NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons kan elk dag saam met Dawid bid in Psalm 69: "o God, U weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie... Red my uit die modder en laat my nie sink nie..."

ONS WÊRELD VAN KOMPROMIEË

Lees reeks by Ons wêreld van kompromieë 

Die versoeking van skynheiligheid

As daar een land is waar ons immoraliteit op hoogste vlak as voorbeeld het, is dit die Nuwe Suid-Afrika met sy beginsellose regeringslui, korrupte polisiekorps en kerkdwaalleraars. Onder hierdie voorbeeld het selfs 'goeie' mense nou oneerlik en skynheilig geword want die geleenthede is so talryk en die straf so onbenullig. Almal lieg vir almal want integriteit is nie meer in die begrip van die moderne Suid-Afrikaner nie.

The American He­ritage Dictionary (Houghton Mifflin, 1992) omskryf integriteit as standvastige ondersteuning van 'n streng morele of etiese kode, 'n staat van ongeskondenheid; soliditeit of om onverdeeld te wees, volkomenheid. Dit kom van die woord integer wat "heel" beteken.

Integriteit beteken in wese dat 'n mens aan God se etiese standaarde getrou bly. Die sinonieme daarvan is eerlikheid, opregtheid, onomkoopbaarheid. Dit beskryf die persoon wat sonder skynheiligheid of valsheid is - iemand wat volgens sy of haar uitgesproke oortuigings lewe. 'n Persoon wat integriteit kortkom - iemand wat een ding sê en 'n ander ding doen - is 'n huigelaar.

In sy boek Pleasing God beskryf R.C. Sproul die greep wat die wêreld op ons het:

Die wêreld is 'n verleier wat gedurig op ons aandag en toewyding aanspraak maak. Dit bly so naby, so sigbaar, so verleidelik dat ons prentjie van die hemel in die skadu gestel word. Ons aandag word gevange geneem deur dit wat ons sien. Ons oë word verlei as ons hulle nie op 'n beter wêreld rig waarvan God die Bouer en Maker is nie. Ons word deur die wêreld behaag - die meeste van die tyd, in elk geval - en ongelukkig lewe ons dikwels om die wereld te behaag. En dit is waar die konflik inkom, want dit gebeur nie sommer dat 'n mens God en die wêreld tegelyk kan behaag nie.

Ons woon in 'n wêreld van kompromieë - in 'n samelewing waar morele standaarde en Christelike beginsels ter wille van gerief of pragmatisme opgeoffer word.

Die onderliggende filosofie is dat doelwitte ten alle koste bereik moet word. Hierdie selfgesentreerde perspektief behoort as leuse te hê: "As dit vir jou werk, doen dit" - 'n ingesteldheid wat onafwendbaar tot die kruisiging van jou gewete en oortuigings lei.

Omdat kompromie so algemeen in ons samelewing voorkom, kan daar gesê word dat ons nie meer 'n nasionale gewete het nie; skuldgevoelens en berou speel nie meer 'n bepalende rol in ons gedrag nie.

Politici wat die hoë ideale moet handhaaf, baan die weg wanneer dit by kompromieë kom. Tydens verkiesingsveldtogte belowe hulle verhewe standaarde en hoë ideale, maar sodra hulle aan bewind kom, word daar nie net allerhande toegewings gemaak nie; daar word blatant gelieg oor hulle motiewe. Dit geld ook in die sakewêreld, van uitvoerende direkteure tot verkoopspersone; in die howe, van regters tot prokureurs; in die sportwêreld, van borge tot atlete; op alle lewensterreine. Gevolglik leer ander mense ook hoe maklik dit is om te lieg, bedrieg, steel en die waarheid te verdoesel - enigiets wat nodig is om te kry wat hulle wil hê. Kompromieë word dus 'n lewenswyse.

Ongelukkig word hierdie filosofie van kompromieë ook in die kerk gesien. Aangesien verdraagsaamheid die heersende ideolo­gieë in ons samelewing is, volg die kerk 'n soortgelyke benadering om verlore mense te bereik. Baie kerke soek maniere om die evangelie aan mense te bring sonder om hulle aanstoot te gee of te beledig. Maar die feit is: Die evangelie is uiteraard beledigend omdat dit sondaars met hulle sonde konfronteer. Wanneer dit nie gedoen word nie, is hulle besig om aan die wêreld 'n afgewaterde weergawe van God se Woord te gee wat geen ware verandering kan bring nie.

Wat individue betref, word hierdie inskiklike gees op interpersoonlike vlak gesien. Jy het dalk die geleentheid gehad om met ongelowiges oor Christus te praat, maar omdat jy geՙïntimideer gevoel het of nie genoeg selfvertroue gehad het nie, het jy stilgebly. Dalk het jy net effens aan die Here se Woord gewysig rakende 'n sekere etiese saak by die werk of tussen jou vriende en het jy jouself oortuig dat so 'n kompromie noodsaaklik was om jou geloofwaardigheid as werknemer of vriend te behou. Tog berus jou getuienis as Christen op jou volkome toewyding aan God se Woord as die hoogste gesag - maak nie saak wat die gevolge is nie. God wen die uitverkorenes vir die koninkryk deur Christene wat van die wêreld verskil - wie se trou deur hulle verbintenis en gehoorsaamheid aan God se standaarde sigbaar word. Die teenkanting wat ons in die verband van die wêreld ervaar, maak dit moeilik om so te lewe.

Ons ontvang die volgende opdrag uit die Woord: "Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie" (Rom. 12:2). Maar die wê­reld wil ons as vennote hê. Ons word aangespoor om aan die volheid daarvan deel te neem. Dit is die swaarste groepsdruk denkbaar. ([Wheaton, III: Tyndale House, 1988], 59)

Die kerk is nou al so gekonfyt wat hierdie kompromieë met die wêreld betref dat dit vergeet het hoe om kompromisloos of ontoegeeflik te wees. Die rede hiervoor is dat ons die wêreld se waardestelsels so geredelik aanvaar. Ons het ons in so 'n mate aan hulle oorgegee en hulle selfs verpersoonlik dat hulle nou ons begeertes geword het. God se standaarde word in wese deur ons s'n vervang.

Die Woord verwag van ons die teenoorgestelde as inskiklikheid. Van die begin tot die einde van die Bybel word ons aangesê om nie deel aan die wêreld te hê nie.

Tydens die vestiging van Israel as volk het God die beginsel van afsondering in die volk se daaglikse lewe ingeweef. Hulle godsdienstige gebruike het as beskermingsmaatreël gedien om te voorkom dat hulle as 'n unieke volk (Deut. 14:2) met die heidene meng.

Net so vra God van al sy kinders om hulle af te sonder (1 Pet. 2:9). Wanneer ons in die versoeking kom om kompromieë te tref, moet ons ons net daaraan herinner dat God nooit sy waarhede en beginsels ter wille van gerief inboet nie. Hy lewe altyd volgens sy Woord. Psalm 138:2 lees soos volg: "U het u Naam en u Woord bo alles gestel." God het Hom tot sy Woord verbind, en as sy kinders moet ons dieselfde doen.

As jy God se Woord as die hoogste gesag beskou, baan dit die weg vir integriteit in plaas van toegeeflikheid.

Integriteit is nerens so belangrik soos in die leierskap van die kerk nie, want die geestelike leier moet deur sy integriteit 'n geloofwaardige voorbeeld vir die gelowiges stel. Tog is daar baie leiers wat integriteit kortkom en uiteraard huigelaars is.

Ons Here het geen geduld met die mense nie. Die skrifgeleerdes en Fariseërs het Jesus se skroeiende veroordeling van hul­le skynheiligheid by verskeie geleenthede verduur. Hy het van hulle gesê: "Hulle doen self nie wat hulle sê nie" (Matt. 23:3). Dit is 'n gebrek aan integriteit - hulle het volgens 'n sekere moraliteitstandaard gelewe terwyl hulle ander mense aangesê het om 'n ander standaard na te streef. Nadat Jesus verskeie oordele oor hulle aangekondig het, lewer Hy sy finale slag: "Julle slange, addergeslag! Hoe sal julle ontkom aan die straf in die hel?" (v. 33).

Maar God belowe sy seën aan mense met integriteit. Nadat Salomo die Here se tempel gebou het, het die Here aan hom verskyn en gesê:

"Ek het jou gebed en jou smeking wat jy tot My gerig het, verhoor.
Ek heilig hierdie tempel wat jy gebou het, sodat my Naam altyd daar sal wees. Ek sal altyd daarvoor sorg en daaraan dink. En jy, as jy soos jou vader Dawid opreg en met oorgawe voor My leef en alles doen wat Ek jou beveel en my voorskrifte en bepalings nakom, sal Ek jou heerskappy oor Israel bestendig. So het Ek jou vader Dawid belowe: Daar sal altyd iemand uit jou nageslag wees om oor Israel te regeer."
- 1 Konings 9:3-5 

Die slotsom is eenvoudig: dié wat 'n lewe van integriteit lei, sal die Here se seën geniet; dié wat dit nie doen nie, sal deur Hom vervloek word, veral persone wat leierskapsposisies beklee.

Integriteit is noodsaaklik as 'n persoon God en Christus in die wêreld wil verteenwoordig. Indien ons karakter en optrede nie van volkome toewyding aan ons Here getuig nie, is ons besig om 'n kompromie met die wêreld aan te gaan. Ongelukkig maak welmenende Christene dikwels die fout om te ver in die teenoorgestelde rigting te beweeg - om die Bybelse gedragsreëls sonder die regte innerlike motivering na te kom. Dit is ook skyn­heiligheid.

"Wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek" (Ps. 15:1-2,1953-vertaling).

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2559 gaste aanlyn