NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons hoor heeldag van 'ware geloof' en wonder dikwels wat dit regtig is. Die Bybel is baie duidelik daaroor: 'n Ware geloof spruit eerstens uit deeglike kennis van God se Woord, en word dan 'n vaste vertroue daaruit dat God regverdig is, en my onverdiende saligheid uit sy Genade sal skenk.

JESUS SE KOMS WAS VIR ALMAL

Wanneer ‘n mens die vierde Evangelie noukeurig lees, is dit opvallend dat baie dinge en gebeurtenisse wat deur die ander drie Evangelieskrywers beskryf is, deur Johannes weggelaat is. Dit is egter nie weens ‘n gebrek aan inligting nie, want hy vertel weer baie dinge wat hulle nie noem nie, soos byvoorbeeld van die bruilof te Kana in Galilea (Joh. 2:1-11),  Nikodemus se besoek aan Jesus (Joh.3:1-15), ens. Dit lyk eerder asof Johannes oor meer en fyner besonderhede beskik het as die ander skrywers, veral oor Palestina en Jerusalem.

Die eintlike rede waarom dit verskil, is omdat Markus en Lukas hul Evangelies klaar geskryf gehad het toe Johannes nog mondelings gepreek het. Hy het dus hul Evangelies gesien en geken en daarom ‘n aanvulling van ontbrekende inligting geskryf. Dit het hy gedoen ongeveer 100 nC in Efese. Johannes word ook as die Lieflingdissipel van Jesus beskryf en daarom kan ons aanvaar dat sy getuienis betroubaar  is.

Andreas het nie geweet watter groot wonderwerk sou volg toe hy die seuntjie na Jesus gebring het nie. Ons weet ook nooit watter moontlikhede ontstaan wanneer ons iemand na die Here toe lei of aan Hom gee wat ons het nie, al is dit in ons oë gering. Die waarheid is dat Jesus net dit nodig het wat ons kan gee. As ons onsself, net soos ons is, op die altaar lê vir sy diens, dan is die moontlikhede wat Hy met ons en deur ons kan doen, onbeperk. ‘n Klein bietjie is altyd baie in Jesus Christus se hande.

Toe Jesus vir Filippus gevra het waar hulle soveel brood kan koop, het Hy reeds geweet wat Hy gaan doen, maar Hy wou graag sy dissipels se geloof op die proef stel. Filippus slaag nie die toets nie, want in plaas van om ‘n antwoord te gee, skets hy onmiddellik die onmoontlikheid van die situasie. Andreas wys ook op die onmoontlikheid daarvan om die skare met die kospakkie van ‘n arm seun te voed. Tog is hulle gehoorsaam aan Jesus toe Hy vir hulle sê om die skare te laat sit. Dit wys dat hulle darem vertroue in Hom gehad het.

Garsbrode was die armer bevolking se stapelvoedsel. Jesus het gekom vir almal, ryk en arm. Dit is belangrik om te onthou dat brood ’n baie belangrike plek ingeneem het in die dieet van die eerste eeuse Palestyne, baie meer as vandag. Brood kan gesien word as die opsomming van voedsel oor die algemeen. Dit was dus nie ‘n luukse nie, maar absoluut essensieel om te leef. Die twaalf mandjies wat oorbly, benadruk  die oorvloed van die wonder. Wat Jesus aan sy kerk en die gelowiges voorsien, sal nooit opraak nie.

Wat God van bo gee, is die ware brood, net soos die manna in die woestyn. Christus kom van bo, daarom is Hy die ware Brood. Jesus sê: “Ek is die Brood van die lewe. Wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.” (Vergelyk ook die Samaritaanse vrou in Joh. 4:14) Deurdat Jesus eers in die liggaamlike behoefte van die skare voorsien  het, kon Hy ‘n aanknopingspunt  vind om vir hulle van die geestelike voedsel te vertel. Hy sluit telkemale by liggaamlike behoeftes aan om dieper geestelike waarhede te beklemtoon.

Jesus het nie wonderwerke gedoen om vir Hom ‘n posisie te verdien nie. Hy het dit reeds gehad. Hy wou God aan die mense bekend maak en Hom verheerlik. Hy wou nie hê dat hulle met nasionalistiese oë na hom kyk nie, maar met geloofsoë. Sy gesag word deur hierdie optrede bevestig. In die eerste plek help Hy die skare deur hulle te voed omdat Hy wil, maar Hy laat nie toe dat Hy as koning gekroon word omdat daar druk op hom uitgeoefen word nie. Sy liefde en besorgdheid oor ‘n verloregaande mensdom is hier duidelik sigbaar. Matteus vertel dat hy die skare “innig jammer” gekry het. Hy beskik nie net oor die Goddelike almag en krag om in mense se fisiese behoeftes te voorsien nie, maar kan ook in ons  geestelike behoeftes voorsien. Aardse brood kan die liggaam net vir ‘n klein rukkie voed, maar die hemelse Brood gee die ewige lewe. Petrus se opregte kinderlike antwoord in verse 68 en 69 som dit pragtig op wanneer hy ‘n belydenis en verbintenis aan die Seun van God maak. Vir hom is Hy die Heilige van God wat die ewige lewe kan gee.

Vir Jesus moes dit ‘n droewige gesig gewees het toe die mense almal wegdros (Joh.6:66). Daarom vra Hy reguit aan die uitgesoekte twaalf: “Wil julle nie ook weggaan nie?” Dit gaan hier oor volgehoue geloof. Elke gelowige kom daagliks in situasies waarin hy teen ongeloof moet veg en opnuut vir Jesus moet kies. Hierdie keuse bepaal dan die uiteinde van my lewe. Daar word altyd ‘n voorwaarde gestel waaraan ek moet voldoen. “Wie na My toe kom” of “Wie in My glo”, sê die Here Jesus. As ek bereid is om dit te doen, beêrwe ek die ewige lewe en daarmee saam  ook die hele verlossingsplan van God met die wêreld. Wat ‘n voorreg!

Last Updated (Monday, 14 June 2010 18:50)

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2388 gaste aanlyn