NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Volk met ‘n gelowige leier is baie geseënd.   Sy gees is te edel om die volksvyand te bevoordeel en sy liefde vir sy volk te groot om hulle leed aan te doen.   So ‘n leier sterf in werklikheid nooit nie, maar bly vir altyd in die gees van sy volk voortleef.

DIE UURGLAS LOOP UIT (12)

Ds A.E. van den Berg

Die ewige goeie tyding

“Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.... Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester” (Openb.22:14,16).

Die afsluiting van Openbaring is uniek. Niks word aan die verbeelding oorgelaat nie. Jesus waarsku dat niks van hierdie boek weggeneem of daaraan bygevoeg mag word nie omdat dit sy boodskap van hoop sal belemmer en mense mislei word soos bv. die dwaling van die wegraping wat leer dat daar vir sekere gelowiges ʼn ontsnaproete voor die groot verdrukking sal wees.

In die openingsverse van Openbaring word gesê:

“...dit is die openbaring van Christus Jesus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon.”

Daarna volg ʼn saligspreking:

“...salig is hy wat die woorde... bewaar wat daarin geskrywe is...”

en op die laaste bladsy van die Bybel herbevestig:

Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die HERE, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur”.

Daarna volg nog ʼn saligspreking:

Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar”.

Gelowiges word daaraan herinner dat Jesus die as is waarom die Bybel draai. In Openb.22:16 sê Hy:

Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester”.

Wat beteken dit? Dat, alhoewel Hy na sy menswees uit die geslag van Dawid stam, Hy van ewigheid af is. By geleentheid sê Jesus vir die Jode:

Voordat Abraham was, is Ek” (Joh.8:38).

Dit het hulle so ontstel dat hulle gedink het dat Hy besete was en Hom wou stenig.

Jesus is die middelpunt van die skepping. Vandaar die uitdrukking Seun van die mens! Hy was van ewigheid af daar.

Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis” (Gen.1:26).

Jesus is van ewigheid af ten nouste met die uitverkorenes gemoeid. God het sy kinders in Jesus

” ...uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees (Ef. 1:4).

Dit kom sedert Gen.2 op ʼn geestelike liefdesverhouding neer. In die Tuin van Eden word Eva been van Adam se gebeente en vlees van sy vlees. Hulle word een. Jesus neem met ons vlees en bloed ʼn sterflike liggaam aan. Hy doen dit sodat Hy aan die kruis vir elke uitverkorene se sondes kan sterf en die dood oorwin. Let op die dag van die week waarop Hy dit doen - ʼn Vrydag. Op watter skeppingsdag het die skepping van die mens plaasgevind? Op ʼn Vrydag – die heel eerste Vrydag in die geskiedenis!

Toe Jesus met ʼn onsterflike liggaam uit die dood opstaan, word Hy die eerste van God se volmaakte plan met die mens. Gelowiges gaan iets soortgelyks ervaar wanneer hulle met die opstandingsdag verheerlikte liggame vir die ewige bruilof ontvang en alle gelowiges met Hom herenig. Ons is tans sy bruid. Met die wederkoms word ons sy vrou.

Calvyn sê dat Jesus ʼn mens soos ons geword, sodat ons aan die einde soos Hy kan word. Daarom eindig die Bybel op ʼn onoortreflike romantiese noot – dié van die bruilof van die Lam.

Reg van die begin af loop alles in die Bybel op na hierdie huwelik. Met die sondeval het God vir Satan gesê dat die saad van die vrou sy kop sal vermorsel. Daarom is Jesus uit die Evasgeslag gebore. Deur aan die vrou die vermoë te gee om kinders te baar, word God se raad volbring.   Daarom wek homoseksualisme God se toorn op. Satan wil God se plan daarmee troef!

Aan die begin van sy Evangelie bring Lukas met Jesus se geslagsregister iets belangriks aan die lig. Hy wys hoe Jesus na die vlees van Dawid afstam. Josef het wel uit die koninklike nasate van Dawid gestam soos Mattheüs aandui, maar hy was nie Jesus se natuurlike vader nie. Maria, daarenteen het direk van Dawid afgestam en Dawid van Abraham wat ʼn belofte van God ontvang het:

“...in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word (Gen.12:3)

waarna die lyn na Isak en Jakob deurloop.

Op sy sterfbed sê Jakob vir sy seun Juda:

Die septer sal van Juda nie wyk nie, nòg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees”.

Dan voorspel hy Jesus se intog in Jerusalem in die verre toekoms:

Hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok” (Gen.49:11,12).

Die uitverkiesingslyn loop van Juda deur na Dawid. Lank voor Dawid, loop die waarsêer Bileam, hom teen God se wil vas. Die vyande het hom gehuur om Israel tydens die woestyntog te vervloek, maar hy kry dit nie reg nie. God dwing hom om te profeteer:

Ek sien Hom, maar nie nou nie, ek aanskou Hom, maar nie naby nie: ʼn ster kom te voorskyn uit Jakob, en ʼn septer kom uit Israel op...”(Num.24:17).

Dit klink soos vroeë Openbaringtaal met Jesus wat sê:

Ek is die blink Môrester”.

Dawid was ʼn man na God se hart. Hy is egter nie toegelaat om vir God ʼn huis te bou nie, al wou hy graag. Daar was net te veel bloed aan sy hande. Salomo sou die tempel op Moria bou op ʼn plek wat Dawid daarvoor voorberei het. Daardie tempel is egter later verwoes. So ook die tweede een. Die laaste aardse woonplek van God onder die mens sou in die gemeenskap van die gelowiges duidelik word. Waar selfs so min as twee of drie in Jesus se naam vergader het, sou Hy in hul midde wees. Daarom is die gemeenskap van die gelowiges so belangrik. Dis voorbereiding vir die Nuwe Jerusalem!

Na Dawid loop die geslagslyn van Jesus uiteen. Maria stam nie uit die konings wat Dawid via Salomo opgevolg het nie. Josef wel. Maria stam uit Natan, ʼn ander seun van Dawid. Deur haar voer die Heilige Gees ons terug na die moederbelofte van Gen.3:15 dat Een sou kom wat Satan se kop sal vermorsel; die sondemag sal breek. Soos wat Genesis met Jesus begin, loop die reddingsdraad deur die Bybel heen tot by Openb.22 - Jesus, die wortel en die geslag van Dawid en die blink môrester.   Jesus is die as waaromheen die hele Bybel draai!

Die sewende en laaste saligspreking in Openbaring lui:

Geseënd is dié wat hulle klere was sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan (Openb.22:14).

Hiermee kom die Tuin van Eden en Golgota bymekaar uit. Die ontoeganklike boom van die lewe en die kruis op Golgota!

En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ʼn lamp wat in ʼn donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte” (2 Pet.1:19).

Ons word vandag van alle kante af deur slegte nuus gebombardeer. Moenie dat dit jou hart ontstel nie want dis soos dit in die laaste dae sal wees.

“Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word ... Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee” (Openb.2:10).

Ons het ʼn onoortreflike toekoms toesegging – Jesus kom met groot dinge vir sy bruid. Laat daar by ons net een versugting wees:

“En die Gees en die bruid sê, Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet! ... Amen, ja kom, Here Jesus! (Openb.22:17,20).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2525 gaste aanlyn