NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jesus het alles vir ons kom doen op aarde; selfs sy uitroep: "My God, my God, waarom het U My verlaat?" het beteken dat ons as Christene nooit weer daardie vraag hoef te vra nie!

VERVULLING VAN OORDEELSPROFESIEË

Die geskiedenis van die stad Tirus en die merkwaardige letterlike vervulling van die oordeelsprofesieë van Eségiël teen die stad.

(Eségiël 26:1 tot 28:19)

Die interessante geskiedenis van hierdie antieke stad asook die woorde van die profeet Esegiël, wat  letterlik in vervulling gegaan het en vandag, 2500 jaar later, nog steeds van krag is, beklemtoon net weer eens vir ons die absolute gesag van die Woord van God.

Hierdie Fenisiese hoofstad was ’n belangrike handelsentrum van die antieke wêreld. Dit is geleë aan die Middelandse see, suid van Beiroet en was een van Israel se noordelike grensstede (Jos 19:29 en 2 Sam 24:7). Die stad is volgens oorlewering in ongeveer 2750  v C gevestig, maar historici verskil baie wat die presiese tyd betref.

Nadat die Fenisiërs geleer het om groot skepe te bou, het hulle spoedig die handel van die gebied oorgeneem. Teen ongeveer 1500 v C was dit ’n florerende hawestad. Gedurende die regeringstyd van koning Hiram in die tiende eeu v C,  het die stad se voorspoed ’n hoogtepunt bereik. Daar was ’n besondere vriendskapsverhouding tussen koning Dawid en koning Hiram (1 Kon 5:2). Toe Dawid vir hom ’n paleis wou bou, het Hiram ’n afvaardiging na Israel gestuur met sederhout, skrynwerkers en messelaars (2 Sam 5:1). Jare later, toe koning Salomo vir die Here ’n tempel en vir homself ’n paleis wou bou, het hy die vrymoedigheid gehad om koning Hiram weer eens om hulp te nader. In ruil vir al die seder-, sipres-  en jenewerhout vir die tempel, het Salomo onderneem om koring, gars, olie en wyn te stuur vir die arbeiders  (2 Kron 2:1-16).  Hiram se antwoord op Salomo se versoek begin met hierdie pragtige woorde: “Geloof sy die Here, die God van Israel, wat die hemel en die aarde gemaak het!” Saam met die voorrade het hy ook ’n ervare vakman  gestuur: sy meestervakman in graveerwerk en die bewerking van goud, silwer, brons , yster, klip, hout en wol  (1Kon 7:13,14).

Na afloop van twintig jaar waarin koning Hiram vir koning Salomo van alles wat hy nodig gehad het, voorsien het en waarskynlik ook nog ’n lening van vier ton goud gegee het, het Salomo aan Hiram twintig stede as vergoeding gegee  (1 Kon 9:10-26). Dit was waarskynlik klein dorpies en nie veel werd nie; daarom kry die streek die naam Kabulstreek, wat nikswerd beteken (1 Kon 9:12b). Hiram was teleurgesteld toe hy sy vergoeding sien, maar spreek Salomo nogtans aan as sy broer wanneer hy vir hom sê: “Watse stede is dit wat jy vir my gee, my broer?” (1 Kon 9:13). Dit was eintlik ’n verleentheid dat die heidense koning sy ooreenkoms so presies nagekom het, maar koning Salomo, die gesalfde van God, se besigheidspraktyk laat veel te wense na. Tog het hulle later weer handelsprojekte saam aangepak  (1 Kon 9:26-28). Moontlik was hierdie optrede die eerste tekens van koning Salomo se morele en sedelike verval.

’n Mens kan die afleiding maak dat Hiram ’n buitengewone lang en voorspoedige regeringstyd gehad het. Historiese data na hierdie tydperk is min en onvolledig, maar dit lyk tog asof daar na Hiram se stabiele regeringstyd ernstige naywer en onstabiliteit in die vorstehuis geheers het. Twee eeue van Assiriese oorheersing het  gevolg, maar in die laaste dekade van die sewende eeu v C het die stad daarin geslaag om los te breek. ’n Goue tydperk van weelde, oorvloed en mag het weer gevolg.

Dit is in hierdie tydperk dat die Noordryk (722 v C) en die Suidryk (597 v C) van Israel in ballingskap weggevoer is en Esegiël, wat saam met die ballinge uit die Suidryk na Babel weggevoer is, as profeet opgetree het. God het Israel gestraf vanweë hulle eeuelange volgehoue sonde en die regeerder van Tirus en sy mense waag dit om hulself te verlustig in die Verbondsvolk se ellende (Eseg 26:2). Dit was in hierdie tyd die Tiriërs se lewensbeskouing om aardse goedere te versamel. Hulle het mense gevang en as slawe verkoop en hulle optrede het vrees ingeboesem by die omliggende volke. Hulle was wreed en hebsugtig. Die regeerder van Tirus het hom verbeel hy is ’n god met baie wysheid (Eseg 28:2-4). Die rykdom wat hy so sorgvuldig versamel het, het hom nog meer hooghartig gemaak en sy selfverheffing veroorsaak dan ook sy val.

Die profete Jesaja en Jeremia, wat albei in die Suidryk opgetree het, het ook oordeelsprofesieë teen Tirus uitgespreek  (Jes 23:1-18 en Jer 25:15-38). Jesaja gee die rede vir die Here se besluit: Hy breek die trots en maak die hoogmoed tot niks. Jeremia kry opdrag van die Here om simbolies God se oordeelsbeker na ’n hele lys nasies uit te hou, waarvan Tirus een is.

 

In 587 v C, in dieselfde jaar waarin Jerusalem geval het, gee God aan Esegiël ook oordeelsprofesieë teen Tirus en sy regeerder. Hy spreek sewe voorspellings uit wat die stad se lot bepaal:

  1. Baie nasies sal teen hom optrek  (Eseg 26:3).
  2. Nebukadneser sal die stad verwoes  (Eseg 26:7).
  3. Sy mure en huise sal verwoes word en sy klippe, hout en selfs sy grond sal in die see gegooi word  (Eseg 26:12).
  4. Sy grondlaag sal verwyder word sodat die stad net ’n kaal klipplaat is  (Eseg 26:4).
  5. Hy sal net nog ’n plek in die see wees waar visnette  droog gemaak word  (Eseg 26:5).
  6. Hy sal nooit weer herbou word nie  (Eseg 26:14).
  7. Hy sal nooit weer gevind word nie (Eseg 26:21).

 

Hierdie sewe oordele het soos volg letterlik in vervulling gegaan:

  1. Tirus is, nadat hy deur Nebukadnesar oorwin is, eers deur die Perse en daarna deur Alexander die Grote in 333 v C aangeval en oorwin. In 313 v C het die Romeine hom finaal onderwerp. In 1123 n C is Tirus deur die kruisvaarders van die Saraseens afgeneem. Sy voorspoed is egter finaal deur die Turke in 1516 n C verwoes. Dit was voorwaar baie nasies  wat met eeuelange tussenposes soos die golwe van die see teen hom opgetrek het.
  2. Die jaar nadat die profesie uitgespreek is (586 vC), het Nebukadnesar die stad beleër. Na ’n beleg van 13 jaar was Tirus so verswak dat hy aan Babiloniese opperheerskappy moes oorgee. Toe Nebukadnesar se leër uiteindelik die stad binnestroom, vind hulle dit feitlik leeg. Die meerderheid mense het per skip na ’n eiland 2,4 km van die kus af gevlug en daar ’n nuwe stad gevestig. Die oorspronklike stad is in 573 v C deur Nebukadnesar verwoes (Eseg 26:7). Die nuwe stad Tirus op die eiland het vir etlike honderde jare bly voortbestaan.
  3. Toe Alexander die Grote in 333 v C teen Tirus optrek, was sy aanval gemik op die eilandstad. Die eiland was omring met hoë mure tot teen die see; dus feitlik onbereikbaar en onmoontlik om aan te val. By gebrek aan ’n vloot, het hy net eenvoudig begin om al die puin en afval van die ou stad in die see te gooi om ’n pad tot by die eiland te bou. Hy het alles wat hy in die hande kon kry, selfs die klippe, hout en grond gebruik (Eseg 26:4).
  4. Op hierdie wyse het hy daarin geslaag om ’n hawehoof of keerwal na die eiland te bou. Die inwoners van Tirus het die werk bemoeilik met teenaanvalle en hy moes ander volke wat hy reeds oorwin het, se vlote opkommandeer om hom te help. Na ’n beleg van sewe maande val hy die stad binne en agt duisend mense sterf. Dertig duisend word weggevoer as slawe. As gevolg van die bou van hierdie wye hawehoof, lyk die grootste deel van die eens glorieryke stad vandag nog soos ’n kaal rotsplaat  (Eseg 26:4).
  5. Die hawe van Tirus word vandag nog gebruik.  Klein vissersbootjies lê daar geanker. ’n Klein vissersdorpie met die naam Soar, het daar ontstaan. Waar eens die handelsmekka van die antieke beskawing was, gooi vissermanne nou hulle nette oop om droog te word (Eseg 26:5).
  6. Ander stede wat deur oorloë verwoes is, is altyd weer herbou. Jerusalem het telkemale weer uit sy ruïnes verrys. Die plek waar Tirus was, beskik steeds oor sterk fonteine met vars water en is uitstekend geskik vir ’n groot stad.. Tog is dit egter nooit weer herbou nie (Eseg 26:14).
  7. Die presiese plek van hierdie antieke stad kan vandag nie bepaal word nie as gevolg van die algehele vernietiging wat plaasgevind het. Ook dié voorspelling van Esegiël in Eseg 26:21 is vervul.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2880 gaste aanlyn