NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons mag ook op God staat maak dat Hy ons liggame beskerm - Dawid sê God is vir hom alles, sy Erfenis, Onderhouer van sy hele toekoms, en hy weet dat God sy siel nooit aan die doderyk sal oorgee nie, daarom skuil hy by Hom, en, sê Dawid, "...ook sal my vlees in veiligheid woon."

WÁT, NADAT JY STERF? (1)

Lees reeks by WÁT, NADAT JY STERF?

Weet jy wat ná jou dood gebeur?   Is die dood vir jou die einde van jou lewe; of die begin van 'n nuwe?

In hierdie reeks getuig dr Maurice Rawlings, M.D., 'n Amerikaanse kardioloog wie se werk dit is om mense uit die dood te probeer terugbring, van ervaringe waartydens hy resussitasie (dit is die proses van 'terugbring' wanneer die hart ophou klop het) op pasiënte toegepas het.

As kardioloog wat heeltyd met pasiënte werk wat ernstig siek is, het ek in die koronêre versorgingseenhede van verskeie hospitale al geleentheid gehad om mense wat klinies dood was, weer by te bring. Ek het ook gevind as 'n mens die pasiënt onmiddellik ná sy ervaring daaroor uitvra, word amper net soveel slegte as goeie ervarings verhaal.

Nadat ek tot die Nasionale Doserende Fakulteit van die Amerikaanse Hartvereniging bevorder is, het ek baie geleenthede gehad om met dokters, verpleegsters en ambulanspersoneel in talle lande, onder meer Nederland, Finland, Rusland asook Sentraal en Suid-Amerika te praat.

Hernieude belangstelling in die verskynsel van die dood kom wêreldwyd in die professie voor.

Die meeste van die gevalle waarvan ek aanvanklik bewus was, het 'n mens eers laat dink dis bloot 'n kwessie van aangename ervarings wat opgetower is deur 'n brein wat met te veel verdowingsmiddels in aanraking was. Toe bring ek een aand 'n pasiënt by, wat tussendeur die hele proses kort-kort aan my vertel dat hy inderdaad in die hel was. Hy het my bly soebat om hom uit die hel te verlos en hom nie te laat sterf nie. Toe ek besef hoe doodsbenoud die man werklik is, het ek ook bang geword. Daarna het ek ook opvolgende gevalle gehad van mense wat sulke vreesaanjaende ondervindinge gehad het.

Van die mense wat ek deur resussitasie teruggebring het, het minstens die helfte indien nie meer nie, met groot vrees en angs gereageer terwyl die ander in die grootste vrede en rustigheid teruggekeer het. Ek, wat net soos die meeste van my kollegas in géén lewe na die dood geglo het nie, het as gevolg van hierdie gebeurtenisse besef daar is defnitief lewe na die dood!  Hierdie ervaringe het my, 'n geswore ateïs, by hiérdie punt gebring waar ek weet dat ek mense moet waarsku.

Die keerpunt in my eie denke het gekom ná die gebeurtenis met die pasiënt wat gepleit het om hom uit die hel uit te hou. Ek het hom versoek om inspanningstoetse te ondergaan omdat ek die pyne in sy bors wou ondersoek.  In hierdie toetse laat ons gewoonlik die pasiënt oefeninge doen terwyl ons versigtig rekord hou van sy hartklop. 'n Trapmeul reguleer die pasiënt se oefening sodat hy langsamerhand vorder tot 'n draffie en uiteindelik hardloop. As die EKG (kardiogram) wat ons maak, afwykings toon tydens die oefening, is ons gewoonlik seker dat die pyne waarvan die pasiënt kla, iets met hartmoeilikheid te doen het. Dit verklaar sy 'angina pectoris' – pyn in die bors.

Hierdie pasiënt was 'n 48-jarige blanke posbesteller uit die platteland. Hy was 'n man met 'n gemiddelde liggaamsbou, donker hare en 'n persoonlikheid waarvan almal sou hou.

Toe die EKG afwykings begin toon, was hy ongelukkig nie een van die gewone gevalle nie maar het sy hart heeltemal gaan staan, net eenvoudig opgehou klop, daar in my spreekkamer – hy het sommer net morsdood neergeval!

In plaas daarvan dat sy hart nog getril het soos dit veronderstel was, het dit botstil gaan staan en hy het leweloos op die vloer gelê.

Toe ek met my oor teen sy borskas luister kon ek geen hartklop hoor nie. Ek het my vingers op sy nekslagaar gesit maar daar was geen pols nie. Hy het nog 'n keer na sy asem gesnak en toe ophou asemhaal. 'n Spiertjie hier en daar het 'n rukbeweging gemaak en toe saamgetrek. Toe het hy begin blou word.

Nie een van die ander ses dokters wat saam met my in die praktyk werk was daar nie omdat dit laat in die namiddag was en hulle met hulle hospitaalrondtes besig was. Daar was wel die verpleegsters wat geweet het wat om te doen en hulle optrede verdien groot lof.

Terwyl ek die man se hart masseer het een van die verpleegsters mond-tot-mond-asemhaling toegepas. 'n Ander het 'n suurstofmasker gebring sodat die pasiënt se longe vol lug gemaak kon word. 'n Derde het noodtoerusting gebring, onder meer 'n pasaangeër. Ongelukkig wou sy hart nie aanhou klop nie; 'n totale hartblokkade het ingetree. Die pasaangeër was nodig om die blokkade te oorkom en die hartklop van vyf en dertig per minuut te vermeerder tot tagtig of 'n honderd.

Ek moes die koord van die pasaangeër aanbring in die groot slagaar in die nek wat direk met die hart verbind is. Een punt van hierdie elektriese draadjie is al met die are langs gestoot totdat dit die hart bereik het. Die ander punt is aan 'n klein elektriese apparaatjie gekonnekteer. Dit reguleer die harklop en oorkom die blokkade.

Die pasiënt het begin bykom. Maar elke keer as ek instrumente wou aanvat en dus opgehou het om sy hart te masseer, het hy weer bewusteloos geword. Sy oë het omgedop, sy rug het effens kromgetrek, hy het ophou asemhaal en nog eens gesterf.

Elke keer as sy hart weer begin klop en hy weer begin asemhaal, het hy geskree: "Ek is in die hel!"

Toe die man sê: "Moenie ophou nie!", was ek baie bang want gewoonlik is die eerste ding wat 'n pasiënt sê nadat ek hom bygebring het: "Haal jou hande van my bors af, jy maak my seer!"  Ek is 'n groot man en my metode van eksterne hartmassering kan soms 'n ribbebeen laat kraak. Tog sê hierdie man in die grootste nood: "Moenie ophou nie!"

Toe besef ek daar is 'n verskriklike trek op die man se gesig. Hy was heeltemal angsbevange en sy gesigsuitdruikking was erger as dié wat gewoonlik met die dood kom. Sy gesig het getoon dat die angste van die hel letterlik oor hom gekom het. Sy pupille was dof, hy het erg gesweet en gebewe, en dit het inderdaad gelyk of sy hare regop staan van vrees.

Toe gebeur nog iets méer buitengewoon: hy sê vir my: "Kan jy nie begryp nie!? Ek is in die hel. Elke keer as jy ophou, gaan ek terug hel toe! Moenie my laat teruggaan hel toe nie!"

Omdat ek aan die praatjies van pasiënte onder emosionele druk gewoond was het ek kalm probeer sê hy moet sy 'hel' vir homself hou. Ek onthou goed dat ek ook gesê het: "Moenie nou lol nie, ek moet eers die pasaangeër op sy plek kry."

Maar die man se dringendheid het my laat besef dat hy baie ernstig in die moeilikheid was. Hy was so paniekbevange soos ek nog nooit 'n mens gesien het nie. Teen hierdie tyd het hy reeds drie keer sy bewussyn verloor en reeds drie maal klinies gesterf weens gebrek aan suurstof wanneer sy hart ophou klop.

Nadat hy hierdie ervaringe verskeie kere deurgemaak het, het hy my gevra: "Hoe bly ek uit die hel uit!?"

Hy was doodsbenoud en het my gesoebat om hom te help. Ek was self doodbang. Om die waarheid te sê, hierdie gebeure het letterlik 'n helse vrees by my gewek! Dit het my so laat skrik dat ek besluit het om ander mense te waarsku teen wat ek gesien het.

Ek het hom geantwoord 'n mens moet seker maar die beginsel toepas wat jy kleintyd in die Sondagskool geleer het: Jesus sal jou red as jy vra.

Toe sê hy: "Ek weet nie hoe om te vra nie. Bid vir my!"

Vir hom bid! Stel jou voor! Ek het vir hom gesê ek is 'n dokter, nie 'n predikant nie.

"Bid vir my!" het hy dringend herhaal.

Ek het geweet daar was vir my geen keuse nie. Dit was 'n sterwende se laaste versoek. Ek het hom die gebed agter my aan laat opsê net daar op die vloer waar ons was.

Dit was die eenvoudigste gebed omdat ek nie veel van gebede geweet het nie, min of meer so:

"Jesus, ek vra U om my uit die hel te hou.
Vergeef my my sonde.
Ek gee my lewe in u Hand oor.
As ek sterf, wil ek graag hemeltoe gaan.
As ek bly leef, wil ek vir ewig aan U behoort."

Die pasiënt se toestand het wel verbeter en hy is in die hospitaal opgeneem. Ek het huistoe gegaan, die Bybel afgestof en daarin begin lees. Ek wou uitvind presies hoe die hel daar uitsien. Ek het dikwels met die dood te doen gekry in my werk as dokter maar ek het gedink dit is eenvoudig 'n uitwissing van die lewe sonder om oor sleg te voel of bang te wees. Nou was ek oortuig dat daar tog iets steek in die hele kwessie van 'n lewe ná die dood. Ek moés net meer uitvind, my beskouinge in hersiening neem. Dit was soos 'n soektog na die stukkie van die legkaart wat die waarheid van die Bybel moes bewys.

Toe vind ek uit die Bybel is nie bloot 'n geskiedenisboek nie. Elke woord wat ek gelees het was waar. Ek besluit toe ek moet dit werklik meer deeglik lees.

Die pasiënt, wie ek daarna dikwels besoek het, het homself waarlik aan Jesus oorgegee. Hy het 'n baie ernstige Christen geword. Hoewel hy baie beskeie was het hy 'n besondere getuie vir Christus geword. Hy het ook onthou wat ons gebid het daardie aand, ook dat hy agter in die vertrek gestaan en gekyk het hoe aan sy liggaam gewerk is.

Hy onthou ook dat hy sy moeder en stiefmoeder tydens een van sy stadiums van dood gesien het, asook 'n paar ander familielede wat vroeër oorlede is. Hierdie ervaring van hom was wel baie aangenaam en het plaasgevind in 'n nou vallei met weelderige plantegroei, en alles was helder verlig deur 'n geweldige ligstraal. Dit was die eerste keer dat hy sy moeder gesien het aangesien sy op een en twintigjarige leeftyd dood is toe hy 'n baba was. Sy vader is daarna weer getroud.

Hierdie man het nog nooit 'n foto van sy eie moeder gesien nie en tog kon hy nou ná hierdie ervaringe, 'n foto van sy moeder tussen klomp ander fotos uithaal wat sy tante vir hom gebring het. Dit was dieselfde bruin hare, dieselfde oë en mond, defnitief die gesig van die vrou wat hy tydens sy ervaring geëien het as sy moeder. En sy was steeds een en twintig jaar oud. Hy was stomgeslaan. Sy pa ook!

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2648 gaste aanlyn