Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dwase leiers probeer dikwels die ware toedrag van sake met onsinnige argumente en niksseggende redenasies om te keer. Benewens hul verstommende onbekookte optredes, wissel baie van hul uitsprake van lagwekkende onkunde tot weersinswekkende dreigemente.
SATANISME – 'N REALITEIT (1)
Kobus Jonker
Lees reeks by Satanisme
Kobus Jonker het in die tagtiger- en negentigerjare meer as 'n miljoen mense toegespreek en bereik deur die pers, televisie, radio en aanbieding van lesings. Hy is 'n deskundige op die vakgebied van satanisme en is in April 1991 aangewys as die P.E. Persklub se 'Nuusmaker van die Jaar' vir sy landwye stryd teen satanisme.
1. Inleiding
Suid-Afrika het die beginfase van die 2Oste eeu met talle probleme op die horison betree. Vigs, dwelms, oorbevolking, politieke veranderinge, onrus, armoede, werkloosheid, besoedeling en losse sedes is van toe af erger as ooit aan die orde van die dag en vandag het dit onmeetbare afmetings aangeneem.
Sells die duiwel blyk nou ook 'n revolusionere herverskyning te maak. Suid-Afrika het nog nooit so 'n ontploffing in belangstelling in die Oosterse godsdienste, duiwelaanbidding en die okkulte gehad nie. Die Nuwe Era (New Age) se gevaarlike tentakels verskyn nou byna op alle vlakke in die samelewing.
Dit is ook skokkend om in 'n Christelike land te woon waar daar dikwels in tydskrifte en koerante deur teoloë geredekawel word of die satan wel bestaan. 'n Mens sal eerder verwag dat almal bewus sal wees wat die Bybel ons leer van die duiwel.
Die duiwel is nie 'n mite van die Christelike Kerk nie maar 'n werklikheid. Die duiwel bestaan en sy grootste doel is om te vernietig en die massas se denkprosesse te verslaaf. Die Bybel sal nie onnodig 200 keer direk na sy persoonlikheid verwys en 54 keer "Satan" se naam noem as hy nie werklik bestaan nie.
Die rede waarom satanisme al prominent soos kanker uitslaan is grootliks te wyte aan die filosofie van humanisme; d.w.s. dat die mens onafhanklik van die Ware God van die Bybel kan optree. Wanneer die God van Christenskap met humanistiese idees verwar word, ontstaan daar 'n vakuum in ons geestelike lewe wat gevul word deur 'n ander alternatiewe mag as dié van God. Die Bybel beskryf in 2 Korinthiërs 4:4 Satan as god van hierdie wêreld: "Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wereld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie". Die Mag teen wie ons veg is nie van bloed en vlees nie. Efesiërs 6:12 se duidelik "Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die bose magte van hierdie sondige wereld, teen die bose geeste in die lug". Vir sommige van ons wie reeds regte kontak met sataniese en psigiese verskynsels gehad het, wie die waarheid van die Bybel verstaan en waardeer, weet dat Satan 'n werklike vyand is. Hy kom ook nie altyd gekleed in ruwe boosheid nie maar versteek sy boosheid met 'n kleed wat goed en in die belang van die mens blyk te wees. Die Bybel sê in 2 Korinthiërs 11: 1: "Satan self doen horn voor as 'n en gel van die lig. Daarom is dit ook nie snaaks dat sy dienaars hulle voordoen as mense wat die wil van God doen nie."
Dit is hierdie "Mag" wat agter en in satanisme verskuil lê. 'n Mag wat ons gemeenskap meer vernietig as verslawing aan dwelmmiddels. 'n Sataniese verleiding van die denke vernietig die mens se psige.
'n Bekende skrywer, C.S. Lewis, skryf in sy bock "The Screwtape Letters" soos volg: "There are two equal and opposite errors into which our race can fall about the devils. One is not to believe in their existence. The other is to believe, and to feel an excessive and unhealthy interest in them" .
Eerstens moet mense gewaarsku word teen die gevaar van satanisme en alle okkulte wat daarmee gemoeid is. As 'n mens daardie gevaarlike veld betree kan 'n donker prentjie ontstaan - God waarsku pertinent in die Bybel daarteen.
Tweedens is daar reeds met blydskap oorwinning deur Jesus Christus oor die magte van die Duisternis gekry. Mense wat reeds deur satanisme vasgevang en onderwerp word sal nie ware verlossing deur medisyne, sielkunde of psigiatrie kry nie: dit is slegs afkomstig van Jesus Christus. Daar is ook maar min bekende gevalle in Suid-Afrika waar sataniste wel 'n omkeer in hulle lewe gemaak het. In Port Elizabeth is seker die bekendste geval waar 'n 11-jarige seun 'n geharde satanis wat op pad was om as 'n priester aangestel te word, laat breek het met die bose en hom na die Here gelei het.
2. Okkulte-geesteswêreld
Die gewone mens se kennis is so gering wanneer daar oor die okkulte gepraat word dat die meeste nie eers weet wat "okkult" beteken of watter gevaar dit inhou nie. Daar is baie wat sê dat hulle nie in die okkulte belangstel of enigiets daaromtrent wil weet nie. In Hosea 4:6 lees ons: "My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis" . My doelwit is dus:
- Om die okkulte oop te vlek en die ware feite bloot te lê;
- Die oningeligtes te waarsku om nie daarin betrokke te rank nie;
- Die betrokkenes te waarsku om weg te breek uit die demoniese praktyke na 'n persoonlike verhouding met Jesus Christus;
- Die gelowiges te waarsku wie sy regte vyand is asook die sataniese middels wat teen ons gebruik word.
3. Wat is die okkult?
Okkult word omskryf as "verborge, geheim, bowe natuurlik" (HAT, P.746). Daar word dus op die terrein van die geheimsinnige beweeg. Die woord "okkulte" het sy oorsprong van die Latynse woord OCCULTUS wat "verborge" beteken. Prinsloo & ROSSOUNV probeer okkultisme defmieer as "Die leer van die okkulte (die verborge, geheime) wat net deur 'n ingewyde geken kan word en wel deur die werking (of invloed) van bo (para-) normale/natuurlike kragte".
Daagliks trap talle onkundiges in slaggate wanneer hulle van mening is dat okkulte maar 'n norm van suggestie, bedrog ('n spul leuens) of blote psigiese "verskynsel" is. Dit is nie so nie. Dit is 'n demoniese werking van die geesteswêreld. Daar is dus drie karaktertrekke van die okkulte wat pertinent uitstaan. Dit is:
1 Handel met geheime en verborge dinge;
2 Handel met gebeure en werkinge wat waarskynlik op menslike krag staat maak wat bokant die normale sintuie beweeg;
3 Handel met die bonatuurlike, die teenwoordigheid van engele of demoniese magte.
In my navorsing en onderhoude met sataniste is dit duidelik dat daar dikwels verskillende uitingsvorme van die okkulte in hulle rituele voorkom. Dit blyk nie vreemd te wees dat terwyl een towerkuns beoefen die ander gedurende dieselfde tyd op die seksuele gebied aktief is nie. Dit is dus vir enige navorser moeilik om met 'n perfekte indeling / verdeling van die okkultiese verskyningsvorms vorendag te kom. As 'n mens let na die talle boeke waar skrywers die okkulte-geesteswêreld indeel en verdeel blyk Prinsloo en Rossouw. se figuur 4 op bl. 19 die samevattendste te wees. Volgens hulle oordeel kan die mens op vyf wyses in verhouding tree met die okkultiese geesteswêreld.
— Spiritisme: Boodskappe word vanaf die geeste na die mens oorgedra. (Daar is sewe basiese uitingsvorme.)
— Magie: Iemand wat deur middel van bonatuurlike kragte op ander persone of sake 'n invloed uitoefen. (Daar is 14 uitingsvorme.)
— Mistiek: Dit is die intense strewe van die siel om met die godheid verenig te word. Dit geskied deur onttrekking uit die leefwêreld. (11 uitingsvorme en randverskynsels kom voor).
— Mantiek: Op 'n okkultiese wyse meer van 'n mens se toekoms te wete wil kom. (15 uitingsvorme word onderskei).
— Satanisme: Die religie waarin satan gedien en aanbid word. Bogenoemde vier groepe is nou betrokke by satanisme. (2)
Daar bet intussen 'n sesde wyse in relasie met die okkulte geesteswêreld na vore gekom. Dit word dus ook bygevoeg:
Die Nuwe Era beweging (New Age) :
Dié okkult se wortels het intussen orals in die wêreld vastrapplek gekry. Die sataniste gee voorkeur aan die New Age konsep aangesien dit byna alles bevat waarin hulle glo. Aangesien dit byna 'n onmoontlike taak is om die totaliteit van die okkultiese vorme in een boek weer te gee, moet daar egter enkeles uitgelig word wat deel vorm van satanisme. Hulle is Swart-, Wit- en Neutrale Magie, Die New Age-beweging en heksery. Die bogenoemde okkulte word kortliks bespreek:
4. Swart magie
Swart Magie is 'n kwaadwillige of nadelige einddoel wat deur sosiaal onaanvaarbare beoefening beoog word. Wat hier bedoel word is wanneer iemand werklike liggaamlike en geestelike leed aangedoen word deur persone wat mediumistiese kragte besit en die hulp van demone danrvoor gebruik.
'n Bekende towenaar, Eliphas Levi, openbaar swart magie in die volgende woorde:"In Black Magic, the devil is the great magical agent employed for evil purposes by a perverse will".
Daar was tydens die sg. hekseverhore sterk standpunte deur die howe ingeneem waar swart magie beoefen was. Indien bewyse bekom was dat swart magic beoefen is, is so 'n sogenaamde heks as 'n dienaar van die Duiwel bestempel en moes 'n straf kry sodat sy nie weer 'n kans kan kry om die kragte te gebruik nie. Hulle is dan almal náskuldigbevinding opgehang.
Maurice Bessy sê dat die persone wie swart magie beoefen vas glo dat die duiwel die aardse vorm van 'n bok aanneem. Hulle meld ook in hulle eindelose "black books" dat dit slegs nodig is om 'n persoon se gesig met bokbloed (gekook in asyn en gebreekte glasstukkies) te smeer om vernietigende afskuwelike visioene te ervaar.
In talle boeke van verskillende skrywers word 'n groot variasie van gevalle aangetref waar swart magie 'n belangrike rol gespeel he. Interessante gevalle kom veral in Kurt Koch se boek "Between Christ and satan" voor. Ek noem 'n paar:
Geval 88 — 'n Jong man wat militêre diensplig ontwyk. Sy vader stuur hom na 'n towenaar om 'n siekte op hom te plaas. Die eksperiment was suksesvol en die jongman word agterna ongeskik vir militêre diensplig gevind.
Geval 89 — 'n Spiritistiese medium het verklaar dat sy aan 'n sel behoort wat met die dooies kommunikeer en swart magie beoefen. Sy was'n spesialis om siektes op mense te plaas. Sy het haar aandag op 'n predikant toegespits en hy het kort daama senuweeprobleme ondervind en was sodoende vir maande ongeskik vir diens.
Tydens 'n sendingaksie het 'n meisie tot bekering gekom en 'n Christen geword. Weens die blydskap van haar bekering het sy talle ander mense na die dienste genooi. Naby die plek waar die sendingaksie plaasgevind het, het 'n man gewoon wie in die okkulte bedrywig was. Die meisie se vrede asook getuienislewering het toe op sy senuwees begin werk. (Die evangelie van Christus en Magie is so ver van mekaar verwyder — dis soos die afstand tussen hemel en hel). Die okkultis het toe gedreig dat hy haar mal gaan maak sodat sy nie meer kerkdienste kan bywoon nie. Weke daama het die meisie aan verskeie sielkundige probleme gely. Sy het ook gemeld dat klein vlammetjies in haar kamer saam met ander geestelike verskynsels beweeg. Sy is toe vir geestelike raadgewing na die skrywer.
Die medium kan sy kragte materialiseer in die vorm van 'n skimmens of dier om sy taak te volvoer. Hier word gedink aan die "tokkelos" (Watergees) wie bekend is aan byna alle swartes. Volgens oorlewering is dit 'n kort, dik mannetjies wat allerhande bose dade doen en daarvan hou om mense se lewens te vergal. Talle gevalle het al voorgekom waar hierdie tokkelos sy dade verrig het. Op 4 Januarie 1990 het hy juis die skuld gekry vir die eerste geval van brand in 'n viervertrek huis wat geleë is te Mabamostraat, Langa Woonbuurt, Uitenhage. Sedert die eerste brandgeval het hy nog vier ander brande binne 'n maand veroorsaak. Duisende rande se skade is aan meubels en klerasie aangerig. Selfs die Adjunk-Streekbrandweerhoof van Uitenhage, Mnr Francois Bekker, het gesê dat hy nie die oorsaak van die brande kon vasstel nie.
In Kaapstad het 'n vryerige en jaloerse tokkelos by 'n aantreklike ma van twee ingetrek sedert Julie 1988. Dinge het so erg geword dat sy beswaarlik kon rus of slaap. Sy het later so moedeloos geword dat sy haar toevlug na Rapport in Kaapstad geneem het vir hulp.
Op 4 Desember 1989 was 'n wit toordokter, Pieter van Zyl, na 'n huis in die Kaapse Skiereiland ontbied om 'n bose tokkelos wat 'n gesin al 'n hele ruk lank teister te laat wegjaag. Die inwoners is met 'n messie op verskeie liggaamsdele gesny, waarna 'n swart poeier in die snye gevryf was. Verskeie ander verrigtinge wat uitgevoer word, volg na bogenoemde ritueel. Ek verstaan die tokkelos is nog steeds weg nadat die wit "songoma" die nodige gedoen het.
Nog 'n bose gees wat byna op dieselfde wyse as 'n tokkelos te werk gaan is die POLTERGEES. Die poltergees werk ook deur 'n medium en word dan na iemand gestuur om sy bose dade te doen. 'n Poltergees se dinge is soortgelyk aan goëlry. Dit skuif en gooi meubels rond, klippe kom uit die lug van nêrens en voetstappe word gehoor. Hulle word gewoonlik na Westerlinge gestuur uit wraak of jaloesie.
'n Bekende teoloog wat verbonde was aan die Kweekskool van van Stellenbosch sê dat Maleiers veral voorkeur gee om poltergeeste te stuur. Dikwels word daar ook 'n klossie hare of naels iewers in so tuin begrawe.
Mev Sylvia Janse van Zyl was sedert die begin Maart 1989 deur 'n poltergees geteister. Die poltergees het volgens haar byna die hele huis verniel en is dit nog slegs hulle bed wat heel is. 'n Poltergees of 'n tokkelos kan slegs deur 'n gelowige Christen met gebed verjaag word (1 Joh. 3:6. Dis slegs die bloed van Christus wat ons van die Bose verlos.
Nog 'n metode wat gebruik word om iemand kwaad aan te doen Iê opgesluit in 'n beeldjie waarin naalde gesteek word (Voodoo). Dikwels is daar ook 'n tou om so 'n pop se nek gebind. Die beeldjie kan gemaak wees van klei of materiaal. Sataniste beweer dat wanneer 'n vloek op 'n spesifieke persoon geplaas word so 'n persoon pyn ondervind in die liggaamsdeel waarin die naald in sodanige pop gedruk word. Dit is ook nie vreemd om die voodoo pop met naalde, in 'n "satanis" se huis of selfs in die "Covens" aan te tref nie.
'n Vyftienjarige skooldogter van Port Elizabeth wie met satanisme geêksperimenteer het, het 'n voodoo pop op haar spieëlkas in die slaapkamer gehad.
Haar slaapkamermuur was swart geverf. Teen die een gedeelte van die muur was die woorde: "I hate God — I live for satan" geskryf. Ek het met die moeder 'n afspraak gemaak aangesien ek bekommerd oor die dogter was. Op daardie tydstip het bekommerde ouers ook oor dieselfde dogter se gedrag by die skool gekla . Sy het onder andere ook rnede-leerlinge met vloeke gedreig en het meestal net swart klere gedra. Die moeder het slegs twee vrae aan my gestel — eersstens oor wie — en laastens — waaroor wou ek haar spreek. Toe sy verneem het dat dit oor satanisme handel het sy opgespring en geweier om my verder te woord te staan. Haar hele houding het my bekommerd daarvandaan laat vertrek — was sy nie miskien verantwoordelik vir haar dogter se gedrag nie? Ek het baieoor daardie aspek gebid.
In een van my eerste gevalle van satanisme onder skoolkinders in Port Elizabeth het 'n 15 jarige skooldogter gekla van pyne in verskillende plekke op haar liggaam. Sy het in die kleedkamer van die pyn gehuil en op die vloer rondgerol. Daar was later vasgestel dat sataniste van Oos-Londen 'n vloek oor haar en die ander kinders uitgespreek het. Die vermoede bestaan dat "Voodoo" 'n rol gespeel het in daardie geval. (sien satanisme gevalle).
Superster Richard Chamberlain (Thornbirds) was ook gedurende 1989 die skryf van voodoo dissipels. Hy was op daardie tydstip besig om 'n TV-rol in "Island Sun" te Hawaii te vertolk. Verskeie voodoo poppe waarin naalde voorgekom het , asook notas, was aan hom in Oahu versend. Richard glo vas dat "Voodoo praktyke" bestaan en het gou sy persoonlike sekuriteit tuis laat opknap.
Wit Magie – vervolg...