NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is so baie stukkende verhoudings in ons lewens. Dit sal beter gaan wanneer ons onthou dat waar die liefde regeer, daar geen begeerte tot mag is nie, en waar mag oorheers, ontbreek die liefde gewoonlik want dit kan nie forseer word nie – dit is die mees spontane emosie van ons lewens. Moet dus nie die liefde in die skadu van magsbeheptheid plaas nie, dit sal nie gedy nie!

DIE BYBEL (26)

Lees reeks by DIE BYBEL

Dr JP Botha

Die Ou Testament in breë trekke  (4)

Die koloniale tydperk na ballingskap

Die Persiese Ryk bereik sy politieke en geografiese hoogtepunt met die aanbreek van die vyfde eeu.  Kores heers oor die grootste ryk wat nog ooit in dié deel van die wêreld ontstaan het.  Kores se seun en opvolger,  Kambuses, oorwin Egipte in 525 vC en brei op sy koninkryk nog verder uit.  Darius Histapes regeer vanaf 525 tot 486 vC.  Hy is ‘n waardige opvolger vir Kores (Sirus of Cyrus)  en ‘n goeie regeerder.  Sy ryk strek van die Indusvallei tot die Egeïese See en van Libië tot in Europa noord van die Donau.  Hy stel 20 goewerneurs aan, elk met ‘n semi-outonome regeerder wat plaaslik selfstandig regeer.   Die stelsel balanseer sentrale gesag en ‘n mate van plaaslike selfstandigheid.  Die Perse gebruik Aramees as amptelike taal.  Dit is die taal waarin die “amptelike” dokumente in Esra en Nehemia voorkom.  Dit is ook die taal van Daniël 2 tot 7.  Juda is ‘n Persiese provinsie en betaal belasting aan die oorheerser.

Darius is bekend vir verskeie prestasies: die kanaal wat hy laat bou tussen die Nyl en die Rooisee, uitgebreide wetlike hervormings en ‘n gestandaardiseerde muntstelsel.  Slegs in een opsig is die magtige ryk onsuksesvol: dit kan Griekeland nie onderwerp nie.

Darius vord opgevolg deur sy seun Xerxes (486-464 vC), wat baie minder indrukwekkend voorkom.  Sy regering begin met die onderdrukking van ‘n opstand in Egipte en in 482 vC met ‘n opstand in Babel.  Xerxes onderwerp Babel hardhandig.  Hy breek die mure af, brand die tempel af en smelt die standbeeld van Mardoek.  Hierna probeer Xerxes sy pa se onvoltooide werk verder voer deur Griekeland te onderwerp.  Hy verower Atene en brand die  Akropolis af, maar net sodat ‘n derde van sy vloot naby Salamis vernietig word.  Xerxes laat generaal Macedonius in Griekeland agter, maar dié word in 479 vC by Plataea verslaan.  Xerxes sterf in 464 vC in ‘n sluipmoordaanval, en sy jonger seun,  Artaxerxes I Longimanus, beset die troon op ‘n onregmatige wyse.  Hy regeer tot 423 vC.  In dié tyd onderdruk hy ‘n opstand in Egipte en word hy deur voortdurende aanvalle deur die Grieke in die gesig gestaar.

Makkabeërtyd

Juda staan in die tweede eeu vC voor die grootste krisis van sy geskiedenis sedert die ramp van 587 vC.  Die geskiedenis van hierdie periode is opgeteken in 1 en 2 Makkabeërs, twee apokriewe boeke (lees dit by Apokriewe Boeke).  Antiogus IV Epifanes word in 176 vC koning in Palestina.  Die bynaam “Epifanes” verwys na Antiogus se siening dat hy “die verskynsel van God” is.

Antiogus stel ‘n nuwe Joodse hoëproester aan wat lojaal teenoor hom is,  Die hoëpriester vra toestemming om in Jerusalem ‘n gimnasium te bou.  As jy aan ‘n gimnasium behoort, erken jy Griekse gode.  Griekse modes en kleredrag vord ingevoer.  Jong priesters versaak hul pligte ter wille van die spele wat gereeld aangebied word waar deelnemers naak is.  Die besnydenis word gestaak om die spot van die Griekse deelnemers aan die spele vry te spring.  Die Grieke het die besnydenis as ‘n soort kastrasie beskou.

In 169 vC versprei ‘n storie onder die Jode dat Antiogus sy lewe in Egipte verloor het en opstandige Jode beset Jerusalem.  Antiogus is woedend en konfiskeer die tempel in Jerusalem se heilige voorwerpe, meubels en goud.  Net die volgende jaar kom die Jode weer in  opstand.  Dié opstandigheid lei tot die eerste slagting in die Joodse geskiedenis.

Vroeg in 167 vC val Antiogus se magte Jerusalem op ‘n Sabbat binne.  Talle Jode sterf en ander word as slawe gevange geneem.  Die stad word geplunder en die stadsmuur afgebreek.  Op dieselfde plek as Dawid se paleis, suid van die tempel, word ‘n versterkte kasteel opgerig, die Akra. Hiervandaan bewaar Siriese soldate die vrede in die stad.

Die tempel word as die heiligdom van die stadstaat beskou.  Die hele stad word as Griekse eiendom beskou, insluitend die tempel.  Judaïsme word geherorganiseer as ‘n Siro-Hellenistiese kultus waar Jahwe met Zeus geïdentifiseer word.  Plek word in die tempeldiens gemaak vir die koninklike kultus van Zeus Epifanes.  Daniël 9:27 en 12:11 se “ding wat ‘n gruwel vir God is”, verwys na die kultus van Zeus Olimpos, wat in die tempel afgedwing word.

Die ontwyding van die tempel lei tot erge opstand en opposisie en hieruit vloei Antiogus se laaste en vernietigende maatreëls.  Hy skort die gereelde offers op.  Hy verbied die onderhouding van die Sabbat en die viering van die godsdienstige feeste.  Hy beveel dat alle kopieë van die Tora vernietig word. Die blote besit van ‘n kopie is strafbaar met die dood.  Hy verbied die besnydenis van kinders en gee opdrag dat daar heidense altare in die land opgerig word en dat onrein diere daarop geoffer word.  Hy verplig selfs Jode om varkvleis te eet.

Hy stel in Desember167 vC die kultus van Zeus Olimpos in die tempel in en rig ‘n altaar vir Zeus op en offer varkvleis daarop.  Hy verplig Jode om aan die fees van Dionisios of Bacchus deel te neem.  Hulle moet ook maandeliks ter viering van die koning se verjaarsdag offers in die tempel bring.  Antiogus verdien onder die Jode die bynaam Epimanes (“malman”) in plaas van Epifanes.

Die koning se amptenaar daag op ‘n dag in die dorpie Modein op en beveel priester Mattatias om ‘n offer aan die heidense god te bring.  Toe hy weier, staan ‘n ander inwoner op om dit te doen.  Mattatias steek hom met sy versteekte swaard dood en daarna ook die amptenaar.  Dan roep hy almal wat getrou aan die wet van Moses is om in opstand teen Antiogus en die Seleukiede te kom.  Tydens die guerillaoorlog behaal hulle een oorwinnng na die ander.  Hulle vernietig heidense altare wat in opdrag van Antiogus IV in die Judese grondgebied opgerig is en dwing Joodse moeders om hul kinders te besny.

Mattatias sterf vroeg in 166 vC, en sy seun Judas Makkabeus (Makkabeus beteken “Hamer”) volg hom as leier op.  Hy is ‘n moedige vegter en goeie leier.  Hy stap Jerusalem oorwinnend binne en reinig die tempel.  Die altaar word afgebreek, getroue priesters word aangestel en ‘n nuwe stel tempelvoorwerpe word gemaak.(Meer hieroor by APOKRIEWE BOEKE (3))

Presies drie jaar na die ontheiliging van die tempel, in Desember 164vC, word die tempel opnuut toegewy.  Die Jode vier die fees van Chanukka (toewyding”) elke jaar om dit te herdenk.  Hierdie fees word in verband gebring met die legende dat Judas Makkabeus ‘n houer met olie gesoek het om lig in die tempel te verskaf en slegs ‘n klein houertjie gevind het  met net genoeg olie vir een dag.

Dié olie het vir agt dae die lamp laat brand  Daaom hou die Jode ‘n fees vir agt dae lank.  Op die eerste dag steek hulle een kers aan. Op die tweede dag word ‘n tweede kers aangesteek, totdat daar op die agste dag agt kerse brand.  Vir die Jood is dit ‘n teken van oorwinning, bevryding en toewyding.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3898 gaste aanlyn