NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Isebel adem ʼn gees wat by alle heidene voorkom -  die drang om te wil beheer.   Ons besef nie hoe sterk die vlees is nie.   Dit manipuleer, domineer en intimideer mense soos Isebel met Israel gedoen het!

AS 'N ENGEL VERVEER (5)

Ds AE van den Berg

Lees reeks by As 'n engel verveer

DAWID SE LEWE WORD BEDREIG

"Dawid! Dawid!" klink 'n stem agter hom op.

Wanneer Dawid omdraai, stap ‘n jongman hom tegemoet.

"Ek is Jonatan, die seun van koning Saul" stel hy homself voor.

Dawid groet hom vriendelik. Hy hou die man met sy swart hare en breë glimlag.

"My pa vra dat jy na sy tent moet kom" gebied Jonatan die jong held.

Dawid stap saam met hom na Saul.

"Ek het 'n behoefte aan 'n ware vriend” sê Jonatan. “Koningskinders is in werklikheid baie eensaam.  Mense maak nie sommer vriende met ons soort nie”.

"Ek kan dit verstaan" sê Dawid simpatiek.

"Na wat ek vandag gesien het, sal ek jou graag as 'n beste vriend wil hê; dis te sê as jy daarvoor te vinde is" sê Jonatan hoopvol.

"Beslis! Laat ons lewenslange vriende wees" sê Dawid en omhels sy nuwe vriend.

0o0

"Ek het my dogter se hand en 'n groot som geld aan die slagter van die Filistyne belowe" sê Saul en kyk Dawid geammuseerd aan.

Dawid knik instemmend.  Hy het ook so verneem.

"Jy is buitengewoon dapper en sal die beloning binnekort ontvang” beloof Saul.  “Daar is egter nog iets wat jy vir my moet doen.  Om die waarheid te sê, wil ek jou dapperheid nog verder beproef .  Sien jy daarvoor kans?

"U wens is my bevel, my heer" antwoord Dawid en buig eerbiedig.

"Ek gaan vandag terug Gibea toe” sê Saul. “Ek plaas jou in bevel van 'n afdeling soldate.  Sit die Filistyne vir my agterna en vernietig hulle!”

0o0

Drie dae later keer Dawid van die strafekspedisie teen die Filistyne af terug.  Hy het twee dae laas geslaap en is doodmoeg.  Desnieteenstaande gaan hy eers paleis toe.

"Dawid is terug en versoek om u te spreek, my heer" sê Kotamas.

"Laat hom gerus inkom.  Ek brand om te hoor wat gebeur het!" sê Saul opgewonde.

Wanneer Dawid die ontvangsvertrek inkom, buig hy eerbiedig.  Sy verslag is positief.  Die strafekspedisie was 'n reuse sukses en die Filistynse mag is vernietig.

"Knap gedaan, my seun!" sê Saul trots.

Dawid voel gevlei dat die koning hom so aanspreek.

Saul knik vir Jaben.

"Volg my asseblief na die binneplein, ons het 'n verrassing vir jou" versoek Jaben die jongman.

In die binneplein is daar ‘n honderd vroue met tamboeryne en ander musiekinstrumente.

"Saul het duisende verslaan, maar Dawid tienduisende!" roep hulle wanneer Dawid sy verskyning maak.

Oor en oor word die refrein herhaal terwyl hulle speel en dans.

Saul se bloed kook.  Vanwaar hy staan, is dit duidelik dat hulle ‘n nuwe held gevind het.  Hy is nie meer hulle grootste held nie.

Saul haat teenstanders!

"Dit lyk asof Dawid die nuwe volksheld van Israel is" merk Saul teenoor sy skinker op.

Heber swyg betyds.  Amper het hy sy mond verbygepraat en saamgestem!

"Waarom maak hulle die knaap nie sommer koning nie?" vra Saul sarkasties.

"Mag dit nooit gebeur nie, my heer!  Jonatan sal die volgende koning van Israel wees" maak Heber diplomaties beswaar.

"Ek hoop jy is reg" sê Saul.  Daar is twyfel in sy stem.

Daardie nag kan Saul nie slaap nie.  Die verering van Dawid spook by hom.  Toe hy teen die vroeë oggendure uiteindelik aan die slaap raak, droom hy dat Dawid die troonkamer binnekom.  Die vertrek is vol mense, maar die troon leeg.  Saul is een van die aanwesiges.  Wanneer Dawid op die troon gaan sit, beweeg ‘n lang ry vrouens voor die troon verby.  Almal sit blomme voor hom neer.  Daarna kom Jonatan met Saul se kroon na vore en plaas dit op Dawid se hoof.  Wanneer Saul na vore hardloop om die kroon te wil gryp,  keer ‘n lyfwag met ‘n koperhelm hom.

"Saul, die dae van jou koningskap is verby!" sê die lyfwag met 'n donderende stem en verwyder die helm.

Dis Samuel!

Teen dagbreek skrik Saul wakker.  Hy is nat gesweet.  Gelukkig was dit net 'n droom!  Nogtans ontstel dit hom.  Is Dawid dalk die een van wie Samuel destyds gepraat het?  Nee, dit kan nie wees nie.  Niemand anders as Jonatan sal hom opvolg nie!

Later daardie oggend kry Saul weer 'n toeval terwyl hy met Kotamas praat.

"Roep gou vir Dawid dat hy kan speel!" beveel Kotamas ‘n paleisdienaar.

Dawid is gou daar.  Wanneer hy begin speel, gluur Saul hom aan.  Daar is ‘n wrede trek op sy gesig as hy sy spies in sy hand neem.

"Vat so, jou klein indringer!" skreeu Saul en gooi met sy spies na Dawid.

Dawid ontwyk die spies betyds.

"Bring my verdomde spies!" gil Saul op Jaben.

Die verskrikte paleisdienaar gehoorsaam die bevel.  Saul gooi vir 'n tweede keer na Dawid.  Dis weer mis.

"Weg is jy, ellendeling!  Jy bring onheil oor my huis!" gil Saul en vloek onbedaarlik.

Wanneer Saul opspring en die klere van sy lyf begin afskeur, gryp vier wagte hom vas.  Saul is so sterk dat hulle hom beswaarlik kan bedwing.  Na 'n paar minute breek Saul se bomenslike krag en hy sak uitgeput inmekaar.  Twee van die wagte neem hom na sy kamer.

Saul kan nie glo dat hy die jong siterspeler met sy spies gemis het nie.  Dawid het skaars tien meter van hom af gesit.  Hy moes hom met sy eerste poging dodelik getref het.  Iemand beskerm hom!

Dawid is diep terleurgesteld in Saul se optrede.  Hy het werklik uitgesien na 'n goeie verhouding met sy koning, veral na sy oorwinning oor die Filistyne.  Sal hy ooit Saul se skoonseun word?

0o0

"Ek weet nie meer wat om vir ons heer te doen nie” sê Detanan moedeloos.

“Ja, ek het so gehoop dat siterspel die ding sou doen, en kyk nou!” beaam Kotamas.

"Gelukkig het Hakon se vrotsige medisyne dié keer 'n bietjie gehelp” sê Kotamas en grim onderlangs.

"Ons sal vinnig iets moet doen.  Die paleispersoneel is almal tot die dood toe bang.  Niemand is meer van sy lewe seker nie.  Vandag was dit amper neusie verby met die jong siterspeler. Wie is volgende?  Ek, miskien jy?” sê-vra Detanan en sug swaar.

Dawid word vroeg die volgende oggend na die troonkamer ontbied.  Gaan Saul  hom om verskoning vra wat gister gebeur het?  Miskien word hy afgedank!  Dawid loop tot voor Saul en buig eerbiedig.  Die atmosfeer is gespanne.

"Ek onthef jou van jou pos as siterspeler aan my hof.   Van vandag af is jy 'n owerste oor duisend in my leër.  Moenie my  terleurstel nie” sê Saul formeel.

Dawid is sprakeloos.  Behalwe vir die strafekspedisie teen die Filistyne, het hy nog nooit oorlog gevoer nie.

Hoe kan Saul hom in 'n pos aanstel waarvan hy basies niks weet nie?

“My heer, ek beskou dit as 'n groot eer, maar ek is eerlikwaar nie 'n soldaat nie.  Ek het nog nooit opleiding in die gevegskuns ontvang nie en voel myself nie daarvoor in die wieg gelê nie" protesteer Dawid.

"Onsin, jongman, jy is 'n gebore soldaat!   Dis waar jou land jou nou die nodigste het.  Jeres sal jou touwys maak.  Beskou die saak as afgehandel" sê Saul kortaf en beduie vir Dawid om te gaan.

Dawid is mismoedig.  Hy het sy werk as siterspeler baie geniet.  Waarom wil Saul hom eerder op die slagveld hê?  Voer jy dalk iets in die mou?

Sy woonplek in die soldatekamp steek skerp teen sy paleiskamer af.  Dis bouvallig, karig gemeubileer en nie baie skoon nie.  Dawid is mismoedig.  Hy verlang na die plaaslewe van sy kinderjare en sy kamer in die ou plaashuis.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2634 gaste aanlyn