NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Voel jy soms onwaardig om jou mening oor jou geloof te lug omdat jy dink jy is nie geleerd genoeg nie?
Geloof word nie deur boekekennis of geleerdheid verwerf nie – God skenk dit aan elke uitverkorene. Jou geloof is net soveel 'n genadegawe van God as wat die geloofsreus Paulus s'n was.

OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (6)

Ds Andrè van den Berg

Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede

Deur Jesus Christus geopenbaar

Openb.1:1-8; Mt.25:1-13

1.  Van God aan Christus, die engel en Johannes

Die Grieks vir “openbaring” is  apokalupsis, ʼn woord wat 44 keer in die NT voorkom. Dit beteken “om dit wat voorheen ongekend was bekend te maak”.  Openbaring is die hoogtepunt van God se bemoeienis met die mens - die mens is nou oppad einde toe.  Dis as’t ware God se stroomversnelling in die geskiedenis.  Gevolglik is ons bevoorreg om met die volgende 22 hoofstukke saam met Johannes die wederkoms van Christus tegemoet te stap.  Hy is nie net die skrywer van hierdie toerdokument nie, maar ook die organiseerder en toerleier van die interessante reis.  Soms praat hy baie hard oor God se oordeel en dan weer sag oor vergifnis en verlossing.

Die verhaal begin heel voor by die paradys en loop dan verder, verby Golgota tot by Sionsberg waar die volle getal verlostes die lied van verlossing sal sing.    Dit begin met ʼn profetiese inleiding (1:3).   Die briefaanhef daarna is sprekend van die Griekse skryfstyl wat Paulus ook graag gebruik het.

Openb.1:7,8 is die as waarom die hele boek draai.  God het die openbaring (onthulling) oor wat binnekort moet gebeur aan Christus gegee om aan sy dienaars bekend te maak.  Hy het dit vir ʼn engel gegee om aan Johannes bekend te maak.  Johannes is derhalwe die getuie van wat God gesê en Jesus bevestig het. Die briefaanhef begin soos wat ons normaalweg ʼn brief sou afsluit – met ons naam.  Johannes begin daarmee.

2.   Die indeling van Openb.1:1-8

Die eerste agt verse is sprekend van ʼn Griekse aanhef logies gerangskik.  Die voorwoord (: 1-3) begin met ʼn opskrif – die openbaring van Jesus Christus.  Dit vertel ook van ʼn proses wat plaasgevind het – Hy het dit aan die engel gegee en dié het dit weer aan Johannes gegee. Die gevolg is dat hy ʼn getuie is van wat hy gesien het (1:2). Die voorwoord eindig met ʼn seënspreuk (1:3).   In die briefaanhef groet Johannes die sewe gemeentes. Hy sê eerstens wie hy is, tweedens vir wie die skrywe bedoel is, groet die geadresseerdes hartlik en volg dit met ʼn lofprysing op. Daarna volg die profetiese aankondiging (Christus kom weer op die wolke) en dan die Goddelike verklaring (God is die Alfa en die Omega).

Die boodskap wat Johannes moet aflewer is nie sy eie skepping nie, maar ʼn onthulling wat God deur Jesus aan hom gegee het oor dinge wat binnekort moet gebeur. Die inhoud is die bekendmaking van die onmiddellike toekoms.  God wil sy wêreldplan aan gelowiges bekend maak – verlede, hede en toekoms.  Die sentrale gedagte is dat God in beheer is.  Openbaring is ʼn Godsboek met Christus in die hoofrol sonder dat die hegte verbintenis tussen God en Christus geskaad word.  Aan die einde neem hulle saam stelling op die troon van die Nuwe Jerusalem in (22:1).

Die dienaars aan wie die verborgenhede bekend gemaak word is die gelowiges. Christene word 11 keer in  Openbaring dienaars of slawe genoem en dit is as ʼn eretitel beskou.  Slaaf en apostel hou ook met mekaar verband (Rom.1:1; 2 Pet.1:1) Deurdat Johannes homself ook dienaar/slaaf noem, vereenselwig hy hom met sy lesers. Hy moet dit wat binnekort moet gebeur, bekend maak.  God se onomkeerbare plan moet bekend gemaak word.  Die binnekort dui egter nie op ʼn kort tydsverloop nie, maar op die gewigtigheid van die gebeure wat moet volg.   Dit vra van lesers verskerpte getrouheid en verantwoordelike gereedwees (Mt.25:1-13).  Die eindgebeure het met die oorwinning van die Lam begin.  Die wederkoms sluit dit af.

Die seënspreuk (1:3) is een van sewe in Openbaring en gelowiges aanspoor om in die stryd te volhard.  Soos in Mt.5 val die klem op ʼn aansporing om aan sekere eise te voldoen maar ook op troos met die oog op beloning.   Die een wat die profesie lees word in 1:3 salig genoem.  Dit dui op ʼn voorleser in ʼn gemeente. Volgens Joodse eredienste was daar op feesdae vyf voorlesers, op die Groot Versoendag ses en op die Sabbat sewe.  In die sinagoges buite Jerusalem was daar gewoonlik net een voorleser.  Soos wat Paulus se briewe hardop voorgelees is, is Openbaring ook voorgelees.  Die wat dit gehoor het, moes van harte daarmee saamstem.  Die begrippe hoor, luister en gehoorsaam kom dikwels in Openbaring voor.  Dit word as gelowiges se volharding en deel van hul oorwinning geskets.

  1. 1. Die ontvangers – die sewe gemeentes

Alhoewel dit nie die enigste gemeentes in die Romeinse provinsie Klein-Asië was nie, het hierdie sewe die hele Christelike kerk verteenwoordig en op ʼn perdeskoenroete gelê.  Gemeentes soos Kolosse en Troas was selfs groter as Thiatire en Filadelfia.   Die sewe gemeentes was egter toonaangewend in die verspreiding van die Evangelie.

Die groet bestaan uit twee dele – Griekse genade en Hebreeuse vrede.  Dit kry gewig as die gemeentes hoor van Wie dit kom – die goddelike Drie-eenheid - Een wat is, wat was en wat kom.   Die lesers moes vashou aan die feit dat Christus nie afwesig in hul nood is nie, maar by hulle in hulle hede is.  Die tweede bron van wie die groet kom, is die sewe geeste voor God se troon.  Hulle beeld die mag en krag van God uit.  Die derde Bron is Christus self.  In 1:5 word meer van Hom gesê.

Op ʼn treffende wyse word die drie fases in Jesus se lewe uitgelig – tydens sy aarde lewe was Hy die getroue getuie, deur sy opstanding het Hy die eersgeborene uit die dode geword en met sy wederkoms sal Hy die Owerste oor die konings word.

Met Jesus se getuie-wees vereenselwig Hy hom met die gelowiges aan wie Openbaring gerig word.  Getuie-wees spreek van vervolging en martelaarskap.  Hierin is Jesus ʼn voorbeeld.  Hy het sy rol as getuie enduit getrou nagekom.   Daarom moet gelowiges ook getuig al kos dit hul lewe.  Om geloofwaardig te wees, veronderstel getrouheid tot die dood toe (Openb.2:10,13).

Jesus is ook die eerste wat uit die dood opgestaan het (1 Kor.15:20).  Hy is ook Owerste oor die konings van die aarde; hulle wat vir die laaste slag op aarde teen Christus optrek (6:15; 19:19).  Die derde aspek van Christus se werk wat lof ontvang, is dat Hy van gelowiges sy koninkryk en priesters maak.  Dit laat ʼn mens aan Exodus dink waar God vir Israel tot ʼn heilige volk oproep om Hom as priesters te dien (Ex.19:6).  Volgens die Exodusmotief is die Christene die nuwe volk van God op pad na die Nuwe Jerusalem.  Daarom word hulle heersers en priesters in diens van God genoem.  Hulle is God se personeel op aarde.   Om ʼn priester te wees, beteken om direkte toegang tot God te hê en Hom te dien.  Gelowiges heers namens Christus en dien Hom deur sy getuies te wees.

Die amen waarmee 1:6 afsluit, kom uit die OT:  mag dit so wees of laat dit so wees.  Die doel is om die voorafgaande te bevestig.   Die ja, amen waarmee 1:7 afsluit, dui op ʼn aankondiging wat vasstaan en kom ook in 16:7 en 22:20 voor.

  1. 2. Die goddelike verklaring

Slegs in 1:8 en 21:5,6 is God self aan die woord en kom die uitdrukking die Alfa en die Omega ter sprake.  Dit omvat die boek Openbaring in sy geheel.  Alfa en omega is die eerste en laaste letters van die Griekse alfabet.  God beheer die begin en die einde.  Hierdie uitdrukking word twee maal vir God en twee maal vir Christus gebruik.  Dit beklemtoon die hegte eenheid tussen Vader en Seun (Jes.44:6; 48:12).  Net soos God die Skepper van alles en almal is, sal Hy ook alles en almal tot vervulling bring.  Hy is die begin en einde van die geskiedenis.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2389 gaste aanlyn