Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe – Prediker 5:3
DIE LAMHEID IN ONS KERKE
Jeanette Koekemoer
Talle van ons kerke kan vandag onder die beskrywing van Edward Decker, skrywer van die boek Freemasonry and the Church sorteer waarin hy sê:
"If your church is dying, if evangelism is a foreign word in your congregation, if there is discord within its ranks, if some small clique of people control the board and the decisions, check it out. The Ba’al worshippers may be in control and the Holy Spirit may be going to church down the street.”
Hy glo dat dit die hoofrede vir die geestelike doodsheid en agteruitgang in baie van ons kerke is. Vrymesselaars word doelbewus gestuur om lewe in kerke dood te smoor. Decker weet want hy is ‘n Amerikaner wat in ‘n familie grootgeword het wat vir geslagte lank Vrymesselaars was. Toe hy tot die besef kom hoe vals die lering is het hy sy lewe aan Jesus Christus gegee en in kerke daaroor begin getuig. By verskeie geleenthede het van die ouderlinge en selfs predikante hom dreigend gewaarsku om dit te staak as hy homself nie groot probleme op die hals wil haal nie. Van hierdie manne was reeds op die 33ste Graad in die Vrymesselaarsorde en het oor ‘n feitlik sataniese mag beskik om iemand in ‘n betrekking aangestel of uitgewerk te kry.
Ook ds F.N. van Niekerk spreek in sy werk, Vrymesselary – ‘n Broederskap sonder Christus, sy bekommernis uit dat soveel kerklidmate en kerkraadslede aan die Vrymesselary behoort. Hy stel dat hulle ‘n “Broederskap sonder Christus” is wat die Skrif misbruik.
Die Vrymesselaarsleer van die Vaderskap van God en die broederskap van alle mense, geïnterpreteer in die sin van 'n algemene verlossing deur 'n fatsoenlike lewe en humanistiese liefdadigheid, is en bly die Christen se kernbeswaar teen die Vrymesselary. Daardeur word Jesus Christus as Saligmaker van sy troon gestoot. Met die loop van jare dring hierdie gedagte tot alle Vrymesselaarslede deur sodat baie van hulle vandag nié bereid sou wees om te verklaar dat alle mense wat nie in Jesus Christus glo nie, verlore sal gaan nie. So word die een godsdiens so goed as die ander, een kerk so goed as die ander, God 'n mensgemaakte godjie en die mens word in sy eie oë God.
'n Redakteur van The Masonic Journal, die oudste onafhanklike Vrymesselaarstydskrif, sê dat Christus nie vir hulle die “main spring” van opstandingshoop is nie maar dat die “Hiram Abiff-figuur” van die Vrymesselaars hulle bronaar van hoop is.
"Ons as Vrymesselaars glo dat ons verligte beginsels eendag sal seevier".
Talle Vrymesselaars is egter tevrede met die liefdadigheidsaksie van die beweging en veral hulle word bitter verontwaardig as daar iets teen die Vrymesselary gesê word omdat hulle niks verkeerds daarin sien nie. Die ware navorser kom egter gou tot die insig dat dit nie neutraal teenoor die Christelike godsdiens staan nie maar 'n lewens- en wêreldbeskouing is wat in sy wese antiteties teenoor die Christendom staan.
Ankerberg onderskei in sy werk Fast facts on the Masonic Lodge ook tussen verskillende groeperinge van Vrymesselaars:
- Die eerste is die nominale (net in naam) Vrymesselaars wat net behoefte aan die sosiale byeenkomste en die broederskap het.
- Die tweede is die humanisties godsdienstige Vrymesselaars wat toegewyd is aan die ideale van die Broederskap. Hulle glo werklik dat hul die geloof van die Vrymesselaars kan aanvaar en steeds hul eie godsdiens, ongeag wat dit is, kan beoefen. So kan hul glo dieper betekenis aan hul persoonlike geloof toevoeg.
- Die derde is die mistiese godsdienstige Vrymesselaars. Hierdie groep sien neer op die eerste twee groepe en beskou dié as oningelig en naïef. Hulle ag hulself as “enlightened as to the real nature or Masonry”. Hierdie groep word die “Blue Lodge” genoem met drie intree-Grade waardeur lede moet beweeg. Daarna kan hul opsioneel vorder in die “York Rite” of die “Scottish Rite” tot op die 33e Graad. Op hierdie vlakke is die bedrywighede nie meer so onskuldig is nie.