê.”

Ek vrees ek het bepaald te veel gesê, want ek kon sien dat my woorde nie ‘n goeie indruk gemaak het nie.  Daar was ‘n groep professore hier regs voor my en hulle het niks gehou van wat ek gesê het nie.  Daardie middag het ‘n deputasie studente hulle opwagting by my gemaak en gesê:  “Dr Brown, te oordeel na wat u vanoggend gesê het, is u ‘n baie dogmatiese persoon.”

“Presies, kêrels!” was my antwoord;  “Ek sou my skaam as ek nie dogmaties was nie.”

“Nou wel,” het hulle gesê,  “As u so dogmaties is, behoort u gewillig te wees om u aan ‘n vraelys te onderwerp.”

Wel, so ‘n ondervraging is die ongemaklikste operasie wat ooit op ‘n mens uitgevoer kan word  -  om daar te staan en hulle toe te laat om vrae uit elke hoek op jou af te skiet.  Enige gek kan ‘n vraag stel wat die slimste mens nie kan beantwoord nie, en ek is allesbehalwe ‘n wandelende ensiklopedie;  maar dit sou nie deug om daardie seuns toe te laat om my van stryk te bring nie.  Ek sê toe: “Nou goed, bring julle vraelys.”

Die ondervraging is gereël vir die volgende Vrydag, en ek kan u verseker dat ek van Dinsdag tot Vrydag beslis in ‘n baie onsekere stemming verkeer het.  Ek het nie geweet wat hulle gaan vra nie, maar dít het ek geweet, naamlik, dat hulle daarop uit was om my onklaar te betrap.  Daar was natuurlik geen sprake van voorbereiding nie, want die veld wat gedek kon word, was te groot.  Vrydag het ek en my vrou in die hotelkamer neergekniel en gebid. Nooit vergeet ek die vreemde sensasie wat oor my gekom het terwyl ek bid nie.

“Here, ek gaan vanmiddag vir U spreek.  Ek weet niks nie, maar ek weet dit, dat hierdie brein aan U behoort, hierdie stembande U s’n is, my lippe, my tong, alles wat ek besit, aan U behoort.  Here, sal U vanmiddag daardie vrae beantwoord?”

En u weet, Hy het daardie gebed op ‘n baie wonderlike manier verhoor.  Toe ek die gebou bereik waar die byeenkoms sou plaasvind, was die saal vol en daar was ‘n swak onderdrukte opgewondenheid.  Hulle het gekom om die geveg te aanskou.

Wel, hier was my kans.  Ek het nie geweet wat tussen Dinsdag en Vrydag plaasgevind het nie, maar die Here het. Dít is wat gebeur het:  Een van die professore, ‘n professor in die dierkunde, het meer as een maal verskeie van sy studente byeengeroep om hulle voor te berei met vrae om aan my te stel.  Die doel van hierdie vrae was om my persoonlik te beledig en my kwaad te maak.  Later het ek verneem dat hy gesê het:  “Nou sal ons hierdie man kwaad maak en dan sal hy opgewonde raak.  Dit sal die hele vergadering in diskrediet bring.”  Dis ‘n baie geslepe en doeltreffende manier om ‘n byeenkoms te bederwe.

Nou, hiervan het ek niks geweet nie, maar die Here het.  Die ondervraging sou 45 minute duur,  en u kan daarvan seker wees dit sou niks langer duur as ek dit kon verhelp nie.  Ek het my horlosie uitgehaal en gesê ek is gereed vir die eerste vraag. Skielik het ‘n jong man ver agter tussen ‘n klompie professore opgestaan en gesê:

“Dr Brown, ons het navraag gedoen omtrent u, en ons inligting is tot dien effekte dat u blykbaar geen praktyk in die stad Vancouver gehad het nie; dat u feitlik verplig was om daardie stad te verlaat, en nou is u daarop uit om boontjies (geld) uit liggelowige mense te kry wat dwaas genoeg is om u vir u dienste te betaal.”

Wel, was dit nie ‘n goeie vraag om mee te begin nie?  Ek het nie geweet wat om te sê nie.  Ek was op die punt om iets te sê wat nie baie mooi was nie, toe dit was of ek ‘n Stem hoor sê:  “Moet dit nie sê nie!” U weet dit is soms die moeilikste ding om ‘n mens se mond toe te hou.  Ek het dit oopgemaak en ‘n glimlag tevoorskyn gedwing.  As ek daaraan terugdink, moes dit ‘n baie sieklike glimlag gewees het!  My antwoord was:

“Ou seun, jy het dit heeltemal mis.  As ek boontjies wou hê, sou ek nie hier wees nie, maar daar ver in Vancouver waar ons die beste boontjies in die wêreld kweek.”

So, by daardie een het ek goed verbygekom, maar steeds het hulle gekom  -  onsinnige vrae, persoonlike vrae  -  ek het hulle almal beantwoord  so goed as wat ek kon.  Na ‘n rukkie het ek by myself gesê:  “Hulle probeer jou maar net kwaad maak, dis al.”  Ek kon sien hoe die uitdrukking van verbasing oor hulle gesigte kom wanneer hulle een van daardie vrae stel en ek baie innemend met hulle glimlag, want dit was net ‘n toets tussen twee partye, en ek het gemeen dat ek my man kon staan.  Nog steeds het die vrae gekom.  Vier-en-veertig minute was verstreke  -  een minuut oor.

“Kyk,” het ek gesê,  “ Ek het al die vrae beantwoord.  Ons het nog een minuut oor en die laaste vraag gaan ek self stel.”  Ek het gesien dat die professor in die dierkunde oorbuig en ‘n student toefluister, en ek het die student sien opstaan met die professor se vrae.  Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie professor ‘n ateïs was, dus het ek gesê:  “Professor X, ek gaan u nou ‘n vraag vra.”

Hy het verbaas regop gesit.  “Hier is die vraag,”  het ek gesê,  “Glo u in God?”  Hy het ‘n oomblik geaarsel en toe ‘n klein toesprakie begin hou, ‘n baie dubbelsinnige toesprakie, al om die bos.  “O” het ek hom in die rede geval, “U het nie nodig om ‘n toespraak te hou nie. Ons het nog net dertig sekondes. Wat ek van u verlang, is een woord  -  óf u glo in God, óf u glo nie  -  ja of nee  -    wat is dit?”

Ek het die bloed oor daardie man se nek en gesig sien opstyg.  Toe hoor ek hom sê: “Nee, ek glo nie.”  En daardie studente-liggaam in daardie CHRISTELIKE Kollege het daardie man se loëning van God toegejuig! Kan u u iets ergers as dit voorstel?  Hier is ‘n Christelike kollege met ‘n ateïstiese professor en die studente juig sy loëning van God toe.  Wel my hart was seer.  Ek het net ‘n kort getuienis gegee omtrent wat God vir my beteken het en toe gaan sit.

Die pastoor het na my gekom, sy hand op my skouer gelê en gesê: “Moenie so bedruk lyk nie, dr Brown.  Weet u, dit is  die wonderlikste byeenkoms wat ons nog ooit gehad het.”

“Ek kan dit nie verstaan nie,” het ek gesê.  “Ek moes ‘n aaklige gemors van daardie vrae gemaak het.”

“O” het hy gesê.  “Man, waar in die wêreld het u daardie antwoorde gekry? Nooit in my lewe so iets gehoor nie!”

Wel, ek kon dit maar nog nie verstaan nie, maar die volgende dag het ek dit verstaan.  U sou verruk gewees het, net soos ek, om die STROOM STUDENTE te sien wat na my hotelkamer gekom het.  En die eerste deputasie het die jong man ingesluit wat die eerste vraag omtrent die boontjies aan my gestel het.  Hy het met ‘n vriend gekom en met skaamte gesê:  “Dr Brown, ek is die jong man wat gister die eerste vraag aan u gestel het en ek het gekom om u om verskoning te vra.  Daardie vraag was nie van my nie. Die vraag is aan my gegee en ek weet nie hoe u dit verdra het nie; niemand van ons weet dit nie.  Trouens een van ons professors het gesê hy sou nie vir R5000 verdra het wat u gister verdra het nie.  Ek vra u om my te vergewe. En nog iets, dr Brown, ek het gister gedink ek is ‘n evolusionis, maar vandag weet ek nie wat ek is nie.”

“ Ou seun,” het ek gesê,  “as jy ‘n evolusionis is, weet jy nooit wat jy is nie  -  mens, aap of ontbrekende skakel nie.”  Toe laat ek daarop volg:  “Kom  binne as jy wil uitvind.”

Hy het ingekom, en ek dink nie dit was langer as vyftien of twintig minute voordat daardie twee jongmanne neergekniel en Jesus Christus aangeneem het nie.  Weet u dat dertien jong manne Jesus Christus gevind het as ‘n direkte gevolg van daardie ondervraging?  Nogmaals het die duiwel homself oorskry.

Maar hier is die tragedie:  Ateïsme word gedoseer in ‘n sogenaamde Christelike kollege van jong mans en vroue.  Ek kan my niks ergers voorstel nie.  Hoe moet die duiwel nie grinnik oor die sukses van sy helse plan nie!  Maar ek glo dat God se kinders nader aan mekaar getrek word namate ons die einde nader.  Ek glo dat dié van ons wat dieselfde geloof het, besig is om tot die gevolgtrekking te kom dat niks vandag so belangrik is as om lojaal te wees aan die Here Jesus Christus nie.

Dit was in Oktober 1925 dat die Here my van my mediese praktyk in Victoria weggeroep het om al my tyd aan die verkondiging van die geloof te wy.  Ek het baie operasies verrig en meer geld gemaak as wat ek ooit van gedroom het in hierdie wêreld.  Dit was juis toe God met my begin praat het en gesê het: “Ek wil al jou tyd hê.”

Ek kan u verseker ek was nie gewillig nie.  Ek het gedurig daarvan weggeskram.  Ek het neergekniel en keer op keer vir die Here gesê dat ek nie alles kon opgee om ‘n reisende prediker te word nie.  Ek het ‘n reputasie gehad as snydokter en dit wou ek nie opgee nie.  Buitendien, almal sou sê: “Die dokter het ‘n godsdienstige dweper geword.” Maar uiteindelik het ek by die plek gekom waar ek gesê het:  “ Here, ek is gewillig om gewillig gemaak te word.” En nou het Hy my gewillig gemaak.

Ek het my lewe verloor om dit weer te vind.

( Dank die Here vir so ‘n man soos dr Brown!)

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2689 gaste aanlyn